Ek is n millinium man wat beteken ek is nie skaam om roompies op my gesig en hande te gebruik nie . Om my toon naels te verf en lip stiffie te gebruik sit ek my voet neer .Ek help ook vir Mamma met al haar huis takies soos skottel goed te was .Ek is ook nie soos n sekere lid wat sy vrou met n skok stok bykom as sy te stadig die kamp oppak nie
.Na n heerlike maaltyd wat Mamma gemaak het is ek in die kombuis doenig met skottelgoed was en Mamma ontspan in die sitkamer en kyk TV .
In my hemp sak het ek my Ipad foon ,lekker lang elektrise kabel wat vanaf die foon na my oor toe loop en luister na musiek terwyl ek was .Een van my gunsteling liedjies ,so ruk en rol nommertjie speel en ek hou my lyf Shakin Stevens .Die volgende oomblik tref n voorweerp my teen my sy dat ek soos n vloerlap vlieg na die hoek toe ,val die groenterak in sy maai in .Twee pampoen skorsies middle deur ,die wereld le besaai met die pitte .Verdwaas en geskok probeer ek myself uit die wrak van die groente rak te bevry en daar ………. staan Mamma met n gras besem in haar hande .
My man ek is verskriklik jammer en sy bars in trane uit .Toe ek in die kombuis kom sien ek die wit elektrise kabel in jou oor en jou lyf ruk so dog ek jy word electrocute en hulle se n mens moet nooit met jou kaal hande n ander probeer red van n elektrise skok en al wat ek kon vind was die besem .
Dassie, ek hoop nou maar jy…
Dassie, ek hoop nou maar jy het mamma mooi vergewe, kiss and makeup?
Watse room gebruik jy vir…
Watse room gebruik jy vir jou gesig en hande dassie?
Room vir die Millinium man
Vorrie ek gebruik Revlon( vir daai rowwe bliksem) because i am worth it
Maar natuurlik
Johann L ek het vanishing room in Mamma se gesigs room gesit lyk vir my asof dit werk haar gesig raak al hoe meer dowwer by die dag
Dassie gebruik jy…
Dassie gebruik jy verskillende room vir hand en gesig, of dieseldfde? ![]()
Okay laat ek
Vorrie aangesien jy nou so belang stel in my roompies laat ek jou n geheim vertel .Ek gebruik aambeie room vir die gesig ,jy weet dit trek die plooie uit jou verrimpelde gesig en gee dit n minder k@k uitdrukking vir my hande gebruik ek Dublin vir daai leer gevoel .Ek hoop jy verstaan lmga
LOL, wie onthou die camel…
LOL, wie onthou die camel sigaret advertensies.
I am a camel man, I do what I can (dink dit het so iets gegaan).
He-he, julle laat my lekker…
He-he, julle laat my lekker lag. Maar eintlik begin manne deesdae al hoe meer skoonheids roetines volg. Gesigbehandelings, wenkbroue pluk, gesigrome en selfs ligte grimering. Hare en baarde en snorre getrim en gekap by die beste haarkappers. So goed versorgde man is nogal iets vir die oog. Ek wonder hoeveel van hulle hou van kamp?
My ma het altyd vir my…
My ma het altyd vir my suster gesê....
"My kind as n man meer tyd voor die spieel as jy spandeer het jy hom verloor"
My ouma het ook altyd so…
My ouma het ook altyd so gesê
Room? Ek vergeet van sulke goed. ![]()
Ek sit nie eers room aan my…
Ek sit nie eers room aan my hande nie, wat nog van makeup en ander twak, ek veg genoeg met my vrou oor sy so lank vat om klaar te kry met die "war paint"
Aangesien ek nie meer n haar…
Aangesien ek nie meer n haar op my hele lyf het nie en soos n pasgebore veldmuis lyk, gebruik ek nou ook n roompie op my kop.
My kopvel lyk deesdae baie soos n droee plaasdam in die Kaap.
Dan smeer ek hom maar met vroulief se "Avon Care rich moisture face cream"
Moet sê, dit gee hom n mooi glans as ek in die son staan en baie mense kyk na hom as hulle, hulle hare (die gelukkiges) wil kam. ![]()
Dassie, dra jy bril, dalk…
Dassie, dra jy bril, dalk moet jy jou oge laat toets, of laat die "vanishing cream" die gesig "vanish"??
Johann L ek het vanishing room in Mamma se gesigs room gesit lyk vir my asof dit werk haar gesig raak al hoe meer dowwer by die dag
Ek het nou my vrou beloof om die winter "gereeld" hande room aan te sit, ook my haakskene te smeer , sy word kwaad as ek kaalvoet op die matte loop, en my hake klou soos velgro aan diematte.
Naand JohannL
Jy vra dra ek bril ? My vrou my ook altyd dieselfde vraag Is jy blerrie blind of wat . Ja ek dra bril sulke dik lense dat ek n veld brand kan begin deur net om na die son te kyk .My ogge is baie swak dus die spesiale lense wat Bennie Boekwurm sal beny maar ek kom darem deur die lewe .
Skurwe hakke is nie jou maat nie .Veral in die aand as jy in die bed klim en die hakke skeur die lakens stukkend .Ouma se resep was altyd paraffin en kerswas maar nou ruik my bed na n olie refinery so dus Camphor cream jy onthou daai adverstensie Hands ,elbows and knees terwyl die manne so deur die sneeu strompel ![]()





Eish
Daai besem kan seer maak