Plaas maar onder 4x4, dit is mos 'n boswa?
Willie Brits het so twee jaar geswoeg aan die ontwerp, iets heel nuuts en uit die boks gedink.
Beide sykante vou op boontoe, dit vorm die dak oor twee kamers,en dan vou die vloer uit onder toe. Uit die dak rol die tent kant af wat aan die vloer vaskom met "bungee cort"
Ingang is agter en as jy instap is daar weerskante 'n opening na die twee kamers, voor jou is 'n uiters goed ingerigte kombuis. Wasbak, stoof, mikrogolf, groot kombinasie ys/vrieskas en meer as genoeg kaste.
Die kombuis sal enige tyd net so in 'n huis kan gaan.
Voor in die neuskas is die batery stelsel, geyser en die laaier vanaf die sonpaneele op die dak.
Vakmaskap is puik, alles is baie netjies en smaakvol gedoen.
Terloops willie het ook nou op die forum geregistreer, so vermoedelik sal hy later meer vertel van die bou proses.
Sal op 'n volgende pos nog fotos plaas, die ding is nou weer so stadig en ek is besig om my sin vir humor te verloor.
Baie oulik. Ek het gesien…
Baie oulik. Ek het gesien daar is 'n nuwe willie brits op kampforum.
Ek sal nou graag wil sien hoe lyk hy afgeslaan.
Dankie Arie.
Van stoep by die deur in…
Van stoep by die deur in
Van die deur na die kombuis
Slaapkamer aan linkerkant.
fotos werk nou weer lekker…
fotos werk nou weer lekker.
Jammer foto le op sy sy, wil nie reg draai nie? Groot kas links as jy van deur na kombuis kyk
Kyk lekker groot yskas, die foto wil ook nie reg draai nie?
daar is net so lekker groot slaapkamer aan die regterkant soos die een aan die linkerkant.
Voorie, ek sal probeer 'n foto of twee neem as hulle klaar opgepak het, dan kan julle sien hoe hy lyk as hy opgevou is.
Blikskottel, dit is netjies…
Blikskottel, dit is netjies. Hy kan met alle reg trots op daai projek wees.
Dankie vir die deel Arie.
Voorie, ja jy is reg, die…
Voorie, ja jy is reg, die bouer en trotse eienaar van die wa is nou volwaardige lid hier.
Baie dankie
Baie dankie vir julle insette en baie dankie dat ek lid kan wees.
Willie, lyk baie netjies…
Willie, lyk baie netjies. Hier is darem 'n klomp kundige mense op die forum.
Ons kan al ons eie reeks waens ontwerp en bou en 'n besigheid saam begin
Jy mag maar Willie
Jy moet meer van hulle bou Willie jy sal geld maak soos bossies puik
Welkom op die forum, Willie…
Welkom op die forum, Willie. Ons hoop om nog baie van jou te hoor. Daai opset van julle lyk baie grênd. Jy mag maar trots wees daarop!
Nou ja Willie en familie is…
Nou ja Willie en familie is so pas huis toe.
Hier is die beloofte fotos van die opgevoude Bosvark.
Lekker klein en kompak.
Dankie Arie! Dit wou ek…
Dankie Arie! Dit wou ek graag sien ![]()
Mooi werk Willie.![]()
Baie netjies en kompak…
Baie netjies en kompak wanneer dit toe gevou is. Dankie Arie.
Ek dink daaraan om nog van…
Ek dink daaraan om nog van hulle te bou. Ek gaan net nog hande nodig hê.
So why do we have to put up with the junk from CI?
This is brilliant! well done... Just like that chap at Mabaleliklieg, <the deaf guy> who built his own bush camper...
With ability like this and that, why the hell do we still buy CI rubbish?
I'm so jealous of the vaardiheid...... Ek self kannie.....
Baie interesant, amper soos…
Baie interesant, amper soos die kasset slaap deel van die Lions Den se klein boetie...





Baie oulike plan.
Baie oulike plan.