Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -25 minutes ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 15/08/2018 - 08:44

Sien daar word gepraat van Truimph op 'n ander draad.

Mustang gaan ook nou begin onder klere maak.

Hulle gaan begin met die buustelyfie.

"The one cup will support and the other one mustang."

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 15/08/2018 - 13:43

Brandewyn vir die oe die gedans om n paal, nee man kyk hoe praat ek nou hier is jong mense oppie forum cheekycool

0
Magaliesburg
Profile picture for user GerhardtN

GerhardtN

Wed, 15/08/2018 - 14:02

Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: "Goeiemore my seun." "Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. "Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy. Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het." In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, Dominee? Die oggend- of die aanddiens?"

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 16/08/2018 - 18:28

Ek weet nie of julle ook die probleem het met bure se honde wat so aanhoudend blaf in die aand nie .Maar voor ek die storie kan vertel moet ek julle die agtergrond skets .N vriend van my ly aan n chroniese siekte en sy dokter vra hom toe of hy alternatiewe medikasie sal gebruik .Hoe meen dokter nou vra die man .Kyk se die dokter Van my kollegas skryf die gebruik van marijuana voor en dit help vir hulle kwale so as jy wil kan ek jou n voorskrif gee dat jy dit wetlik mag koop en gebruik .Die vriend stem in en so vaar hy die strate in met sy “get out of jail ‘ perskripsie maar hy het geen idée waar koop mens die aaptwak nie .Hy vra al wat n minibus taxi bestuurder ,want hulle sal weet .Kyk ek vermoed al vir jare dat minibus bestuurders eintlik “aliens” is want hulle gebruik ruimte tegnologie om daai bussies aan te dryf .Geen Amerikaanse V8 petrol enjins kan saam met n Toyota Hilux bussie loop nie .

So kom hy by so snaakse winkel aan ,groen kaartjie in die hand , en vra die dame agter die toonbank hy soek van daai “tree of knowledge” maar hy soek daai regte Transkei se pitlose rooi baard tabak want die taxi manne se vir hom dis die beste kwaliteit .Sy beduie hom na daar agter in die winkel waar die goed in blomme beddings groei en pluk so handvol vir hom .Hy se dankie en betaal ,loop na die deur maar die winkel assistant roep hom terug en se aangesien hy nou n gereelde klieent gaan wees kan sy vir hom n persentjie gee so plastiek sak met koekies in .Dis nou gemaak van die ware Jakob dit lyk soos hawermout en kruie gemengde koekies .Hy se dankie en loop weer roep sy hom terug en se Meneer moet net n kwart van daai koekie eet dis nogal giftig . 

Teen die tyd kyk die man rond waar die kameras is want hy dog dis weer Leon Schuster candid camera tyd maar sien geen kameras nie en loop by die deur uit .Nou dit is hier waar my storie inkom .My vriend maak n draai by my en se Hy sal die twakkie vat maar hy wil nie die koekies he nie ek kan dit maar kry .Die blikskottel noem ook nie vir my om net n kwart op n keer te gebruik en hy is daar weg .Die aand verkas ek af kelder toe kwansuis om dinge reg te pak en uit te sorteer . Mamma se sy gaan le en dis net ek en die koekies daar onder in die kelder .Steek n hele koekie in my bek ,kou –kou die goed smaak nie te onaardig nie intussen gaan sit ek by die tafel op n stoel en wag vir my aankondiging  om in te vertrek manne toe daai koekie my vat , nee kyk die challenger ruimte vuurpyl se moer , en trek daar weg die ruimte in dat my skoene net so onder die tafel bly le .In n japtrap trek ek by 7 planete verby ek dog nog ek gaan Uranus sien maar dis net n blur en slat vir Pluto waar ek vir Minnie en Mickey Mouse ontmoet . 

Ek is nie n man wat hou van vlieg nie maar hier is ek in die buitenste ruim sonder n gids en die sterretjies blink met sulke allerhande mooi kleure wat ek nog nooit van die aarde af waargeneem het nie . En so kom alles wat mooi is op n einde en hier sit ek weer voor my tafel sonder skoene en daar loop van die grootste spinnekoppe en groen drake wat ek in my lewe gesien het teen die muur. Ek slat my skoene se sole af teen die gedrogte maar ek wen hulle nie .Gelukkig kom Mamma my red want sy skreeu daar van die boonste trappie af Maans dis al 4 uur in die oggend wanneer kom jy slaap .Ek onthou sy wou my broek uittrek om my in die bed te sit maar al wat ek gemompel het is Hey los my uit ek is getroud .Teen daglig toe gaan Mamma se kakkebeen in “overdrive” Maans wat het jy gedoen daar onder vir solank en ek moes bieg die hele sak petats is uit ,die koekies en Frikkie se kruie medisyne en Mamma se Daai rubbish koekies raak jy van ontslae nou en nie netnou nie .En in my kop kry ek n idée vir die buurman se hond wat so heelnag deurblaf .

Die hond was n Jack Russel n opregte hond want sy ma en pa was ook  n hond .En sy naampie was “Spike “ moenie my vra hoekom nie want ek dink dit moes eerder “Mike” gewees het met al sy geblaf .Die oggend loop Spike naby my grens draad en ek roep hom nader ,gee hom n lekker hawermout koekie wat hy gulsig verslint .4 ure later sien ek vir Spike hy loop met so “U” ruggie ,lyk soos n kat wat brake fluid gedrink het en bekruip alles tot sy eie skaduwee. Hy gee so sagte blaffie en skrik hom self in n koma in vir sy eie stem en toe weet ek Pappa vanaand gaan jy so stil soos kerkmuis met slippers wees .Die res van die week gee ek elke dag vir Spike n koekie en teen Vrydag is Spike n “junkie” die hond is bang vir skoenlappers en voeltjies wat verby vlieg .Saterdag oggend praat sy eienaar met my oor die heining “Ek weet nie wat my hond oorgekom het nie maar hy is bang vir sy eie skaduwee ,hy weier om alleen te slaap en hou die kat so styf vas die raak skoon blou in die kiewe soos hy sukkel om asem te kry .Hy sit voor sy water bak en staar daarin asof hy verwag dat n krokkidil daar gaan uitspring en my gedagtes gaan terug na my drake en spinnekoppe en skielik kry ek die hond baie jammer. Ek het nie die hart gehad om hom te vertel daai Spike nou eintlik n dwelm veslaafde is en dit my toedoen was nie .Laas wat ek gehoor het is Spike in vir sielkundige hulp maar een ding was verseker ons kon rustig in die aand slaap sonder Spike se gblaf.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 17/08/2018 - 10:19

Visvang storie.

Die man het alleen gaan visvang. Hy het alle aas wat hy kon kry maar sonder sukses. toe hy so terugkyk sien hy in die kortgrasveld 'n slang met 'n padda in die bek. Hy vang toe die slang en haal toe die padda uit sy bek om aan sy hoek te sit. 

Hy kry toe die slang jammer omdat hy sy kos gevat het. Hy gooi toe sommer 'n skeut whiskey in die slang se keel af en los hom toe in die veld.

Terwyl hy so lekker sit en verder visvang voel hy so 'n stampie aan sy broekspyp. Toe hy afkyk sien hy dat dit weer die slang is met nog 'n padda in sy bek

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus