6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -48 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Terwyl ons hier van drank praat

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Die volgende is hoe jy n persoon uit ken aan sy drank wat hy drink ..veral as hy op n party is ! en per ongeluk in n gat trap en val voor al die gaste !
: Die Whiskey drinker ..is daai netjiese ou wat val sy klere afskud en sy vriende vra wat het nou gebeur !
: Die Vodka drinker ..is daai een wat val opspring en n paar funny moves met sy lyf en bene maak om vir almal te wys hy is nog ok !
: Die bier drinker .. die ou wat val en daar bly le en lag vir homself dat sy vriende naderhand vir hom sê ” staan op die mense kyk vir jou !”
: Die Rum drinker .. daai ou wat val opstaan sy valstande met gras en al terug sit in sy mond en dadelik stap om vir hom n nuwe dop te gaan haal !
: Die Ciders drinker ..gewoonlik ‘n girl, is daai wat val en die bestuur nader roep om te complain oor daai gat !
: Die Brandewyn drinker .. is daai ou wat val agressief opspring en nou moet sy pelle hom vashou want hy wil die gat bliksem !
: Die Wyn drinker .. ook gewoonlik ‘n vrou, as sy geval het dan moet haar vriendinne haar troos ” want sy worry nou of die gat nie dalk seergekry het nie !
: Die Cane drinker .. is daai ou wat in die gat trap dan opstaan en maak asof hy ‘n kramp in sy been gekry het !
: Die Shooter drinker .. daai ou wat val weer opstaan en n paar harde fluite gee en met sy vingertjie in die lig vir almal wys hys nog ok !
: Die Mampoer drinker .. daai ou wat in die gat trap en sommer daar bly le ook en sê gooi my toe want eks klaar moer toe !
: Die Skelm drinker .. daai ou wat skelm almal se oorskiet drank uit die glase uit drink en dan in daai gat trap en ewe verbaas vir almal vra ..waar kom daai gat nou vandaan ?
: Die koffie drinker ..daai ou wat sit en almal dophou want hy het die gat gegrou

Sit nou ek wonder hoeveel van die lede koffie drinkers is .Jare gelede toe alamal nog gereeld in Desember op Durban se strand geboer het sit ek en my pel so half verveeld en kry toe die blink idee om n gat in die  sand te grou neem dan n handdoek en strooi droe sand oor die handdoek .Moet net noem dat ons daai gat nogal diep gegrou het .Ons eerste slagoffer was n man en sy vrou die man sleep n kinderwaentjie agter hom aan gelukkig dra die mamma die baba op haar heup .Volgende oomblik drap die ou op daai slaggat met die handdoek en hy wetter daar in die gat in tot so half onder sy arms .Ons le soos ons lag maar toe het die gelag in n moerse gehardloop geeindig want die ou wou ons net bykom

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 13/11/2017 - 06:21

Ja, as jy te veel van die voggies drink, is die gat waarin jy val ook nie altyd letterlik 'n gat in die grond nie.   Die goed maak soms hul eie gate.wink

 

0

Johann ja kyk ek kan my slaplag om n dronk mens te studeer . Hy mik , mik mos so om daai 1 ste trap raak te trap .Dan gewoonlik soek die hand  leuning .As hy op die 1ste trappie is dan kyk hy so selfvolmaak na agter om te sien hoe suksesvol hy was laugh

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 14/11/2017 - 07:03

KWV drinkers sal se dit staan vir Koos Wye Voete jou voete is al ewig uit pas

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus