Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -6 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago

Vars Water Probleme

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Met ons eerste kamp van die jaar en ook na die buite wasbak by Dube het ons nie juis dit gebruik nie maar was darm daar en het gewerk.  Met ons 2de kamp vir 2015 na ons Desember vakansie is ons vir die Paasnaweek Pilansberg se Bakgatla kamp toe.  Daar het ons die stort nodig gekry en besef iets is nie reg nie want daar kom net druppels uit by die stort ?  Die twee wasbakke binne en die een buite het wel water maar besef dit is nie soos wat die altyd was nie.  

Terug by die huis het ek begin krap met geen sukses, bel toe Kempton karavane vir raad maar niks besonders nie, bel toe Brits karavane en praat met Francois  hy sê daai wit in-lyn pompies gee nie probleme nie en dit is onwaarskynlik dat hy net half mas sal werk maar ek kan die pyp by die pomp los maak en kyk of hy daar beter pomp.  Dan kan ek ook kyk na die "non return valve" wat ook daar in die pyp is want soms steek hy vas as daar iets vuils in die pyp is.  Of wat ook gebeur is dat die klampie op die punt is waar die kleppie is en te styf vas gedraai is wat dan die werking verhoed.  Ek bel toe ook vir Jaco van Pta.Oos Woonwakliniek om te hoor of hy nie raad het nie.

Laas naweek besluit ek dié Saterdag is dit ek en die Exclusive en as ek nie die probleem kry nie gaan ek hom na Jaco toe sleep want ons kamp van volgende Saterdag vir 'n week by Hartbeeshoek vir 'n week en dan moet die water reg wees want dit behoort koud te wees en dan is dit goed om Wijan eerder in die karavaan laat stort.  Trek Saterdag oggend die karavaan uit onder die dak uit met die "mover" en sit die skêr domkrag onder die linker kan tussen die aste waar ek plek gemaak het om altwee wielle gelyk op te lig.  Dit is om my lyf onder die karavaan in te kry, maar met daai nuwe onderstel is dit steeds nie moontlik nie en moet jy van die agter kant af in kruip, na ek die tenk vol gemaak het en weer uitgetap het haal ek die "non return valve" uit en besef die pyp aan die een kant was mooi tot in die helfte ingedruk maar die ander kant was net oor die begin.

Kry toe 'n beker met kook water en kry toe die pyp mooi oor tot in die middel en omdat die pyp redelik styf oor gaan is dit nie nodig om die klamp so styf vas te draai nie.  Met als terug op hulle plek maak ek die water tenk weer vol vir die toets want as dit nie werk nie sleep ek hom na Jaco toe.  Maak die wasbak kraan oop en als lyk goed, so ook die ander een.  Maar ek moet die stort toets en hy is vol gepak met die stoelle en ander plastiek goed, trek toe die pyp uit om die kom darm agter die deur te kan kry tot by die was bak om nie die plek vol water te mors nie en HY WERK !!!

So onthou om nie die klampie aan die "valve" se kant te styf vas te draai nie want dan kan daai klepie nie lekker werk nie, op die foto is dit die bo kant.

l
Dit is die "Non Return Valve"

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/01/2018 - 19:59

Willem, ek aanvaar die non return valve sit aan die invloei-kant van die pompie om te keer dat die water in die pompie bly en nie na die leë tenk terugvloei nie. Dus die valve sit tussen die watertenk en die pompie.  Verstaan ek reg ?

Met die vervanging van my pompie 'n klompie jare terug kan ek nie onthou dat ek 'n "non return valve" gesien het nie  -  verkoop dit los van die pompie ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus