JZ het 48 gekry om te bedank, of die ANC gaan hom herroep, dit is volgend Maroela Media se nuutste ivm die hardekwas houding.
Hy, JZ, wou nog drie maande aan bly, maar die NUK het hom na twaalf gisteraand die nuus gegee.
Die vertroue in CR was besig om 'n knou te kry, maar hy is 'n vernuftige onderhandellaar.
Nou glo ek die rand gaan verder herstel en beleggers gaan weer begin in SA fondse in stoot.
Dit gaan egter nog jare vat om die land se ekonomie weer te herstel, mits CR op hou met die landbou grond "af vat sonder vergoeding" beleid.
SONA
Kom ons erken, dit was positief en het belowend geklink vir die toekoms. As woorde oorgaan in dade, kan dit net beter gaan. Ek dink Cyril is slim genoeg om te besef dit mag nie net by leë beloftes bly nie. Net die toekoms sal leer. Dit gaan interessant wees om te hoor hoe die opposisie partye Maandag daarop reageer.
Hoop regtig dat dit wat gesê…
Hoop regtig dat dit wat gesê is nie net lee beloftes is nie.
Voorwaar n baie beter vertoning as die vorige paar. Glo as dit wat gesê is in werking gestel word die ekonomie sal kan groei.
Nou wag ek om te sien wie se koppe gaan waai.........
Ek vind...............
Ek vind die jongste gebeure op die politieke terrein in Suid-Afrika uiters interessant en opwindend. My raaiskoot is dat Cyril Ramaphosa weet hy moet homself van die Zuma-era onderskei deur onmiddellik 'n paar drastiese stappe te doen om te bewys dat hy nie net praat en beloftes maak wat nooit nagekom word nie. Ek raai sy eerste stap gaan wees om volgende week sy nuwe, aansienlik verkleinde kabinet aan te kondig en 'n klomp ministers en adjunk- ministers gaan hulle jobs kwyt wees. Sy volgende stap gaan wees om Shaun Abrahams te vervang en die NPA sover te kry om die nuwe lewe in die Valke se ondersoeke voor die howe te kry. Ek glo die NPA het reeds sy opdrag om aan die werk te spring om die korrupte Ace Magashule aan die pen te laat ry oor die Vrede plaas bedrog sodat hy sy pos as Sekretaris Generaal van die ANC kwyt kan wees. Ek raai ook hy gaan nog voor die Begrotingsrede vir Malusi Gigaba pos - dis 'n regte blinkstefaans wat vinnig sy mantel gedraai het nadat CR aanbewind gekom het en hy het GEEN finansiële ervaring nie.
Die nuwe president kan nie die elemente van sy staatsrede ten uitvoering bring as sy gevegspeleton nie die regte kwaliteite en lojaliteite het nie - daarom die kabinetskommeling eerste !
Stem saam met wat julle sê,…
Stem saam met wat julle sê, die enigste ding wat my nogal erg bekommer, is die fei dat hy voort gaan met grond onteining sonder vergoeding. Dit kan en gaan ernstige gevolge vir die ekonomie en stabiliteit veroorsaak.
Wat gaan van daai plaasboer, wat vrugte afwerp, word, wat faan van daai plaas word?
Ons bly vas kyk in sy positiewe punte van die staats rede, maar sit blind doeke op as dit by sulke dinge kom.
In die algemeen is sy toespraak positief ontvang, selfs Malela was stil, paar persone het maar ongemaklik gesit, kmons kyk jaar wat kom van sy beloftes.
Hierdie opmerking van my is nie om argumente of twis te begin nie, maar om gesonde balans te bring.?
Johann, ek het self nie…
Johann, ek het self nie gehou van die "grond sonder vergoeding" deel nie maar hy het darem daarna gesê dat dit op so manier gedoen moet word dat dit tot voordeel van landbou in die land sal wees en dat dit voedselvervaardiging en voorsiening sal verbeter. Hopelik besef hy hulle kan nie grond, waarop 'n wit boer tans suksesvol boer, sommer net van hom wegneem en gee vir 'n swart boer wat dit ten gronde sal laat gaan nie. Daar is baie grond in die land wat onbenut is en wat dalk ingespan kan word om ekstra voedsel vir die land te voorsien. Altans, ek hoop ek is nie net hoopvol positief nie, maar dat dit wel so sal gebeur.
