Almal van ons het sulke vrae waar jy geen antwoord op kan kry nie, kom ons plaas hulle hier, dalk kan een van die manne met die dik brille en witjasse vir ons antwoord?
Hier is so paar goed waaroor ek nog altyd wonder....
As geld nie aan bome groei, hoekom het banke dan takke?
As jy duidelik sien jou vrou is ontsteld, hoekom antwoord hulle altyd met sulke dun lippies "Niks!" Op jou vraag wat fout is?
Word vise , en veral soutwater visse ook dors?
En so glo ek almal van ons le nagte wakker en peins oor die goed.
DASSIE:
Arie het geskryf:

Net soos jy daar se Arie Ek wonder baie hoe kry die mense die jam in n toe blik
Hoekom noem hulle dit "rush hour" verkeer as almal kruip
Hoekom het mense nooit die regte klein geld as hulle by die tolhek kom
Hoekom noem hulle ministers in die Parlement............ Honarable
DUSTY: og een,
hoekom is die baan wat jy op die snelweg kies altyd die stadigste.
Hoekom is al die parkeerplekke reeds gevat wanneer jy daar kom.
SEGEKOK: Hoekom is dit so ver van Maandag na Vrydag en so kort van Vrydag na Maandag?
FRIKADEL: Hoekom rym Vrydag met Koue bier?