- More julle ek het gister die Weg agter paaie gekyk waar daar getoer word innie Richtersveld en al wat ek kan se is wow dis hoekom ek van bos, sand,en berge van hou verseker een van die mooiste plekke in ons land wat n mooi plek. Ek het WEG uitgawe 163 by spar raak geloop en ja n groot gedeelde word gewy aan die Richtersveld. Wie was al daar deel bietjie jou ondervinding asb
Richtersveld
Môre vriende
'n Besoek aan die Richtersveld is ook op my wenslys. Ek het ook tans net 'n 4x2 met sluitewenaar, en dit sal dus gerusstellend wees om die R-veld in 'n groep verdraagsames aan te pak.
Ek het die artikel in onlangse Weg bestudeer en skielik wil dit voorkom of sekere dele totaal vermy moet word met 4x2 en dan boonop met sleepwa/boswa.
My eerste prioriteit is egter om volgende jaar Kalaghadi te besoek, wag net dat besprekings open vir Junie 2020.
Groete
Wessel
Ek glo dat 'n besoek aan die…
Ek glo dat 'n besoek aan die R veld se nasionale park 'n absolute moet is, jy mis vrek baie as jy dit nie doen nie! Dit is die plek waar ek nog altyd baie na aan my Skepper gevoel het!
Heelwat plekke wat jy met 'n 2x4 kan gemaklik ry en dan is daar plekke wat 4x4 'n moet is. Ek glo baie ouens dik maar so bietjie aan oor die plek, veral die klomp wat begin vertel dat jy 4 spaarwiele moet saamry. In al die jare wat ons daar gekamp het en die plek van hoek tot kant deur gery het, nog nooit 'n papwiel gehad nie. Ja daar is baie skerp klippe [shale] maar dit sny nie die loopvlak nie, sny die sywand van die manne wat hul wiele afblaas na so 1.5 bar. Ek het nog nooit nodig gehad om daar my wielle minder as 2 bar te maak nie.
Ja daar is so paar bergpasse, waar mens maar moet baie mooi ry om om die draaie te kom, partykeer so 3 punt draai, maar niks daar is so vreeslik erg nie.
In die middel 90tigs was daar 'n ou egpaar - laat sestigs- wat elke jaar van Nederland Kaap toe gevlieg het. Huur dan 'n Land rover en toer die R Veld vir 'n maand - stoksiel alleeen. Hulle het dit vir 11 jaar gedoen tot die man se gesondheid ingegee het.
Ons het laas jaar…
Ons het laas jaar Richtersveld gedoen en daarna die Weskus. Die stilte, die uitgestrektheid, die mooi, en hier is klein ook mooi kan nie regtig verduidelik word nie. Jy gaan moeilik die Doods pas, die Akkedis pas en die Domorogh pas ry sonder "low range". Jy hoef darem nerens 3 punt draaie te doen nie maar met die offroad karavaan moet jy maar mooi korrel. De Hoop is aan te beveel en daar gaan jy net met 4x4 uitkom. Hier het ons die rapids geswem, vis gevang en die koppies uitgeklim. Hier in die kamp het daar egter mense met n 4x4 voertuig vasgeval. Die ander paaie is meestal sinkplaat en dit skud jou vere behoorlik. Ons het op n banddruk van 1.8bar gery en in die groep van 6 voertuie het nie een n papwiel gehad nie. n Moet besoek!


GerhardtN dankie
Dankie virrie fotos en De Hoop is n moet Gerhard kyk daai wereld roep my ek moet luister
Die Rigtersveld is besonders…
Die Rigtersveld is besonders, maar nou in dorre woestyn verander.April verlede jaar, was daar nie n enkele Halfmens of Pagipodium, te sien nie, Kokerbome van n half meter in deursnee le hope omgeval, geen lewe in die veld nie, regtig swaar om dit so te ervaar.
Die herinneringe van n wye verskydenheid plante, en dit is wat die Richtersveld so spesiaal maak, geitjies op die klippe, insekte wat rondvlieg is nou stil. Nomadiese bokwagters was ook lekker om mee te gesels. My hond, Rigter, was ook n boorling van daar, by navraag vertel n man daar my dat die ras ook maar uitgesterf het, van die hongerte se hy.
My gemoed raak te donker as n gereelde besoeker om dit so te ervaar. Neef sal nie weer gou gaan nie, dit moet eers weer goed reen.
Sjoe nie geweet
Neef nie geweet did so erg nie maar sal nog daar draai daai wereld wil ek beleef
Die Rigtersveld is…
Die Rigtersveld is besonders, maar nou in dorre woestyn verander.April verlede jaar, was daar nie n enkele Halfmens of Pagipodium, te sien nie, Kokerbome van n half meter in deursnee le hope omgeval, geen lewe in die veld nie, regtig swaar om dit so te ervaar.
Ons was Junie/Julie 2018 daar. Die Noord Kaap het baie goeie reen in April 2018 gehad. Augrabies het hoog gevloei en reg deur die veld en passe kon ons sien dat daar water geloop het. Selfs deur die Akkedis pas af na De Hoop was die grond weg gespoel. Die kloofie voor De hoop se ingang het heelwat water gehad. Die blomme was ook mooi op van die ander passe in die Rigtersveld en selfs meer in die Namaqua park wat gedui het op goeie reen. Met n paar mense gepraat by Kuboes en hulle het ook n paar milimeter gehad in April. Dis dalk die jaar baie droog.
Het op fotos gaan loer,…
Het op fotos gaan loer, datum was middel Maart 2018.
Die foto is geneem by Kokerboom kloof. Nie spesifiek omtrent die dooie bome nie, maar daar is sowat 13 dooies op die foto, en een wat leef.
Die uitsig van voor een van die passe, pragtig mooi.
Die veld van naby, bitter droog.
Die een klou verbete vas.
Ja, dit sal regkom, die eenjariges sal blom en grassies sal groei na n donderstorm. Kokerbome, Aalwyne, Halfmense en baie vetpkantjies groei stadig, en het langdurige bestendige, al is dit maar min, reenval nodig om volwasse te raak. Dit is waarna neef verwys.
Dankie Neef en GerhardtN
Het gehoor dit het in Rigtersveld gereen maar die terug voer wat ek kry is dit baie droog daar so ons hoop hulle kry in hulle reen seisoen meer reen
Deon wat op forum was
Segkok (Deon) was onlangs by Rigtersveld gewees en n klomp youtupe clips op sosial media gesit een woord wow
Ek sien daar was lelike…
Ek sien daar was lelike vloede in die Richtersveld. Het vir Anton gestuur, hoop hy kan die skakel hier plaas, neef te dom.
Dankie vir die hulp Anton,…
Dankie vir die hulp Anton, waardeer. Hierdie wys net weereens, mens kamp nooit in ñ droë rivierbedding nie, selfs al is jy in die middel van die woestyn.
Kamp uitleg ???
Môre neef Herman
Ek stem saam met jou, veral as jy die land en sy reenval patroon ken.
Die probleem is egter, ek kom daar aan en kyk na die kamp uitleg, en sien mense staan op die sandkolle. Sal jy stilletjies lag vir my, as ek daar op die klippe op sukkel om kamp te maak. Nou raak dit erger as dit uitlanders is wat daar toer, en niks weet dat die Oranje in die somer kan afkom nie.
Dit laat my dink aan die Franse wat gedink het ons maak 'n grap met die Gariepdam se planne, toe hulle in die winter daar kom. Die eerste somer, en met die Oranje in vloed, toe hardloop hulle die koppie uit.
Ek wonder waarom die parkeraad nie die mense kom waarsku het dat daar vloedwater oppad is nie.
Groete
Werk en Covid
Kyk julle ek so so so uitgesien vir 2021 met baie kampe en toer na Richtersveld en ja werk en covid het n stok in die mollers van secunda se speek gegooi die posetief vir die jaar ek kan nog n jaar langer werk het Sprite swing aangeskaf wat regtig mooi opgepas is vir ons normaal kamp toere en ja My Ranger 4x4 wat ons reg kry vir ovelanding , off grit toere
Ek gaan nie weer.....
...na die draad kyk/lees nie.
Ek het nounet vrede in my gemoed gekry, oor my keuse van aftree trokkie, en nou stof julle weer die draad af.
Ek sal tog maar uit nuuskierigheid ophou as julle hier mooi reisverslae en fotos plaas, van julle besoeke daar. Gaan soheentoe, en geniet julle 4x4's en kom deel die mooi met ons agtergeblewenes.





4X4 Community forum
Weer die Draad daar gaan lees oor Richtersveld en een ding staan uit moenie bang wees of uitstel nie wees voorbereid gaan doen dit did een plek waar jy moet gaan toer en kamp