Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -6 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago

Vrydag se grappie

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Ek het nou weer op die "honde lewe" draad gesien van my (stoute) voorneme oor Vrydae!  Dassie is jy daar?   Jy het my mos aangehits.   

Gatiep vra vir die Priester:   "Menee, sê my, hoekom dra djy djou boortjie agtestevo?"

"Omdat ek 'n Vader is"

"Ek is ok 'n Vade, ma ek dra nie my hemp soe nie!"

"Ek is 'n Vader van duisende"

"Hei Menee, miskien moet djy dan ieder djou broek agterstevo aantrek?"

Secunda

Sleep nou

Fri, 01/12/2017 - 09:20

Daar is hy Freda hy mag mos maar lekke gelag

0

laugh @ Freda dja daai broers kan n ding se soos dit is en nou my stoute grap vir Vrydag

Juffrou staan voor die klas en vra dat die kinders twee sinne moet maak wat rym.

Kosie is eerste. Hy staan op. “My naam is Kosie Venter. My sussie loer deur die venster.”
Hy gaan sit en juffrou klap hande. “Mooi Kosie.

Reg Jannie …jou beurt”. Jannie staan op en dink so bietjie.
“My naam is Jannie en ek swem woes. My sussie staan in die water tot by haar knieë.”

Hy gaan sit.

“Maar Jannie … daardie twee sinne rym mos nie ?” vra juffrou. “Ja juffrou ek weet,” antwoord Jannie. “Die water was nie diep genoeg nie.”

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 12/12/2017 - 15:29

Poppie en Spanner het elkeen 'n dagboek.  Hul het besluit daar kan jy elke dag jou hart uitpraat en dit sal goed wees vir hul huwelik.

Vandag het Poppie in haar dagboek geskryf:

Liewe Dagboek.   Gister het ek gaan tee drink saam met vriendinne.  Toe ek terugkom was Spanner baie stil.   Ek het gewonder of hy dalk kwaad is maar wou nie neul nie en stel toe voor ons gaan bietjie uit gisteraand.  Hy het ingestem maar nie juis lus gelyk nie.  Ons het drankies gehad en gaan eet maar hy het omtrent nie 'n woord met my gepraat nie.   Dit het my bitter ongelukkig gemaak.   In die kar oppad huistoe, het ek moed bymekaar geskraap en hom gevra of daar iets fout is.   Hy het net sag gesê ek sal nie verstaan nie.   By die huis het hy voor die TV gaan sit en ek het toe maar bed toe gegaan.   Toe hy later bed toe kom, het ek my arm om hom gesit en hom vertroetel.   Ons het toe liefde gemaak.  Daarna het ek gedink ons sal die saak uitpraat maar hy het dadelik aan die slaap geraak.   Ek was baie hartseer en het myself aan die slaap gehuil.    Nag, liewe Dagboek.

Spanner het in sy dagboek geskryf:

Die Bulle het gister in hul m@#+ in verloor.   Gelukkig het ek darem 'n knippie gehad.

0

laugh Ai Freda nou lekker gelag julle sien nou n Bloubul ondersteuner kan ook 2 de kom

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 15:00

Laat my dink aan die ou wat blykbaar moes verduidelik wat is die verskil tussen complete en finished. Hy sê toe; When a man meets the right woman he is complete. When he marries her he is finished. If she catches him with another woman he is completely finished. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus