Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -16 minutes ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -45 minutes ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

JZ kry trek pas ?

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

JZ het 48 gekry om te bedank, of die ANC gaan hom herroep, dit is volgend Maroela  Media se nuutste ivm die hardekwas houding.

Hy, JZ, wou nog drie maande aan bly, maar die  NUK het hom na twaalf gisteraand die nuus gegee.

Die vertroue in CR was besig om 'n knou te kry, maar hy is 'n vernuftige onderhandellaar.

Nou glo ek die rand gaan verder herstel en beleggers gaan weer begin in SA fondse in stoot.

Dit gaan egter nog jare vat om die land se ekonomie weer te herstel, mits CR op hou met die landbou grond "af vat sonder vergoeding" beleid.

Vaalpark

Johann L

Wed, 14/02/2018 - 19:59

Die rand gaan nou so bietjie wipplank ry.

1 USD =11.7154ZAR

Dit gaan, soos genoem, baie lank vat en baie geld en geduld  kos om weer op koers te kom. Soos Arie sê, ons gaan nie gou die reale effek voel nie,  indien ooit, onder anc regering.

JZ dreig nou selfs met geweld sien ek, ek wonder of hy nie ook 'n nuwe party gaan begin soos Bob nie. Veral gesien in die lig dat hy en JM aards vyande is,  gaan hllle nie saam kuier nie.

 

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 15/02/2018 - 08:25

Hy het toe gisteraand 23:00 bedank soos meeste politieke kenners voorspel het.

Klink my die ANC is baie eenparig dat CR moet oor vat, hierdie "termyn" tot die 2019 verkiesing gaan nie as 'n amps termyn beskou word nie. Hy kan dus,  as die ANC aan bewind bly, en hy ook,  'n "derde" termyn dien.

Die grond wet verbied meer as twee termyne, maar die een word nie as 'n termyn beskou nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 15/02/2018 - 08:54

Zuma kry al sy voordele, so hy kan lekker gaan aftree by Nklandla.   Dit is seker 'n moewiese pakket.    Asof hy nie alreeds genoeg uit ons staatskas gekry het nie!

Afriforum sê hul gaan sorg dat hy verhoor word vir al sy dade, ek hoop hul kry dit reg en dat dit nie net 'n gepraat is nie.

0
Meyerton

Segekok

Thu, 15/02/2018 - 19:45

As mens nooit geleer het steel is verkeerd nie sal mens mos nie kan dink dat dit verkeerd is nie . Daar is mos baie mense wat so bang is vir die mense wat vir hulle gestem het dat 250mij se security nodig het.  N hoenderhok van meer as n milj. Is mos alledaags.......

So hoe kan hy dan verkeerd wees ...

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 15/02/2018 - 20:07

Hehe, dit is so Deon.

Ons kan darem nou uitsien na 'n baie beter leier in CR, hy is meer geloofwaardig na my beskeie mening.

Maar die toekoms sal leer,  een ding is verseker, hy gaan probleme hê om 'n nuwe kabinet saam te stel. Hy moet KZN probeer paai, en hy moet besluit of  hy 'n nuwe minister van finansies nou aanstel, of voor die begrotings toespraak, of moet hy vir Gigaba hou tot na dit.

Ek lees dat hy saam met Trevor Manual gaan draf het vanoggend, dit spreek boekdele.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 15/02/2018 - 20:47

Hy is so gewoond almal dans na sy pype niks is verkeert vir so ou wat magsbeheb is kry vir jou

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 15/02/2018 - 21:01

Ek wonder of daar iets van sy korupsie en ander sake teen hom iets gaan kom.

Ek sien een van die Guptas wou vlug, maar die vlieënier (van 'n privaat vliegtuig (jet)) het geweier om op te styg. Ek neem aan dit was  'n Gupta jet? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus