6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 minutes ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -18 minutes ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -31 minutes ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -35 minutes ago
Swart span Springbok rugby Geert -48 minutes ago
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Gatiep grappie

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Gatiep sit eensaam en alleen in 'n verlate straatjie, morbied en sonder hoop.  Hy het alles verloor, sy werk, sy vrou en sy kinders.   Sy hart is stukkend.  Naby hom staan 'n klomp bottels, wynbottels.

Hy gryp die eerste bottel en gooi dit flenters teen die muur.  "Djy's daai riede hoekom ek my werk verloor het!"

Hy gryp nog 'n bottel, gooi hom teen die muur dat die skerwe spat.  "Djy's ok daai riede hoekom ek my Meraaitjie verloor het!"

Die derde bottel tref die muur.   "Djy, djy is daai riede hoekom ek never as te nooit weer my kindertjies ga sien nie!"

Hy vat die vierde bottel en sien dit is nog vol wyn.  "Staan djy bietjie daai eenkant, ek kan sien djy was nie involved nie!"

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus