Ek verstaan vrouens kry kraampynne sodat hulle min of meer kan weet hoe siek n man is met verkoue?
Ek weet die dames gaan se daar is geen vergelyking nie, maar daai kraampyn gee haar tog so geringe idee van hoe n man suffer!
DASSIE: Arie ek wil nou nie n oorlog begin tussen die manne en mannine nie maar laat ek die saak so stel .Hulle se vir n man is die ergste pyn om in die possakke geskop te word .Nou kyk as n Leeu skrumskakrl jou per abuis daar skop is die pyn ,snot en trane sekerlik gelykstaande aan geboorte gee .Nou vra maar vir enige man wat al daar geskop was. Nou kom Mamma n jaar later en se Ag Pappa kan ons nie maar nog ennetjie he nie .Wys my die man wat na n jaar na daai Leeu skrumskakel sal loop en se Hey ouboet dis n jaar later hoe lyk dit met nog so skop ." Djou Honour I rest my case "
FREDA: Arie, jy was amper in die moeilikheid by my! Gelukkig het Dassie jou mooi geantwoord.
Ek het gister 'n grappie hier geplaas, wat ek weer verwyder het. My gewete het gepla dat dit dalk gesien kan word as onder die belt. Netnou word ek verban!
ARIE:
Freda het geskryf:
Arie, jy was amper in die moeilikheid by my! Gelukkig het Dassie jou mooi geantwoord.
Ek het gister 'n grappie hier geplaas, wat ek weer verwyder het. My gewete het gepla dat dit dalk gesien kan word as onder die belt. Netnou word ek verban!
Ek het gewonder watvan jou grappie geword het, nee wat ek glo nie enige iemand kon kla oor jou grappie nie?
Jy moet my storie reg lees, ek spot eintlik met ons mans wat so kleinserig is en omtrent doodgaan as ons effens grieperig is.
FREDA:
Arie het geskryf:
Freda het geskryf:Arie, jy was amper in die moeilikheid by my! Gelukkig het Dassie jou mooi geantwoord.
Ek het gister 'n grappie hier geplaas, wat ek weer verwyder het. My gewete het gepla dat dit dalk gesien kan word as onder die belt. Netnou word ek verban!
Ek het gewonder watvan jou grappie geword het, nee wat ek glo nie enige iemand kon kla oor jou grappie nie?
Jy moet my storie reg lees, ek spot eintlik met ons mans wat so kleinserig is en omtrent doodgaan as ons effens grieperig is.
Net so, Arie. Nie 'n wonder die ander manne op die forum is so stil nie......
SEGEKOK: Maar die dmes weet mos waarvoor hulle hulle inlaat..... met moeite sal jy baar....
DASSIE: Gedurende die ' load shedding " fase kry die paramedics n oproep van n vrou wat gaan geboorte gee . Dis stik donker toe die medic daar aankom en om alles te kroon is dit net die vrou en haar 4 jarige dogtertjie .Die medic het hulp nodig en hy vra die dogtertjie om die flits te skyn sodat hy kan sien wat hy doen .Dit is n suksesvolle geboorte en die medic raps die babbatjie oor die boude sodat hy sy asem kan intrek en begin asem haal .Na alles verby is vra die medic die dogtertjie .En toe wat se jy .Wel se die dogtertjie in haar kinderstemmetjie Dit sal hom leer om in plekke in te kruip waar hy nie hoort nie as ek Oom was gee ek hom sommer nog n paar wikse op sy boudtjies