Wat die grond saak betref…
Wat die grond saak betref.... Dit is nie net landbou grond nie....
N ander bekommernis is die nasionale mediese fonds saak.......
Ek dink..............
Freda, ek is nie bekommerd oor grond hervorming nie, want soos jy uitwys, CR het verskeie voorwaardes genoem wat nagekom moet word. Hy is nie 'n populis nie en met sy sake-agtergrond sal hy toesien dat suksesvolle, produserende boere nie onteien word nie - elke keer as hy oor grondhervorming praat waarsku hy dat voedselsekerheid ononderhandelbaar is. Hy sal eers die proses moet begin om die grondwet dienooreenkomstig te verander en daarvolgens het hy 'n tweederde meerderheid in die parlement nodig. Ek dink hy sal begin by plase in boere se besit wat braak lê en nie vir ekonomies vir landbou aangewend word nie. (Zimbabwe se blanke boere se probleme het begin toe boere nie hulle surplus plase aan die regering beskikbaar wou stel vir herverdeling nie en ongelukkig toe begin die plaasbesettings van veral ekonomiese aktiewe boere).
Deon is reg, grondhervorming is nie beperk tot landbougrond nie. Daar is talle onontwikkelde, ongebruikte eiendomme in woon- en sakegebiede waaraan eienaars al vir jare vasklou sonder om dit te gebruik.
Ja, CR is 'n sakeman en as…
Ja, CR is 'n sakeman en as hy sy beloftes kan nakom, gaan ons groot veranderinge sien. Hy sal katvoet loop, eenkant is die eff wat die onteiening net sonder bekommernis deur wil stoom roller, en aan die ander kant is die regse wat glad nie sonder vergoeding wil toelaat nie.
Persoonlik dink ek, boere moet nou hul "ekstra" plase aan swartes verkoop wat kan boer. Daar is baie grond besikbaar vir ekonomiese boerdery deur die regte boere wat werklik wil boer. Daar is reeds suksesvolle swart boere.
Wat die nationale mediese fonds betref, nee wat hier gaan dit plat val. Hoop net dit word betyds raak gesien. Solank hul net my met my mediese fonds uit los.
Len, jy is reg oor die…
Len, jy is reg oor die voedselsekuriteit, ek lees hy het ook genoem dat dit nie die ekonomie mag skaad nie. ek sien hy wil saam met die banke 'n taakspan aanstel om na die proses te kyk?
Hy wil ook 'n taakspan aanstel in samewerking mat Landbou unies en landbou spesialiste om na die grond wat reeds aan opkomende boere gegee is. Hy glo dat sowat 90% van daai grond onbewerk of onder benut word, hy reken dit kan ook liewer aan produktiewe boere [wat die nodige kennis het] gegee word.
Soos ek al heelwat vroeer genoem het, ek het volle vertroue in die man.
Arie, ek dink julle is reg,…
Arie, ek dink julle is reg, kom ons hoop en vertrou dat hy sy woord gestand doen.
Sover lyk alles klaar hope beter, koppe gaan waai. Die ekonomiese aanwysers vertoon ook beter met beleggers vertroue wat positief reageer.
'n Lang moeilike pad lê voor.
Ek sien brandstof pryse gaan ook weer daal, en kan selfs meer daal na mate die rand versterk.
Die petrol prys wat so val…
Die petrol prys wat so val bekomer my vreeslik, hou niks van die goedkoop petrol nie!
My pa het my van kleins af geleer dat goedkoop is duur koop, so die goedkoop petrol gaan ons kom byt.
Sal maar weer my tenk en jerry kanne vol maak voor die prys afkom.
Stem, ek hou nie daarvan om…
Stem, ek hou nie daarvan om goedkoop goed in my kar te gooi nie.?
Ja oom Arie, hulle kan nie…
Ja oom Arie, hulle kan nie dink jy is cheapskate nie





CR
Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit die selfde… Die eerste staatspresident van die republiek van Suid Afrika was CR SWART….. ( 1961 tot 1967)
Nou is ons by CR en hy is ook Swart.