3 Berge... Hier kom die Louw's! Die seuntjies is soos gewoonlik uit hulle kassies... Dit gaan woes hier agter in die kar. Hehehe. Soos altyd is die pad net te lank vir die woelwaters en elke keer wat Anton jnr n berg sien skreeu hy... "kyk!!!!! Daars 3berge en boetie Jovan volg..." kyk!!!! Daars 3berge" hehe. Elke keer skruk ek my boeglam oor die geskreeu.
Kan sien julle geniet daai…
Kan sien julle geniet daai lekker kuiertjie by 'n besonderse lekker oord.
Gaan vir goud, of gaan huis toe??
Len, as ek so lees, dan lyk…
Len, as ek so lees, dan lyk dit my jy is reg?
Lyk vir my hulle het toe nie goud gekies nie !
DK se foto by Drie Berge
Ek sien op Caravan Parks se forum DK het 'n foto van Arie, van agter af, geneem en dit toe op die forum geplaas. Ek vind dit nogal vreemd dat hy 'n foto van Arie neem maar blykbaar nie 'n geselsie aangeknoop het nie.
Laaste oggend

Ons laaste oggend, sit en kyk hoe die son oor die berg opkom en luister na voeltjies ![]()
Ek sien op Caravan Parks se…
Ek sien op Caravan Parks se forum
Freda! Gelukkig maak die feit dat daar 'n creepy stalker daar was nie' n verskil aan hoe awesome DrieBerge is nie! Sulke tipe mense kan by enige oord kop uitsteek.
Caravanparks. com behoort nie sulke lede en insette toe te laat nie?
Miskien moet ons vir Drie Berge in kennis stel dat hierdie Dennis persoon 'n negatiewe invloed op hulle awesome plek het? Ek sal nie so' n persoon in my oord toelaat nie. Hy word ook glad nie op kanpforum. co. za toegelaat nie ter wille van die lede hier. Hoeveel ander mense, vrouens en kinders het hy nie dalk ook afgeloer en foto's van geneem nie?
Ek glo ons moet hierdie dalk op 'n ander plek bespreek en verder toelaat dat hierdie persoon skade aanrig nie.
Ag nee-wat............
Ag nee-wat, dis beslis nie die kool die sous werd om so 'n ou se optrede te bespreek nie, dit gaan beslis geen verandering tot gevolg hê nie en dra ook nie by tot 'n leser se positiewe gesindheid nie. Daar's genoeg ander goed wat dreig om 'n ou te probeer af onder toe te trek en moet asseblief nie nog een byvoeg nie.
Lennie, ek stem nie…
Lennie, ek stem nie heeltemal met jou saam nie. Dit kan nie vir Voortrekker & Lolla en Arie & Petra lekker wees om te weet iemand het hul doen en late die heeltyd dopgehou nie. Want dit is wat gebeur het, die foto is bewys daarvan. Hulle kamp heerlik, kuier saam en is salig onbewus daarvan dat hul dopgehou word, deur iemand wat eintlik 'n grudge teen hulle het. Dit is maklik om te sê ignoreer dit net maar dit is obsessief, om die minste te sê.
Hoe het hy byvoorbeeld geweet dit is Arie? Hy het hom nog nie voorheen ontmoet nie..... Dit wys hy lees nog hier, alhoewel seker onder 'n ander naam.
Stem saam Len dit is nie die…
Stem saam Len dit is nie die moeite werd om opgewonde te raak nie.
In elk geval is my agterkant my beter kant so dan lyk ek darem handsome op CP?
Vir een of ander rede is klein kindertjies altyd vreeslik lief vir my, nou weer gesien Anton se Kabourtertjies het gereeld by my kom kuier, en ook altyd ko m nag se. Dus ek glo DK het maar nog net nie daai stadium ontgroei nie, ongelukig is maar soos baie kleintji es erg skugter en te skaam om te kom praat.
Ek kan in gedagtes hom sien loer na my met sy duim in sy mond en weñs hy het die guts om met my te kom speel.
Kom ons wees eerbaarlik en los die maaitjie laat hy maar sy speletjies speel
So kom alles
Anton o kom alles ook tot n einde bly julle het geniet en ou DK sal uit vind lewe is n lied julle moet veilig terug ry
Ek sê ook nie daar moet…
Ek sê ook nie daar moet teenoor hom opgetree word nie. Dit is net jammer dat hy elke keer wegkom net die dinge en op die ou end speel hy die slagoffer.
Arie, ek het geweet jy sal jou agterent daaraan afvee.![]()
Hoe ek dit sien...
n Foto van n eerbaarlike man geneem deur n persoon met oneerbaarlike gedrag
Dis net...
Dit is net 'n ongebalanseerde persoon wat so sal optree en eintlik sielkundige hulp nodig het. Om so 'n persoon se doen en late te bespreek meng jy jou met semels en ons almal weet wat die res van die spreekwoord sê.......
Die bestuur by 3Berge het in…
Die bestuur by 3Berge het in hul wysheid (seker omdat hulle my al baie lank ken) n Pastoor op die staanplek tussen ons en die Voortrekkers geplaas. Pastoor Stoffel het my darem goed in toom gehou, dat ek nie te veel uithaak nie.
Pastoor is toevroeg weg en het ek nou n mooi oop uitsig op die Louw kamp!
Trek toe dadelik die penne y my een kant seil uit, sit my lang tellefoto lens op my kamera en le op my maag met die lens so onder die kant eil deur. Neem toe lekker steel fotos van die Louw kamp!
Ek wou die fotos "per ongeluk" op die forum plaas maar in my opgewondenheid het ek vergeet om die lens cap af te haal, nou het ek n reeks swart fotos!
Ek kan nie weer fotos neem nie, met die maag lêery en onder die stoele deurkruip het ek my rug uitgesit. Petra sal my later ongevalle toe neem.
Ek vra nederig omverskoning dat ek nou nie vir julle steel fotos kan wys nie. Ek vertrou maar dat julle dit in jul eerbaarlike harte sal vind om my te vergewe?
Op n ernstige noot, ons sal die Louws mis baie aangename mense met twee pragtige seuns, baie lekker met hul gekuier en ons sal mis hoe hulle die twee ou mensies bederf het!
Ek gaan ook mis hoe klein Jovan elke aand hier in ons tent ingesluip het om Arie te skiet met sy lazer gun, ek val dan "dood" neer en dan lag daai twee Kabouters so lekker uit hul maag uit!
Ja so maak mens goeie vriende oud en jonk met die leefstyl!
Klein Anton het gister vir Tannie Petra n pragtige pot plant as gekenk gebring. Petra vra toe of sy hom n soentjie mag gee, hy kyk haar so geskok aan, gee n tree terug en se "Neeeeee!" Al wat sy toe kry is n drukkie!
Ja, nog n lekker week agter die rug!








Dit lyk regtig so mooi en…
Dit lyk regtig so mooi en rustig daar, Voories. Ideale plek om die nuwe jaar in te gaan. Sonder enige rumoer. Daai twee klonkies van julle is tog te oulik.