Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -16 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -18 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -18 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -18 hours ago

Kokoriba

Middelburg
Submitted by Elsa on
Forums

Ons het twee weke gekamp by Kokoriba naby Brits. Ons het die rustigheid en wild geniet. Die laaste aand het ons wakker geskrik van gille en het twee karavane deurgeloop onder diefstal. Daar is sekuriteitsheinings en n sekuriteitswag (wel ons slegs een gewaar). Dit net vir my terleurstelend dat Kokoriba se Bestuur hul onttrek want het die kamppeerders spoorsny werk gedoen en ons moes vra vir meer sekuriteits personeel asook of honde eenheid kan kom help waar hul ons meegedeel het hul sal vir ons ontbied, wel nutteloos om te se dat die Bestuur van Kokoriba nooit die sekuriteit en of honde eenheid ontbied het nie. Dit eintlik waar mens hul ondersteuning nodig het omrede ons nie die area so goed ken soos hul. Ek hoop dat in die toekoms hul meer simpatie en impatie met diefstal op hul gronde sal he.

Centurion

Voortrekker

Sun, 24/06/2018 - 06:56

Ai tog, net nou die dag was daar 'n soortgelyke geval in Bela Bela, en nou weer in Brits!surprise

Dit moet 'n aaklige ondervinding wees, en om dan nog bang en hopeloos te voel oor die situasie?  

0
Meyerton

Segekok

Sun, 24/06/2018 - 08:24

Elsa eerstens. Baie welkom by die forum. Dit is nooit lekker om van sulke gevalle te hoor nie. 

Maar ek wil ook graag by sê dat dit nie die eerste keer is wat so iets gebeur nie. Ons as kampeerders sal meer verantwoordelikheid moet neem om ons self te beskerm teen sulke goed. Daar is al reeds elders op die forum gesels oor veiligheid by jou kamp en wat jy daar aan kan doen.

Hoop om nog baie van jou insette oor julle kamp ervarings hier te sien.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 11/07/2018 - 07:42

Ek sal ook baie ongelukkig wees as so iets moes gebeur.  Verbeel julle daar was op ons kamp toegesak tydens die Kokoriba saamtrek!?  Ek dink dit sou ook 'n groot bohaai afgegee het.

Hello Elsa smiley

0
Centurion

Dusty

Thu, 12/07/2018 - 05:28

Is waar wat jy sê Johann. Dit bly maar n lekker plek. Ek glo dat ons op hierdie aarde geplaas is om mekaar te ondersteun en by te staan.

So kan ons misdaad bekamp

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 12/07/2018 - 07:54

Johann, ja ek glo ook sterk dat ons maar moet uitkyk vir ons medekampeerders.

Ek sit baie op die stoep en kyk al die jong dametjies uit, so doen ek ook maar my ou klein deeltjie.

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 12/07/2018 - 08:12

In ander lande noem hulle dit oorlewing ....Hier by ons is dit ons kamp so bietjie !!!

Ek dink ons almal besef tye het verander en dat sekere goed maar toe/vasgesluit moet word.

Ek het oom Len se voorbeeld gevolg met die vrieskassie en ysmasien wat altyd buite staan. Fietse sal maar aan die bakkie se sleepstang vasgesluit word en dan `n eerste ek gaan maar van nou af die wa se deur van binne sluit as ek loop slaap.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus