Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -34 minutes ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 03/08/2018 - 15:17

Ai Lolla, verstaan ek jou nou heel mis!!

Hier dog ek jy praat van die jonge dame wat so mooi hurk by die slang, ek kyk en kyk maar kan glad nie haar "Toolbox" sien nie!?

Bessef toe jy praat van die braai toolbox! Net gedink jy bat vir die ander span!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 06/08/2018 - 20:51

Wel, ek lê in noodgevalle. Duidelik nie 'n goeie manier om hierdie Maandag te begin nie. Het gaan perdry, iets wat ek jare laas gedoen het. Dit was' n groot fout.

Het op die perd geklim en maar stadig begin, elke keer 'n bietjie vinniger. Toe ek my kom kry is die perd volspoed. Nooit besef 'n perd kan so vinnig hardloop nie. My balans verloor en afgeval, maar my voet het vasgehak en perd hou aan hardloop met my. Hoe hard ek ookal geskree het, perd wou nie stop. Dankie tog vir Toys-R-Us se bestuurder wat die masjien kom uit plug het. Hy het ook die res van my kleingeld afgevat sodat ek nie die olifant ook kon ry nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 07/08/2018 - 07:40

Ai oom Johann -- darem bly jy leef nog!?

Nee kyk daai perde is vir manne wat weet, dit is nou die onder ses, ons ou mense moet maar weg bly van sulke gevaarlike goed.

Sterkte my maat - hoop jy word gou ontslaan.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 08/08/2018 - 08:54

Ag, die dae toe jy by jou ma se huis gewag het vir jou "date" om op te daag, was darem maar lekker.  Netjies aangetrek, haartjies mooi gekam, gesiggie opgesit, gespuit met lekker-ruik goedjies.   "Those were the days, my friend.  We thought they'd never end".  Maar helaas.......

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 08/08/2018 - 09:06

Kyk, ek sal nou regtig nie my vroutjie by haar ma wil gaan aflaai nie (ek is nie lus vir alleen oudag nie), en natuurlik bitter min van ons pensionariste het nog daai "voorreg"😃

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 08/08/2018 - 12:57

Voortrekker sal maar die naweek altwee se beste voete moet voor sit en baie geduldig moet wees. Hoop net nie dit reen sodat sy deur die venster moet loer wat binne aangaan nie. Voorrie sal maar sy hart groot moet oopmaak en baie krediet punte kry. surpriseangel

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 08/08/2018 - 14:25

Lolla!!!!! - Lol, Ladevil

Gee jy my nou goeie plan, maar ek sal moet Harari toe ry na die "Dead Centre off Town" [begrafplaas] om Petra by haar ma af te laai!

Sy bly al daar van 1978 af.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 09/08/2018 - 05:08

Iemand wat ek ken lei veldwagter op en het vir my die gebeurtenis vertel.

n Man (was dalk n veldwagter) was in die wildtuin besig om te stap. Hy was in n soort van n groot sloot of iets met hoë walle albei kante. Hy hoor toe iets agter hom en toe hy omkyk sien hy n renoster op hom afstorm. Hy klim toe teen die wal uit om weg te kom maar sukkel nogal baie want die wal was baie skuins. Skielik kry hy hulp van iewers en gaan toe vinnig die skuinste uit. Toe hy bo is en terug kyk sien hy sy een skoen se hak sit vas op die renoster se horing

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 14/08/2018 - 11:05

Hehe Johann.    Arie het dit vanoggend vir my gestuur as inspirasie vir my werksdag hier in Madagaskar laugh​​​​​​

Dit is baie bedagsaam van hom. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus