Nou ja woensdag oggend musina toe vir bietjie voorade. By die Mall is Petra by Checkers in en ek stap na die annerkant vannie mall, so bietjie 'Bird watching"
Op 'n stadium moet ek toe by 'n stel trappe afstap, sien daar onder kom daar so lieflike nimf aangesweef op pad bontoe. Sulke lang raafswart hare wat so parmantig wip as sy stap, sulke pragtige groot blou oge so entjie onder haar keel, hulle het net so effense wip as sy loop net genoeg om dit absoluut aanloklik en tasbaar te maak. Pragtige greon oge, parmantige klein wipneusie met so paar sproeitjies op, en dan....... daai lippe, sulke vol sagte soenbare lippies.....
Nou ja g'n mens sal my dan nou kwalik neem dat ek die eerste trappie mis trap, en daar gaat ek....... kop eerste op my maag gly ek daai trappe so wip wip af. Onder gekom le ek op so bondeltjie opgekrul, en toe my oge oppmaak, kyk ek in die diep groen poele van haar oge in, amper verdrink ek. Maar nou moet 'n man sy pose hou voor die jong dametjie so ek spring toe maar op sonder steune of kreune en reken nee wat ek is okey, so ou valletjie is mos maar alledaags.
Sy help my toe na 'n apteek waar ek pleisters en wie weet wat nog koop, altwee kniee rou, linker maermerrie vel loos, arm se velle af hand stukkend. So hink ek toe maar Chekers toe om vir Petra te kry.
Later die middag is die een knie geswel en potblou so ook my pols, maar dit is mos "Barn Dancing" vanaand! Praat toe met almal en se ek sal die musiek opsit, lekker klomp Hill Billy square dancing musiek afgelaai, ek sal die musiek maak en hulle kan dans. Almal besluit toe om dit maar net 'n braai te maak en die dans uit te stel tot ek weer kan dans.
Vandag darem beter, die blou is nou so siek groen kleur en kan weer stap sonder om kreupel te lyk.
Terloops Tannie Frieps geluk met jou span se oorwinning!!! Knap gedaan.
Ai Arie, hoop jy herstel gou…
Ai Arie, hoop jy herstel gou van die val, dit kon erger gewees het. Hou jou oë op die PAD broer, jy gaan seer kry.
Sjoe Arie. Jy moet mooi…
Sjoe Arie.
Jy moet mooi trap, daai heup moet heel bly
Yvonne se dit is eina as hulle hom moet vervang.
Sterkte daar by jou.
Harry ek hoop Yvonne herstel…
Harry ek hoop Yvonne herstel mooi. Ek neem aan alles het goed afgeloop wat die opperasie aanbetref? Ek wens haar 'n spoedige herstel sodat julle weer lekker kan kamp en toer! ![]()
![]()
Sterkte vir Yvonne Harry, en…
Sterkte vir Yvonne Harry, en spoedige herstel.
Harry, sterkte vit Yvonne. …
Harry, sterkte vit Yvonne.
Nee wat hierdie ou man se bene en heupe en goed is dalk skraal - maar hulle breek nie maklik nie, eet te veel vleis.
Sterkte oom Froggy, vir die…
Sterkte oom Froggy, vir die tannie ook . ![]()
Harry alle sterkte vir…
Harry alle sterkte vir Yvonne met die herstel.
Nog so klomp blou kole, rowe…
Nog so klomp blou kole, rowe en effens gevoelig, maar ja ek is orraait dankie.





Ai, Arie, die nimfies bring…
Ai, Arie, die nimfies bring jou meer in die moeilikheid as iets anders. Ek dink jy moet begin oogklappe dra sodat jy hulle eerder nie sien nie. Ek moet sê, dit lyk nie of daar veel fout is met jou sig nie. Sy kom daar van onder af aangesweef en jy sien selfs die kleur van haar ogies en die sproetjies raak.
Nee man, nou sit arme Petra met 'n krok en die dansery is in sy peetjie in.
Aan die ander kant, Arie sal nie meer Arie wees die dag as hy nie meer kan "kyk en geniet" nie. So, doe maar so voort en dra die gevolge.