Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Vrystaat en Engels

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Op n stadium van my lewe so 7 jaar n Bloemfontein gewoon, nie omdat ek wou nie maar omrede my werkgewer my soontoe gestuur het.

Ieder geval ry eendag Joburg toe vir n konferensie saam met my kolega in sy bakkie. So ent voor Jo ies bars hy n band, ons sit die spaar op en ry voort.

In Joburg besluit die man om eersdie band te vervang voor ons dit dalk nodig het. Stop by Tiger Wheels en Koos klim uit, ek drentel so paar tree agter na, bekyk al die rims wat daar is.

Nou kyk die mense wat die Vrystaat ken sal weet die inwoners is nie juis bekend vir hul goeie Engels nie. Vertel Koos toe vir die man agter die toonbak "Im looking for a bands formy bakkie" " I beg your pardon?" Se die verkoopsman. "No men i want a new bands for my bakkie" " Sorry sir I have no ideawhat youre saying?" Desperaat draai Koos na my toe en vra "Wat is n tyre nou weer in Engels?"

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 31/10/2017 - 09:10

Môre Kampmaters,

Ek lees die insette met ‘n smile op my gevreet want ek dink ek het ‘n klassieke storie oor die “Language of the Queen.” Meeste van julle Bendelede weet reeds dat ek al vanaf 5 Jan 1977 in die SA Lëer dien.

Nou kyk, -- die Army het nog al die jare ‘n 50/50 taalbeleid gehad tussen Ingils en Afferkaans. Die eerste 50 jaar na die Tweede Wêreldoorlog was Afrikaans en nou is ons in die Ingelse 50% periode. Dit het beteken dat Ingils eintlik ‘n vreemde taal was daar in die 70’er jare.

Om een of ander rede kry ons Battaljon Bevelvoerder een Vrydagoggend ‘n wurm innie kop en toe hy aanloop na die Paradegrond skree hy op die Regiment Sersant Majoor dat DIE parade vanoggend in Engels sal wees.

Instant poefies innie broek tussen al wat Staflid is.

Vir die Troepe is daar geen verskil tussen liek jak, liek jak , in Afrikaans of Engels nie – hulle maak net soos die Korporaal sê.

Nou ‘n Army parade werk so – Die Adjudant Offisiere en Onder Offisiere berei die parade voor en bring die Eenheid op parade volgens eeue oue tradisie. Dan marsjeer die Offisiere op en die parade word aan hulle oorhandig.

Volgende stap is inspeksie deur die Offisiere waarna die Juniors dan aan die Senior Offisiere rapporteer en dan kry die Pirkant en Bevelvoerder hulle beurt. As hulle klaar is word die parade weer aan die RSM en sy cronies oorgegee en die Offisiere   marsjeer af.

Alles klink grênd as dit in Afrikaans is maar daai oggend is die Bevelvoerder mos nou moedswillig.

Om terug te kom by die werklikhede: André’tjie was daai tyd die Eenheid se Stormpionier Peloton Bevelvoerder in die Ondersteunings Kompanie. Doen beperkte Genie take om die mobiliteit en beskerming van die Battaljon in Operasies te verbeter.

Nou wat de donner is ‘’n Stormpionier Peloton in Ingels??? Na baie kopkrap onthou ek dis Assault Pioneer platoon en daar is eerste hekkie oor.

Nou inspekteer ek my groen monsters op die parade en terug oppad na Oom Doors Odendaal, ons Kompanie Bevelvoerder,  oortrek die doodse sweet my want ek moet nou die rympie wat jy aan hom rapporteer so in die marsjeer in Ingels vertaal.

Die rympie in Afrikaans is – “Stormpionier Peloton – teenwoordig, gerapporter en geinspekteer – Majoor” maar dit moet nou binne die volgende paar tree vertaal word.

Iets spin hier in my kop en toe ek voor Majoor Odendaal halt toe borrel dit uit, “ Assault Pioneer Platoon, present, imported and respected Major”!!!!. Oom Doors gee my so kyk en sê – spin weer daai storie van jou jongman.

Andre, vol brawade gooi hom weer “Assault Pioneer Platoon, present, imported and respected Major”!!!!

Oom Doors raak aan die ruk en al wat hy kon uitkry was – Moer weg en kom sien my na die Parade.

Nodeloos om te rapporteer dat ek daai simpel  rympie nooit weer sal vergeet agv die "regstellingsaksies" wat Majoor Odendaal vir Andre'tjie uitgedink het nie.

Verdomme INGELS.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 31/10/2017 - 09:27

imported and respected...

hehehe   ek het nou lekker gelees Andre.   Vat jy my nou terug na vele parades uit my army dae.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 31/10/2017 - 15:43

André, jy is mos nou ook in daardie hogere posies in die Weermag.  Ek stel voor jy trek een van daardie jong, windgat offisiertjies dieselfde streep, en kondig aan die parade sal vanoggend in Khoza geskied !

Dankie vir die vertelling  - toe jy nog opskool was, was ek 'n MP en dus selde op parade.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 31/10/2017 - 19:48

Andre, nou lekker gelag, eish kan my het indink hoe die toneel afspeel.?

Sal jou leer om ingels te import into your mouth, and to respect the tale.

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 01/11/2017 - 06:50

Manne,

Julle lag lekker vir die storie maar dink jouself hierdie benoudheid in van 'n rower 2nd luitenant hier voor oom Doors Odendaal en om die spulletjie verder te kompliseer is jy nie baie vêr van die Kommandant op die salueerbasis nie.

Doodse vrees sê ek vir julle.

Wat verder bygedra het was dat Kommandant Pretorius (later jare Hoof van die Leër voor Genl Reg Otto) nie geglo het aan dissiplinere verhore, aanklagtes, ekstra dienste of PT nie.

Hy het 'n jong Luit sommer daar in sy kantoor met sy webbelt pak gegee, en ook nie een of twee houtjies nie. Hyt gemoer tot sy arm moeg raak. Vreeslike Oubaas gewees, maar ons sou 'n betonmuur probeer platloop vir hom.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 01/11/2017 - 08:19

"Hyt gemoer tot sy arm moeg raak. Vreeslike Oubaas gewees, maar ons sou 'n betonmuur probeer platloop vir hom"

En dan vandag beland jy in die tronk as jy jou kind 'n pakslae gee !

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 01/11/2017 - 09:06

Len, jy het nou die woorde uit my mond gevat!  laugh

Dankie vir die storie, Andre.  Ek het lekker gelees.   Ek het vyf broers gehad wat weermag toe moes gaan.  Ek onthou net van die drie jongstes van hulle se gaan maar onthou hoe ek elke keer vreeslik gehuil het as ons hulle op die trein gaan afsien.  Ek het geglo dit was 'n baie slegte plek om na toe te gaan.  Net na my oudste seun klaar studeer het, was weermag afgeskaf, so ek het toe nooit 'n kind gehad wat moes gaan nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus