6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

Winskoop, moet dringend verkoop Arie

Submitted by Admin on
Forums

Ek het ‘n week oue Harley Fatboy met slegs 50 kilos op die klok wat ek moet verkoop.

Blykbaar as jou vrou na ure se gesprek oor die voordele van ‘n bike beteken haar laaste woorde van “Man koop wat jy wil” nie soos enige normale mens dit verstaan nie?

Weet nog glad nie hoe ek so eenvoudige sinnetjie kon misverstaan nie, sy het dit nogal mooi hard, stadig en duidelik gese???

Nou moet ek kies tussen ‘n vrou of ‘n bike, twee aande wakker gele en toe ‘n lys van “Pro’s & Con’s” gemaak, vroulief weeg toe swaarder, en net omdat die Harley nie kan kos maak, skottelgoed was, klere stryk, bed opmaak en tent posit nie, julle weet mos al daai joppies waarvoor vrouens geskape is.

 

FREDA: 

Arie, as ons vrouens 'n sin sê wat al die woorde bevat wat die manne wil hoor, beteken dit eintlik ons bedoel net die teenoorgestelde.  Veral as ons dit hard, stadig en duidelik sê.   Jy weet, ons maak seker julle hoor die betekenis agter die gesogte woorde.

Mmmm, ja, daai laaste gedeelte sal ek eerder ignoreer.   Jy sal ook nie so lekker agter die Harley se rug kan inkruip of lepel lê nie.

Ek het gister die grappie vertel op Speknek se draad, maar die gremlins het dit verwyder:

Die twee drinkebroers ontmoet mekaar en die een sê:  Toe ek weer vol drank by die huis kom gisteraand, het my vrou vir my gesê ek moet ophou drink, of sy los my".   Die ander een antwoord:  "Gelukkig het my vrou gesê sy dink ek moet my drinkgewoontes dophou, so van nou af drink ek voor die spieël".

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus