Forums
Gsteraand besluit ek toe om Petra bietjie te bederf en haar uit te neem vir n lekker ete.
Kyk toe na my beursie en sien ek het net R200.00, dit is mos nou daai tyd van die maand!
Se toe maar vir Petra om mooi aan te trek en haar gesig teverf en ry ons toe na een van die top eksklusiwe restourante.
Daar bestel ons toe al die duurste geregte op die spyskaart en sommer n bottel Franse Sjampanje.
Vrek lekker ge-eet, die rekening kom toe en dit is toe amper R3000.00! Vertel toe vir die kelner dat ek net R200 het, hy roep die eienaar en die bel toe die polisie. Polisie aresteer my vir bedrog, buite offer ek toe die polisieman R200 en hy laat my toe gaan!
Ja ns het toe baie lekker ge-eet vir min geld!





Slim plan. Ek wonder of…
Slim plan. Ek wonder of dit hier in die Baai ook sal werk. Boonop het Petra nie nodig gehad om skottelgoed te was nie.