Opstel oor arm wees
Imagine as jy 'n onderwyser is en jy kry so 'n opstel van een van jou leerders:
Arm, Armer, Moer-arm
Ons was arm. Moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons van daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool.
My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. "Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?"
Maar natuurlik - 'n Boer maak 'n plan. En Ma was nie stupid nie.
Sy kon tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma. Laat dit toe effens afkoel en sit dit in 'n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie verblyk was.
Ek was die enigste kind met 'n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte bottelkies gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie!
So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit ons klas in doodse stilte, besig met eksamen. Fokkit mense, een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag. Daar trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat neerkom op ons soos 'n donnerstorm! Alles is wit.
En dit stink ongelooflik - suurhol se moses! Ek't nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie. Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in 'n shower staan. Tot in haar kliewitch. Ek kon nie glo dat sy soos 'n beeld lyk nie.
Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is FAAKTAP. Ons klere is FAAKTAP. Ons stink FAAKTAP.
Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van al die gewag. Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis 'n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.
Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te raak, maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik. Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie...
Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!
Shame, arme arm mense…
Shame, arme arm mense.
Dankie lekker gelag nou!
Ek het nou gelag dat die…
Ek het nou gelag dat die trane loop!!!!!
Die opstel verdien 'n A+…
Die opstel verdien 'n A+
Ek het my nou FAAKTAP gelag.
Toe ek begin lees toe sien…
Toe ek begin lees toe sien ek die prentjie voor my, amper my hol geskeur.
Moet se, my ook nou amper …
Moet se, my ook nou amper "Faaktup" gelag!!
Daai woord
Auntie Freda ek het bitter lanklaas daai woord gehoor .Mooi ene om te onthou ![]()
Soos die springbokke
Ek het my faatap gelag vir bokke se agterlyn





Jissie nou het ek darem…
Jissie nou het ek darem lekker gelag!