Ek kom nou eers weer tot die besef dat, 'n Forum soos die het baie voordele, wat mens eers weer begin wardeer as jy begin lees en iets soek. As dit op FB was is jy gespyker want binne 'n dag is dit so ver afgeskyf dat jy dit nooit weer kry nie. Al probleem wat ek nou het is dat dit 'n maand of wat gaan neem net om deur al die onderwerpe te gaan. Ek glo nie ons besef hoeveel kennis hier opgesluit is nie. Ek was nou baie lank op Kamp Mal en Ja daar is baie lede, maar alles wat mens daar insit gaan op die ou end verlore. Hier kan ek weer gaan lees wat gedebateer is oor 'n onderwerp wat 'n jaar terug bespreek is. Die ander aspek is dit is of die ouens op die Forum soos jou Friende begin word al het jy hom/haar nog nooit ontmoet nie. ![]()
Absoluut waar, ek sukkel ook…
Absoluut waar, ek sukkel ook maar met die FB storie, goed wat ek wou mooi lees kry ek glad nie meer na 'n dag of twee nie.
Daar is nog die ander…
Daar is nog die ander probleem met die FB..... Die selfde vraag word oor en oor gevra.
Dan is daar baie sleutelbord vegters daar![]()
Dit is beslis so en die…
Dit is beslis so en die meeste van die "posts" is net 'n klomp twak.
Tora jy slaan die tentpen…
Tora jy slaan die tentpen mooi op die kop.
Dankie. Dankie aan almal wat so lekker saam bou aan die Inhoud, en drupal vir die databasis struktuur ![]()
Groot waarheid Tora, ek hou…
Groot waarheid Tora, ek hou ook maar min an daai bakkies boekie. Byna niks wat daar aangaan, het op my betrekking nie, en verder is dit 'n gedskinder en sleg sê,.
Hier is net volwasse mense betrokke.
Hey!!!............. Johann,…
Hey!!!............. Johann, ek is ok hier!





Beslis...
Beslis ook my ervaring !