Ek het sondag al begin met die nuwe hout trappie vir die "Ou Lady" oor haar staal trappie reeds beter dae gesien het. So paar jaar terug het my skoonpa so hout kas gebruik met hulle Wilk en ek het besluit om ook so kas te bou oor dit 'n 2 in 1 is. Die kas weeg 4kg maar en daar word spasie bespaar in die wa oor dat ons nie nog 'n trommel nodig het nie en ook nie spasie nodig het onder 1 van die bankies vir al die penne en hammer nie. Die trappie/kas moet nog beidge geverf word, rubber kry bo op en spons binne in.
Gerhard se veeldoelige karavaan trappie / pennekas
Baie oulik en netjies. ![]()
Toevallig amper dieselfde idee as wat Tora in die vorige onderwerp geplaas het.
Daai los stukkies hout of…
Daai los stukkies hout of staal kom altyd handig te pas.
Baie netjies.
Baie netjies Gerhard, as ek…
Baie netjies Gerhard, as ek nie reeds 'n sentimentele waarde trappie gehad het nie, het ek vir my ook so iets soos jy of Tora sin gemaak.
Gerhard. Dit lyk goed. Na…
Gerhard. Dit lyk goed. Na verf moet jy net n stukkie dun mat bo-op plak. Help om voete skoon te maak voordat jy in die wa klim
Besig om te verf...
Ek het begin om die trappie die verf. Hy word dieselfde beidge geverf as wat die wa se kaste binne geverf gaan word.
Die deksel word geplak met mat so ek gaan hom nie verf nie
Netjies Gerhard, dit lyk so…
Netjies Gerhard, dit lyk so mooi, ek sal nie op dit wil trap nie.?
Hy is vandag getoets
Hy is vandag getoets by die wa en hy is die regte hoogte.
Die grys wa pas nou nie by hom nie ![]()
Dieselfde hoogte as die ou trappie
Welgedaan Gerhard. Lyk goed…
Welgedaan Gerhard. Lyk goed. Lekker plek om jou penne en hamer te stoor.
My trappie is deel van die wa. Dit skuif onder die wa in wanneer die wa gehaak is en by die kamp skuif dit uit en staan dan net op twee pote. Kry nie die foto by die huis vanaf selfoon gelaai nie
trappie/gereedskap kas
Gerhard
Ek sal iets aan die agterkant doen om hom vas te kap op die grond. My plastiek een wat ek gehad het kon jy dit nie doen nie en een jaar by Eiland Spa het die kinders gespeel en hom nader aan die karavaan geskuif. Met my uit klim trap ek toe op die voorste deel en die trap flip toe vorentoe. My lyf seer gemaak met die pote wat in die lug staan daai tyd.
Willem, was dit nou jy of…
Willem, was dit nou jy of die trapie wat so pote in die lug gele het??





Die foto's
Eerste plank
2de plank
Kante gerouter
Kan my gewig vat
en die penne