
Ons het net na 4pm hier by Koro-Koro aangekom. Dit is lekker diep in die bos gelee. Ons staanplek is by haak en steek kamp nr 6. Lieflike staanplekke!
Kamp is opgeslaan en vuurtjie brand.
Ek sal deur die loop van naweek nog fotos plaas.
Dis is lekker hier! ![]()
Ai, dit lyk baie lekker en…
Ai, dit lyk baie lekker en kyk net hoe mooi brand daai vuur. Julle moet dit geniet, Voories, Lolla en kabouters.
Anton, julle moet dit gate…
Anton, julle moet dit gate uit geniet.
Bly dat julle veilig gereis het
Ek het klaar gebraai en hier…
Ek het klaar gebraai en hier is nog 'n klomp warm kole, kan ek help ?
Kabouters en skoonma is in…
Kabouters en skoonma is in die bed, almal se magies is vol ![]()
Die boskamp, haak en steek, is baie rustig. Die staanplek, nr 6, is 70% omring met bos, m.a.w ek het glad nie staanplekke langs my nie. Lekker privaat en groot staanplek en seker die gelykste wat ek nog op opgeslaan het.
Hier is 6 staanplekke en 'n ablusie met 3 familie badkamers. Elkeen met bad, stort, toilet en wasbak.
Die sterre is baie mooi hier ![]()
Anton, ek het by Ramgate ook…
Anton, ek het by Ramgate ook so gesit en wag vie die son. My derde foto was die een wat ek op die forum gelaai het.
Geniet jou rustigheid en die naweek
Hoekom is sonsopkoms en…
Hoekom is sonsopkoms en sonsondergang die beste tyd van die dag as jy kamp? Sal maar nie help nie, dit is so spesiaal, al sien jy dit elke dag.
Ek is bly om te hoor skoonma is daar. Toe ek gister die foto sien, het ek geweet dit is nie ons donkerkop, Lolla, daai nie. Maar wou nie vra wie is die blond nie.![]()
Hier is vandag 'n boogskut…
Hier is vandag 'n boogskut kompetisie by Koro-koro. Ek en kabouter 1 het so' n bietjie gaan stap om te kyk hoe die mense speel.
Lekke Anton
Julle moet geniet Anton puik plek puik bestuur gaan groot
Boogskiet
Anton ek en Oom Arie sal maar aan die spekskiet kompetiesie deelneem
maar jy maak ons nou lekker jaloers met jou kamp foto's .Freda jy is reg onse mense kyk mos net vir son ondergang as jy kamp .Hier in die stad is daar soveel besoedeling ons sien nie eers die son sak dit raak net skielik donker
Die mooiste son -op en son-sak is in Satara kamp in die Kruger .
Voortrekkers voorwaarts Mars en geniet dit











Geniet dit
Julle moet die naweek geniet