Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daardie mannetjies wat so… Rock View Lodge Nelspruit Voortrekker -8 minutes ago
Dankie forumvriende!! Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 minutes ago
Neef ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
Auchterlonie Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Molle Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago

Lekker by Koro-Koro

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Koro koro

Ons het net na 4pm hier by Koro-Koro aangekom.  Dit is lekker diep in die bos gelee.  Ons staanplek is by haak en steek kamp nr 6.  Lieflike staanplekke! 

Kamp is opgeslaan en vuurtjie brand. 

Ek sal deur die loop van naweek nog fotos plaas.

Dis is lekker hier! yes

google kaart
Centurion

Voortrekker

Fri, 06/04/2018 - 21:14

Kabouters en skoonma is in die bed, almal se magies is vol smiley

Die boskamp, haak en steek, is baie rustig.  Die staanplek, nr 6, is 70% omring met bos, m.a.w ek het glad nie staanplekke langs my nie. Lekker privaat en groot staanplek en seker die gelykste wat ek nog op opgeslaan het.

Hier is 6 staanplekke en 'n ablusie met 3 familie badkamers. Elkeen met bad, stort, toilet en wasbak.

Die sterre is baie mooi hier yes

0
Centurion

Dusty

Sat, 07/04/2018 - 06:09

Anton, ek het by Ramgate ook so gesit en wag vie die son. My derde foto was die een wat ek op die forum gelaai het. 

Geniet jou rustigheid en die naweek

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 07/04/2018 - 09:06

Hoekom is sonsopkoms en sonsondergang die beste tyd van die dag as jy kamp?  Sal maar nie help nie, dit is so spesiaal, al sien jy dit elke dag.

Ek is bly om te hoor skoonma is daar.  Toe ek gister die foto sien, het ek geweet dit is nie ons donkerkop, Lolla, daai nie.   Maar wou nie vra wie is die blond nie.laugh

0

Anton ek en Oom Arie sal maar aan die spekskiet kompetiesie deelneem laugh maar jy maak ons nou lekker jaloers met jou kamp foto's .Freda jy is reg onse mense kyk mos net vir son ondergang as jy kamp .Hier in die stad is daar soveel besoedeling ons sien nie eers die son sak dit raak net skielik donker cool Die mooiste son -op en son-sak is in Satara kamp in die Kruger .

Voortrekkers voorwaarts Mars en geniet dit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus