Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -8 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -8 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -12 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -17 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -17 hours ago

Wie hou van boeremusiek?

Centurion
Submitted by Voortrekker on

Wie luister graag boeremusiek?  Wie, as die boeremusiek begin speel oor die radio, draai die volume harder, en begin die tone tap?

Secunda

Sleep nou

Sat, 25/11/2017 - 14:57

Anton ek hou baie van boeremusiek Nico Langeveld  , Nico Van Rensburg Boetie Kallis net om n paar te noem dis n musiek soort wat die voete en heupe laat vloei

0

Ek is mal oor boeremusiek en het duisende liedjies af gelaai oor die internet .Daar is goeie en nie so goed musiek en die snaakse ding is ek kan nie eers sakkie sakkie dans nie

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 25/11/2017 - 20:41

Boere musiek is uniek aan ons Suid Afrikaners en ek is baie lief om daarna te luister,  maar ken min name?

Kon nie vanaand na radio x5 luister nie, my modem was af tot net na 8??

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 27/11/2017 - 08:59

wie kan nou nie van boere musiek hou nie, met sulke absolute "classics" en all time treffers soos Sanie Briel en haar sewe swaner susters se Trein Na Pretoria!!?

Nee wat gee my maar liewer R&B of Country.

0
Meyerton

Segekok

Mon, 27/11/2017 - 10:16

Ek hou van boere musiek. Ek en hel1 het vir ons eerste date ( lank lank gelede) gaan dans en doen dit nog steeds gereeld.  Boere musiek is nou nie juis iets wat ek na sal wil sit en luister vir ure aan een nie maar by n dans is dit tops.

 

0

I half agree with Oom Froggie..

If it's classical "Boere-orkes" music, That's ok, specally as background at the dam / camping and so on. It's part of our culture, dis nogal ingewikkeld and very musical.

As an Africkaaner, I identify with it.

'But if it's this latest rubbish that's being churned out by the likes of Jack Parrow, sorry to say it's purile rubbish. Een toonig / drie woorde and they think it represents the magnificent culture of Afrikaans?

Not in my lifetime....

The last decient composition that I 've heard was De-Le-Rey... That evoked in me a sense of Africkaaner identity.....

Faaaaaaaaaaaaaaaiiiiiiitttttt!

 

0
Meyerton

Segekok

Mon, 27/11/2017 - 12:56

Daar is n moerabiese verskil tussen boere musiek en Afrikaanse musiek..... 

Die meeste van die mense wat Afrikaans probeer sing kan nie die taal oordentlik praat nie, en sien die mense wat die crap koop net as n ATM....

Egte Boere mesiek  het niks maar niks met Jack Parrow te make nie....  Jack Parrow luister mens net as jy erg hardlywig is ....  klink omtrent die selfde...

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 28/11/2017 - 08:46

Ek sal ook nie die een boeremusiekliedjie na die ander  sit en luister nie.   Vir my is daar 'n tyd en 'n plek vir boeremusiek.   Jy geniet hom by tye en ander tye moet hy eenkant geskuif word.   

Ek en my oorlede man het baie gedans met boeremusiek en dit was die lekkerste!  Maar nie die heel aand net boeremusiek nie.   So tussendeur die ander musiek, kom daar skielik 'n boeremusiek nommer en dan is die dansbaan sommer vol.   Jy moet nogal fiks wees om met boeremusiek te dans, hy put jou gou uit.   Ek glo nie ek sal vandag se dae meer lekker kan byhou nie.    'n Boeremusiek wals was altyd die beste!

As ek my motor bestuur en  boeremusiek word skielik gespeel, voer ek net daar agter die wiel my boere danspassies uit.   So in die kop en die lyf werk so bietjie saam!laugh   Dis in elk geval die naaste wat ek deesdae aan dans kom!

Boeremusiek en Oujaar is ook pasmaats.   As jy op Oujaar braai saam met familie of vriende en daar word bietjie boeremusiek tussendeur gespeel, dan weet jy dis Oujaar!

0
Meyerton

Segekok

Tue, 28/11/2017 - 09:14

Freda ek stem met jou saam.  Ek het groot geword met boeremusiek , konsertina, pensklavier, bekfluitjie ens. Het selfs op n tyd in my jongdae so n bietjie gespeel ook.

Hel1 was n ballroom dans instruktrise gewees en ek het maar so met die tyd saam al die truuks ook aangeleer.  Boeremusiek en ballroom werk ook nou nie juis so lekker saam nie.

Maar beslis het boeremusiek sy plekkie by ’n lekker dans..

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 20/01/2018 - 22:03

Boermusiek is deesdae skaars om innie hande te kry een van my gunstelinge bly maar Nico Van Rensburg 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 20/01/2018 - 22:43

Oom Sleep nou , boere musiek, baie nice, maar as ek my ore regtig wil treat is daar niks musiek so lekker soos ierse musiek soos Enya, ek geniet dit so baie, of daai wyfie wat se naam is Cyndi Lauper, time after time, of, I drove all night. Flip ek hoop Enya is Irish.

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Mon, 22/01/2018 - 10:22

Ek sien hier is so een of twee van julle wat raak-raak aan die besigheid.

Kom ons klaar eers uit - WAT is Boeremusiek.

My mening en julle kan gerus verskil - die oomblik as daar dromme, elektriese Kitare, elektriese orrel/klavier bykom is dit nie meer Boeremusiek nie.

Boeremusiek word gespeel met 'n gewone snaar kitaar, konsertina, trekklavier, basviool vir die bas klanke en dalk 'n banjo en hier en daar was 'n klavier ook ingesleep.

Daar is baie min orkeste wat nog Boeremusiek volgens hierdie definisie speel.

Julle kan gerus na hierdie elektroniese namaaksels van Boeremusiek luister maar dink mooi waar die "Boere" elektrisiteit in die skaap-skeer saal of die Geloftefees saal vandaan sou kry om hierdie nuwerwetse klanke wat Boeremusiek genoem word voort te bring.

 

0
Meyerton

Segekok

Mon, 22/01/2018 - 10:42

Ande ek stem met jou saam.  Ek het groot geraak met tradisionele BOEREMUSIEK, konsertina, kitaar Banjo en die regte trap orrel en die pensklavier. 

Daar is ook baie min mense wat nog die regte boeredanse  ook kan  doen, Die Vastrap, Settees, Mazurka ens. Ek kom gereeld by sulke dans plekke en  sien maar hoe die “SOKKIE” gedoen word , sommerso op ’n wals.....

Daar is ’n baie bekende orkes in die  land wat hulle naam moes verander het omdat hulle nie regtig die boeremusiek speel wat in hulle naam voorgekom het nie.

Regte tradisionele  trap orrel soos deur oom Jannie Vorster  Dit is wat boeremusiek is....

O ja...  en moet ook nie die bekfluitjie vergeet nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus