Oupa kry vir Boetie in die tuin en vra dat hy gou kafee toe sal gaan om vir hom 'n blikkie snuif te gaan koop. Gee toe vir hom die lee blikkie as voorbeeld en sê vir hom om dit sommer vir hom by die kroeg om die hoek te kom gee.
By die winkel kyk Boetie vir die sjokolade en kan sy lus vir dit nie keer nie. Hy koop toe die sjokolade en stap toe terug na sy oupa toe. Hy loop nog so en wonder wat hy vir sy oupa gaan sê toe hy by 'n hoop droë honde bollie kom. Kry toe 'n idee en maak dit fyn en maak die blikkie vol daarmee. Gaan gee dit toe vir oupa.
Na 'n rukkie maak oupa die blikkie oop en snuif van die droë bollie. Skielik ruik hy net honde bollie. Kyk onder sy skoen maar daar is niks. Vra sy vriend langs hom en hy kyk ook maar sien niks. Oupa sê toe vir hom dit is reg moenie verder kwel nie. Bied toe vir sy vriend ook van die snuif aan. Vriend antwoord toe:
"Hiedie snuif van jou is baie goed. Nou ruik ek ook die bollie"
Ag my goeiste, nou het ek…
Ag my goeiste, nou het ek omtrent gelag. ![]()
![]()
![]()
Eina, 10 uit 10 vir Boetie…
Eina, 10 uit 10 vir Boetie wat so vinnig dink, en ag shame vir die ouer mense ???





Die mense hier wil weet…
Die mense hier wil weet hoekom ek so lekker lag