Ons buurman soengroet sy vrou elke oggend, kla Sannie by haar man.
Hoekom doen jy dit nie ook nie?
Maar, vrou, hoe kan ek? Ek ken haar dan nie eens nie.
DASSIE:
segekok het geskryf:
Ons buurman soengroet sy vrou elke oggend, kla Sannie by haar man.
Hoekom doen jy dit nie ook nie?
Maar, vrou, hoe kan ek? Ek ken haar dan nie eens nie.
segekok maar n goeie begryper het net n halwe word nodig . Hoor mos nou die oggend my vrou praat met die buurvrou .Die buurvrou vra haar Is jou vuilgoed al weg .Nee se my vrou Hy slaap nog
Die ou se hy is so lelik dat sy kinders in die aande n muntstuk flip om te sien wie hom moet goeie nag soen
SPEKNEK: Eendag lank lank gelede was daar 'n wyse vrou. Maar dit was laaaank terug en dit was net die een keer.
SEGEKOK:
Gryswater het geskryf:
Die Bloubulle speel rugby
LOL
DASSIE:
Gryswater het geskryf:
Die Bloubulle speel rugby
Rerig Die juffrou vra die klas wat se werk doen hulle Pa's .Pietie se Pa is Mechanic .Suzie se Pa is Tantarts .Jannie se sy Pa is n motor kaper .Die klok lui en juffrou vra vir Jannie om net agter te bly .Baie bekommerd vra sy Jannie is jou Pa rerig n Motor Kaper? .Skaam se Jannie Nee juffrou hy speel rugby vir die Blou Bulle maar ek is te skaam om dit te noem.
ARIE: Ek watch julle wat so mors met myrugby span.
Hou so aan en ek leen Spekkies se oge om julle te watch!
DUSTY: Suid Afrika kind sit in die klas in Engeland. Onderwyseres vra by wyse van hand opsteek wie is almal Engeland ondersteuners. Almal behalwe die Suid afrikaanse dogter. Vra haar toe wie sy ondersteun. Antwoord was toe vir die Springbokke. Hoekom vra die onderwyseres. Want my pa en ma is Springbok ondersteuners was die antwoord. Nou as jou pa en ma idiote is wat maak dit jou vra die onderwyseres. 'n Engeland ondersteuner was die antwoord
DASSIE:
Dusty het geskryf:
Suid Afrika kind sit in die klas in Engeland. Onderwyseres vra by wyse van hand opsteek wie is almal Engeland ondersteuners. Almal behalwe die Suid afrikaanse dogter. Vra haar toe wie sy ondersteun. Antwoord was toe vir die Springbokke. Hoekom vra die onderwyseres. Want my pa en ma is Springbok ondersteuners was die antwoord. Nou as jou pa en ma idiote is wat maak dit jou vra die onderwyseres. 'n Engeland ondersteuner was die antwoord
Skerp dogter daai .Kyk toe ou Naas nog die Blou Bulle se kaptein was het hy sy span inspireer deur te se Boys vandag gaan ek "Tackle"
JOHANN L: Naas was my favourate gehate persoon, as Cheatah supporter, maar kyk, die dag as sy sy groen en goud aan getrek het, het ek hom gelaaik.
DASSIE: Johann L ou Naas met sy skepskoen was enige span se nagmerrie . Jammer om te sien die ou gaan nou deur diepe waters .
DUSTY: Op 'n ander draad word daar gepraat van woord spelling.
Die onderwyser vra vir die kind hoe spel hy krokodil.
Sy antwoord is toe: krokdil.
Se die onderwyser dit is verkeerd.
Sy antwoord: ja maar jy het gevra hoe ek dit spel
SEGEKOK:
Dusty het geskryf:
Op 'n ander draad word daar gepraat van woord spelling.
Die onderwyser vra vir die kind hoe spel hy krokodil.
Sy antwoord is toe: krokdil.
Se die onderwyser dit is verkeerd.
Sy antwoord: ja maar jy het gevra hoe ek dit spel
Ek hou van haar manier van dink.




