Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -7 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -7 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -16 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 hours ago

Engels en die Vrystater

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek het so 8 jaar daar in bloemfontein gewoon, nie omdat ek wou nie maar ek dink my werkgewer wou my straf en toe soontoe gestuur.

Elk geval op 'n gegewe tyd moes ek toe Joburg toe gaan vir 'n drie dag konferensie, bly ek daar in 'n lekker hotel. Raak maar eensaam in die aande so gaan sit ek maar in die lounge en drink 'n paar rumpies, so raak ek toe aan die gesels met so pragtige jong blonde dametjie.   Sy praat ongelukig net Engels en ek try my bes met my heel beste Vrystaatse Engels om by te bly. Toe hulle "Last round" roep doen ek maar die eerbaarlike ding en vra haar "Can I gives you a lift back to your place?" [hopende dat ek dalk so los gelukie kan optel]

Antwoord sy my "That will be nice but I feel I must warn you that I'm on my menstrual cycle" "No problem" antwoord ek "We sommer put your cycle on the back of my bakkie!"

Secunda

Sleep nou

Thu, 26/10/2017 - 11:20

Daai engels klink soos my laeveld engels Arie engels en direkte vertaling kan soms n lekke een af gee

0
Centurion

Dusty

Thu, 26/10/2017 - 13:42

''n Vrystaatse se boer het heelwat plakkers op sy plaas gehad. Hulle het hom verskriklik besteel. Hy het alles probeer om hulle van sy plaas af weg te kry sonder enige sukses. Ten einde laaste sit hy die plaas in die mark en verkoop dit toe.

Nadat hy so ses maande weg was ry hy een Saterdag so na die dorp toe wat naby sy plaas was. Net voordat hy die dorp binne gaan sien hy al die plakkers van die plaas bly nou net so voor die dorp. Baie nuuskierig stop hy toe by een van hulle en begin te gesels.

Naderhand vra hy toe hoekom hulle nou hier bly en nie meer op die plaas nie. Antwoord die man hom:" Hau, daai man kan steel. Hy steel al onse goeters.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus