- More julle ek het gister die Weg agter paaie gekyk waar daar getoer word innie Richtersveld en al wat ek kan se is wow dis hoekom ek van bos, sand,en berge van hou verseker een van die mooiste plekke in ons land wat n mooi plek. Ek het WEG uitgawe 163 by spar raak geloop en ja n groot gedeelde word gewy aan die Richtersveld. Wie was al daar deel bietjie jou ondervinding asb
Lekke Deon / Anton
Dis n baie baie mooi plek verseker doen ek hom ook Deon sterkte met die beplanning
Sleepnou, julle sal nooit…
Sleepnou, julle sal nooit spyr wees as julle die Richtersveld nasionale park besoek nie, bly sommer vir twee weke daar, die "niks" daar is pragtig, die absolute stilte, dia nag se sterre, jy sien seker dubbel soveel as naby 'n stad.
Net so bietjie useless info, die Rictersveld is een van die enigste twee berg woestyne in die wereld, dit is berg op berg en ongelooflik mooi!!
Jammer hulle het die plek ook al begin komersieel maak, daar is nou selfs al toilette by die een kamp!!?? Die jare wat ons gereeld gegaan het [om jou siel net weer skoon te maak] was daar NIKS! Jy het met 'n graaf toilet toe gegaan, die papier, en dan natuurlik [baie belangrik] die papier wat jy gebruik verbrand. Jy begrawe net die menslike afval NIE die papier nie.
Ons moes alles, van water tot brandhout self inry en natuurlik AL jou vuilgoed weer saam uit ry, mens begrawe NIE blikke, glas en sulke goed nie, jy neem dit saam met jou terug!
Almal het altyd gewaarsku dat jy moet ten minste twee spaarbande saam neem? Ek het in al die jare daar nog nooit 'n papwiel gekry nie. Die ouens kry papwiele want hul blaas hul bande af na 1.8 bar, dan sny die "shale" die side walls stukend, ken jou voertuig, weet wat jy self kan doen - dan is dit nie nodig om daar enigsins bande af te blaas nie.
Gaan en geniet dit voluit!!
Sal wil ook graag…
Sal wil ook graag Ritcherveld besoek. Ons is albei doof en my verloofde is baie meer vir veiligheid bewus. Ons sal met die groep gaan en iemand wat 4x4 bakkie het vir noodgeval. My bakkie is 4x2 met diff lock. Dalk eendag !!
Hallo Noel. Praat julle…
Hallo Noel. Praat julle vingertaal? Hier is nog 2 dowe paartjies op kampforum. Hulle was saam by ons Mabalingwe saamtrek en gaan ook weer saam Kokoriba toe einde van die maand. Dink hulle bring nog 'n paartjie saam dan sal dit 3 wees ![]()
Hi Voortrekker. Ons is…
Hi Voortrekker. Ons is hardhorende paar en het gehoorverlies van 90%. Ons praat en moet lippe lees. Ek kan nie juis goed handetaal praat nie en verstaan glad nie die vinger taal wat op nuus wys nie
Ons beduie handetaal as ons ver van mekaar is ![]()
m.a.w jy kan met die…
m.a.w jy kan met die verkyker sit en mense wat vêr is se gesprekke lees?
Goeie tip, nooit dit probeer…
Goeie tip, nooit dit probeer haha. Ek sien baie keer raak op die tv hoe rugby spelers mekaar vloek
Hi Noel, ek het self ook net…
Hi Noel, ek het self ook net 30% gehoor, maar weier om gehoor apparate te dra, daai geraas disoreenteur my en ek wil maller word as wat ek reeds is?.
Voor ek met pensioen gegaan het, het ek dit wel by die werk gedra, maar net om nie my kolegas te frustreur nie. Nou lê dit al drie jaar in hul houertjie en vrot?
Ek sit dit net aan as ons kerk toe gaan!
Johann, was jy 3 jaar laas…
Johann, was jy 3 jaar laas by die kerk? ![]()
Jammer Shaun dat ons jou…
Jammer Shaun dat ons jou Richtersveld draad so kaap, maar lyk my die mense hier hou van kamp en kuier?
Hi Johan. Dit is n groot…
Hi Johan. Dit is n groot aanpassing vir horende persone wat doof geword het. Meeste dink dit bring dieselfde klank soos die horende. Onthou gehoorapparate is elektriese of elektroniese klank. Ek is doof gebore en ken nie die gehoor van horende nie.
Hehe, ek dink nie hy gaan…
Hehe, ek dink nie hy gaan omgee nie
Wonder waar is die koggelmander? Hy sal seker later soos die wind hier deurkom ![]()
Noel, ek is gelukkig (nog…
Noel, ek is gelukkig (nog nie) hardhorend nie, maar ek kan ook sien as rugbyspelers vloek.
Gaan groot julle en Noel
Nee ek gee nie om soos Anton se lekke om van jou te hoor Noel gesels saam en onthou kamp is koning
Weg Namibie koop hom
Julle op die rakke is daar nou n Weg Namibie uitgawe met so baie inligting vir all vir n nuutjie soos ek koop hom gerus dit maak jou beplanning net soveel makliker vrede







Shaun my beurt kom... Hoop…
Shaun my beurt kom... Hoop vir 2019.