Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -16 minutes ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -24 minutes ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -4 hours ago

Nuwe woonwa trappie/gereedskap kas

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Ek het sondag al begin met die nuwe hout trappie vir die "Ou Lady" oor haar staal trappie reeds beter dae gesien het. So paar jaar terug het my skoonpa so hout kas gebruik met hulle Wilk en ek het besluit om ook so kas te bou oor dit 'n 2 in 1 is. Die kas weeg 4kg maar en daar word spasie bespaar in die wa oor dat ons nie nog 'n trommel nodig het nie en ook nie spasie nodig het onder 1 van die bankies vir al die penne en hammer nie. Die trappie/kas moet nog beidge geverf word, rubber kry bo op en spons binne in.

Elarduspark

GerhardM

Wed, 21/03/2018 - 17:59

begin

uitsny

Eerste plank

2de

2de plank

router

Kante gerouter

handle

voet

onderste plank

onder

voor en agter

skanier

deksel

klaar

sterk genoeg

Kan my gewig vat

penne

en die penne

kant

 

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 21/03/2018 - 18:10

Anton ek het nou net op Tora se onderwerp gepost smiley Glad nie raak gesien nie.

Wilsur ek stem saam, dis als planke wat hier rond staan.

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 22/03/2018 - 07:27

Dankie Dusty en oom Arie.

Dusty, ek het die mat oorweeg maar dink om eerder 'n rubber mat op te sit sodat hy makliker skoonmaak.

0
Elarduspark

GerhardM

Fri, 23/03/2018 - 23:00

Ek het begin om die trappie die verf. Hy word dieselfde beidge geverf as wat die wa se kaste binne geverf gaan word.

trappie

trap

Die deksel word geplak met mat so ek gaan hom nie verf nie

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 25/03/2018 - 23:00

Hy is vandag getoets by die wa en hy is die regte hoogte. 

trap

Die grys wa pas nou nie by hom nie smiley

Dieselfde  hoogte as die ou trappie

ou trappie

 

0
Centurion

Dusty

Mon, 26/03/2018 - 05:02

Welgedaan Gerhard. Lyk goed. Lekker plek om jou penne en hamer te stoor.

My trappie is deel van die wa. Dit skuif onder die wa in wanneer die wa gehaak is en by die kamp skuif dit uit en staan dan net op twee pote. Kry nie die foto by die huis vanaf selfoon gelaai nie

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 26/03/2018 - 09:46

Gerhard

Ek sal iets aan die agterkant doen om hom vas te kap op die grond.  My plastiek een wat ek gehad het kon jy dit nie doen nie en een jaar by Eiland Spa het die kinders gespeel en hom nader aan die karavaan geskuif.  Met my uit klim trap ek toe op die voorste deel en die trap flip toe vorentoe.  My lyf seer gemaak met die pote wat in die lug staan daai tyd.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 26/03/2018 - 10:04

 

 Ek sal iets aan die agterkant doen om hom vas te kap op die grond

Baie dankie, baie goeie idee. Ek sal kan plaatjies vas sit en hom vas kap met 'n pen of 2.

Ek moet sê die staal trappie het by Mabalingwe die heeltyd rond geskuif.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 26/03/2018 - 11:21

Jy het nodig om die agterkant (karavaan kant) vas te slaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus