Vriende van ons (OupaGiep & OumaElsabe) kan nie meer hulle Desember vakansie by die Eiland maak nie en hulle soek iemand om hulle bespreking oor te neem.
Elsabé & Gideon Kleyn
Staanplek C27 (lans my bespreking)
2 Volwasse
9 Desember 2018 - 2 Januarie 2019
Volle bedrag R 8,914
Reeds R 1,000 deposito betaal (terugbetaalbaar aan ons)
Ja die plek is vinnig…
Ja die plek is vinnig opgeraap.
Ek staan op C26 hou baie van hom, meer as 27.
ATKV Eiland Spa ...
Ek sien nou op fb, lyk my Bennie gaan op pensioen. 😢
Skakel na fb.

Bennie Steenkamp
Ja Willem, hy het dit self met ons (die gaste) vanjaar gedeel tydens een van die inligtingsessies langs die swembad. As ek reg onthou, eindig sy dienste op 30 September. Hy't genoem teenoor een van die ander gaste dat hy graag langer sal wil aanbly, maar ATKV is klaarblyklik taamlik rigied wat aftree-ouderdom aanbetref. Sy vrou is werksaam by Miami Canners, gevolglik sal hulle graag in die omgewing wil aanbly. Hy't genoem dat hy dalk self vanaf volgende jaar 'n lankstaner sal word.
Hy'e 'n aangename en innemende mens, maar ek dink hulle besprekingsbeleid, wat hy uiters streng toepas (en na my mening nie sin maak nie), is pateties. Jy kan plek bespreek, as jy 'n lankstaner is, vir 'n spesifieke staanplek. Dit geld egter nie vir die winter-skoolvakansie nie. Daarvoor kan jy eers op 1 September bespreek en hoop en vertrou dat iemand jou nie voorgespring het om die betrokke staanplek (dalk selfs net vir 'n week) in die vakansieperiode te bespreek nie. Dit beteken jy moet trek vir daardie periode. Ek het al 'n uitstekende staanplek in 2017 bespreek (vakansie uitgesluit) - vanaf mid-Mei tot mid-Sep bespreek. Toe ek uiteindelik op 1 September 2016 telefonies deurkom, was die plek reeds vir iemand anders gegee vir slegs 10 dae van die vakansie. Ek sou noodwendig moes trek vir daardie 10 dae of 'n ander (k@kkerige) staanplek vat vir die hele periode. Ek moes maar die alternatiewe staanplek vat.
Ek het Bennie in sy kantoor gaan spreek oor hulle besprekingsbeleid, soos vele ander mense. Ek is vriendelik ontvang en 'n andersins aangename gesprek met hom gehad. Maar ek is maar stert tussen die bene daar weg nadat ek moes verneem dit is ATKV-beleid. Toe neem ek dit op met ATKV se hoofkantoor. Toe verwys hulle my e-pos na Bennie - wat my die indruk geskep het (reg of verkeerd) dat dit inderwaarheid sy beleid is. My verskoning aan alle partye as my aanname verkeerd is.
Maar ter afsluiting - ja, ek dink hy is oor die algemeen 'n goeie bestuurder gewees van Eiland Spa.





Uitstende plot. Ek ken hom.
Uitstende plot. Ek ken hom.