Ek sukkel al nou 'n hele ruk met die plakkerskamp se yskas wat nie lekker koud word nie. Het maar so 4 grade in die yskas en -8 tot -10 in die vrieskassie (leeg) gemeet. (Die oorspronklike 3-way yskassie).
So le ek my toe die taak op om die rubber te "service".
Na 'n gegoogle het ek min of meer die volgende gedoen:
1. Deur en vrieskassie deur afgehaal en rubber/s verwyder
2. Rubbers mooi skoon gemaak
3. Vaseline gesmeer en in die son gelos (2 keer)
4. Mooi skoon afgevee en weer terug gesit
5. Die papier toets gedoen waar jy 'n papier in die deur toeknyp en as hy maklik uitkom, het jy 'n seel probleem. Die areas waar hy maklik uitgeglip het, het ek met 'n haardroeer warm gemaak en bietjie uit gerek.
Ek het die seel vanoggend weer bekyk en hy lek nerens.
Ek is bly om te se dat ek nou (al is die yskas leeg) die volgende gemeet het in direkte sonlig:
Vrieskas - -16.8 grade
Yskas - -11.7 grade
In die toekoms sal ek net nie weer die hele rubber verwyder nie maar hom net so aan die deur doen.
Sommer wat ek die wa noem…
Sommer wat ek die wa noem. Eintlik 'n Gypsey Regal ?
Is - 11c nie te koud vir die…
Is - 11c nie te koud vir die yskas nie. Dit sal mos als in die yskas vries. My yskas is so op 1.6 tot 0 en die vries gedeelte so -7 tot - 9
Dit is as ek op 220v is. Het nog nie regtig gemeet met gas nie en met 12v is hy nooit so lank dat ek kan meet nie. Net as ek ry.
Segekok. Ek het hom net…
Segekok. Ek het hom net getoets op maksimum om te sien of ek reg gekom het.
Gewoonlik stel ek hom reg so paar dae voor ons gaan kamp. Yskas op 2 to 4 grade en vrieskas so -6. Afhangend van die weer sal ek hom dan op of af stel as ons kamp
Stephan...........
Stephan, uitstekende stukkie raad - ek gaan dit dadelik probeer !
Baie dankie !
Yskas seel
Ek het nadat ek n nuwe yskas in my Gypsey gesit gesien die seels seel nie heeltemal nie , party plekke sommer omtrent 4 mm weg. het toe n heatgun , werk ook soos n haardroer, gevat en die seel warm gemaak op die plekke en hom vorentoe getrek, die deur toe gestoot tot die seel se magnete aan die yskas klou en hom so laat afkoel. As jy nou die deur heeltemal toemaak seel hy mooi.





3-way manne
Goeie raad vir die 3-way manne. Dankie Stephan
plakkerskamp?