Kyk ook na die HOE OM NUWE INHOUD, INSETTE EN FOTO's TE PLAAS VIDEO
Laat ek 'n paar voorstelle maak, en verduidelik.
Foto's oor die algemeen:
Die limiete op foto grootte wat toegelaat word om te laai is 16Mb. Die foto's word outomaties deur die forum verklein na ongeveer max 550 x 550 of 650 x 650 pixels - wat op die ou einde minder as 150Kb is!
So, hoekom foto's van 4 - 10 Mb (gemiddelde selfoon foto groottes) oplaai, as dit op die einde verklein word to 150 Kb? En hoekom 550 x 550 pixels?
As ek kamp of iets wil deel en 10 of selfs 20 foto's wil laai in totaal, en elke foto is 8Mb groot, dan moet ek 160Mb data gebruik! Baie vir 'n selfoon of Tablet wat op mobiele data is, EN dit is ook data vermorsing.
Kampforum se webwerf is ingestel om foto's groter as 550 x 550 of 650 x 650 te verklein. Dit word gedoen om meer ouer toestelle en browsers te help om inhoud beter te wys, EN om die grootte van elke blad wat laai te verklein. Ons wil nie he elke blad wat laai moet 10Mb van jou data neem nie!
DAAROM gebruik ek op my foon en tablet 'n app met die naam "photo & Picture resizer" vir wanneer ek foto's wil laai op die internet. Dit werk baie maklik en vinnig en spaar vir my baie mobiele data - en die foto's laai bitter vinnig! Gedurende 'n slegte konneksie kan 'n 8Mb foto partykeer lank neem om te laai en dit kan frustrasie veroorsaak.
Op my PC gebruik ek eenvoudig Paint, want dit is baie vinnig. Gebruik die resize knoppie , dan pixels en maak die foto 600 pixels wyd en save hom As iets anders. (jy wil nie jou oorspronlike 8Mb foto verloor na 120kB toe nie)
Moenie data mors nie en hou jou foto oplaai sessies blits vinnig!
HOE OM FOTO's te laai? - maklik
Vir nuwe onderwerpe en insette, kan die basiese foto laai funksie gebruik word. Kliek op die editor se foto knoppie om die foto laai proses te begin.

Word na die "choose" blok geneem. Die 'alternative text' MOET ingevul word. Die Caption is optioneel as jy teks onder die foto wil plaas. (die teks blok sal verskyn nadat die foto gelaai is )

Kliek die 'choose' knoppie om na jou 'folders' geneem te word waar jy jou foto kan soek en kies. Daarna sal die foto laai, wanneer dit klaar gelaai is, sal die blok hieronder verskyn met die foto naam en 'resize inligting'

Kliek SAVE - die oorspronlike editor blok sal dan verskyn met die foto daarin. (Jy sal weer moet op save heel onder moet kliek om die volledige inset te plaas.

MAKLIKE FOTO LAAI OPSIE VIR INSETTE:
Vir Insette op onderwerpe, is daar 'n 'maklike' foto laai opsie onder die editor blok. Hierdie opsie laai foto's onafhanklik van die editor. Die 'Foto Laai' opsie kan 5 foto's laai en wanneer gebruik word laai foto's direk en vinnig.
Foto's wat op hierdie manier gelaai word sal nie binne die editor blok verskyn nie, maar wel onderaan. Met hierdie opsie kan teks binne die editor blok geplaas word, en aangehegde foto's sal onder verskyn.
Kliek op die Laai foto knoppie:
Die Laai foto blok sal vergroot. Kies dan die foto's wat jy graag wil laai. Let wel - slegs 5 foto's met 'n gesamentlike grootte van 16Mb kan gelaai word per Inset.

Moenie Skrik nadat jy jou foto's gelaai het as hulle nie vertoon nie. Kliek weer op die Laai foto knoppie wat sal vergroot en jou gelaaide foto's sal wys. Onthou om SAVE te kliek!

KYK GERUS NA DIE VIDEO HIERONDER VIR 'n DEMONSTRASIE VAN DIE BOGENOEMDE PROSES:
Toets met my iPhone
Landskap foto werk reg:

Portret foto val om:

As ek dit 90° draai voor ek dit laai val dit ook om op dieselfde sy as die oorspronklike een:

As ek dit 270° draai voor ek dit laai gaan lê dit op die ander sy:

En as ek dit 180° draai voor ek dit laai is dit onderstebo:

Nee ek weet nie,
Waar dit inkom nie, ons het tog dieselfde fone?
Kan dan omtrend net die verskil in tipes "device" wees of 'n program fout, Admin moet tog maar vir ons kyk waar die probleem kan wees.
Hoe om ‘n skakel te koppel aan ‘n woord
Na aanleiding van Mnr Boucher wat sê hy weet nie hoe om ‘n skakel na ‘n webblad te koppel aan ‘n woord in ‘n plasing nie; hier is ‘n verduideliking:
Tik jou plasing, en select die woord of term waaraan jy die skakel wil koppel, klik dan die hoofletter B links bo aan die balk bo die venster waarin jy tik. Dit maak die woord/term bold.

Copy die skakel wat jy wil koppel aan die woord of term in die browser venster waar daardie betrokke webblad oop is. Klik dan op die ikoon wat soos ‘n skakel in ‘n ketting lyk drie plekke regs van die hoofletter B waarmee jy in die vorige stap die woord of term bold gemaak het. Die skerm hier onder maak dan oop, en jy paste die skakel in die venster en druk Save.

En siedaar, jou woord of term raak blou en sodra jy die plasing Save sal dit jou na die skakel vat as jy op die betrokke woord of term klik.

Ek verbeel my dat oorlede…
Ek verbeel my dat oorlede Willem dit ook destyds iewers geplaas het.
Net 'n toets ...
... om te sien of hierdie tegnologies-gestremde Wildehont se instruksies kan uitvoer.
Sien hier. Dit is dieselfde skakel vanaf my You Tube "rekening" vir Geert se "short" video clip.
Een hand was die ander
Dis ook handig as mens bv ‘n artikel oor iets interessant of ‘n webblad van ‘n oord of produk wil deel.





Iphone
Dit is met die iPhone geneem, weet nie wat Android die moduse noem nie?