Pappa vat vir boetie saam hospitaal toe sodat hy sy nuwe sussie kan ontmoet .Daar gekom is Mamma besig om vir sussie te borsvoed . Wat maak Mamma vra die outjie. Pappa se sy gee vir sussie kos .Juslaaik se die outjie So baie vleis en geen aartappels nie
Boetie eet 'n vleisie
In die Smit huishouding so 33 jaar gelede het ons 'n soortgelyke insident gehad.
Magda sit een middag op die bed en borsvoed vir Stefan ons tweede Bulletjie.
Ek en Ouboet André maal maar in die huis rond en ek maak vir ons 'n koffietjie. Hy kry syne in so tuitbekertjie met twee handvatsels en strompel in die gang af kamer toe.
Daar gekom beloer hy die borsvoed storie so, en nes 'n tweejarige dit kan beskryf laat weet hy vir Magda,
"André drink koffie en Boetie eet 'n vleisie"
Geniet die dag.





He He
Groete is hoeka nie gesond nie meer vleis meer vir n man bedoel