Algemene Inligting
Einde van ons tyd by Koro-Koro het aangebreek......
As gevolg van ‘n grond-eis, het die Staat hierdie eiendom gekoop.
Met onderhandelinge was dit nie duidelik wat van die plek gaan word nie.
Aan al ons ondersteuners van die afgelope 6 jaar wil ons baie dankie sê. Baie het vriende geword en ons gaan beslis almal se geselskap mis.
Ons afsny-datum is 12 Oktober 2020.
Daan & Anneke

Resensies
Koro Koro
Wat n puik oord gaan vroeg volgende jaar vir lang naweek soentoe lekke natuur baie voels puik badkamers altyd skoon groot swembad vir warm dae asook warm een by ontvangs die eienaar sien jy gereeld met sy landrover rondry en groet lekke staanplekke op groen gras dan is daar paar bos staanplekke en ook die haak en steek staanplekke eenkant gelee met gesamlike badkamer het ook n bar waar jy ook take away kan bestel sowel groot skerm tv vir die wat wil kyk security ook puik by oord jy voel veilig daar is ook klein rondafels wat eenkant in bos staan wat ook gesamlike kombuis deel en braai drom of twee. Sterre innie nag baie mooi en helder. So wat wag jy haak daai wa en sleep hom na Koro Koro
Koro-Koro Safari Lodge
Ons was Maart 2012 laas daar en toe was dit pragtig (voor die groot boom se val) Ons het om die ablusie gestaan waar die gras pragtig mooi groen was. Net jammer die warm swembad is meer vir klein kinders. Anders is daar nie veel vir die kinder om te doen nie. Die foto's is van 2009.

'n Baie lekker Bosveld…
'n Baie lekker Bosveld kampplek. Ek sal beslis weer hier gaan kamp! Ons het by Haak en Steek kamp gestaan en ek het die privaatheid en bos gevoel baie geniet!
Koro Koro
Die plek word effe oor gradeer. Dit bied nie veel vir persone wat nie meer kinders het nie. Algemene huishouding is nie na wense en in droe maande bestaan daar 'n brandgevaar.
Einde van ons tyd by Koro…
Einde van ons tyd by Koro-Koro het aangebreek......
As gevolg van ‘n grond-eis, het die Staat hierdie eiendom gekoop.
Met onderhandelinge was dit nie duidelik wat van die plek gaan word nie.
Aan al ons ondersteuners van die afgelope 6 jaar wil ons baie dankie sê. Baie het vriende geword en ons gaan beslis almal se geselskap mis.
Ons afsny-datum is 12 Oktober 2020.
Daan & Anneke
Koro-Koro weer oop
Ek lees dat Koro Koro weer oop is. Weet iemand dalk wie is in beheer?





(No subject)