Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -5 minutes ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 20/10/2018 - 07:55

Len ek het altyd gevind die droom en beplan van 'n vakansie is amper net so lekker as die vakansie self?

Ek stem 100% saam. Die oorlede skrywer, PH Nortjé, het in een van sy boeke wat gehandel het oor o.a. sy gesinsvakansies, geskryf: "Die beplanning van, en vooruisien na 'n vakansie, is soms amper lekkerder as die vakansie self."

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 20/10/2018 - 08:39

Neeeeee oom Voorrie, net nie dit nie, Een Nissan man hier rond is genoeg, ek deel nie graag nie en speel nie mooi saam ander maatjies nie. 😋😋😋😁😁😁

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 20/10/2018 - 12:14

Ai mense, ek sou baie graag langer wil kamp, veral in die Laeveld en Kruger Wildtuin en selfs daar wil woon, maar ek bly só lekker hier in die Kaap  -  ek gaan selfs vanmiddag rugby kyk op Nuweland !  En dan ons grootste trekpleister hier is ons kleinkinders, ek kan net nie sonder hulle nie !

Dus, ek mag nie huil en kla oor hoë brandstofkoste Wildtuin toe nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/12/2018 - 15:27

...............julle is lankal gatvol vir my Wildtuin-opgewondenheid, elke liewe jaar, maar laat my tog net toe om 'n bietjie wiskundig te raak :-

  • Elke jaar, uitgesonderd skrikkeljare het 365 dae
  • Die middelpunt van die jaar is dus : 365 ÷ 2 = 182½
  • Dus oppad na 182 dae is dus opdraende
  • Die plato is hafpad, dus by 182½ dae
  • Anderkant 182½ dae is dus afdraende
  • Vanaf vandag tot 5 Mei 2019 is 153 dae

Gevolgtrekking :-

Ek is oor die halfpad-merk Wildtuin toe en nou is dit afdraende tot daar !

Ns. Party ouens sê altyd : " kan nie meer wag nie".  As jy nie meer kan wag nie, wat dan  -  moet jy in jou broek dinges ?

Ek sê dus : Ek wag maar geduldig dat die oorblywende 153 dae verby tiek.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 03/12/2018 - 16:05

Middag Len

Mu innige simpatie met onttrekkingssimptome, ek sien ook uit na my naderende besoek aan wildtuin. Daar geboek die 1ste week in Junie, in Satara. 

As dit te erg word, neem 'n padkaart en beplan jou rit en besoekpunte. Ek moet nog myself oortuig om meer noord as Balule te gaan. Sien nie kans vir die Mopanie-struikveld nie.

Groete

Wessel

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 03/12/2018 - 16:44

Lennie, kan my indink hoe opgewonde jy is, maar jy sal moet bedaar, omies se bloeddruk moet maar dopgehou word. Te veel afwagting  gaaan jou slapelose nagte kos, en hier is n paar wat in die klein ure kom inloer, lyk nie na n lekker klub nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/12/2018 - 16:56

Dit klink my ek gaan 'n paar mense raakkamp in die wildtuin. Eerstens is ek en Len saam in Shingwedzi. As ek reg onthou kom ek en hy dieselfde dag (10 Mei) in Shingwedzi aan - hy vanaf Tsendze en ek vanaf Punda. Hy vertrek dan na 5 aande na Punda en ek vertrek na 10 aande na Tsendze. En by Letaba mis ons mekaar rakelings.

Verder klink dit amper asof ek en Wessel saam in Satara gaan wees as hy sê dat hy gedurende die eerste week van Junie in Satara is. Ons is in 3 - 10 Junie in Satara.

En gister het ek bloot toevallig uitgevind dat ek en my broer vir 3 aande saam gaan wees in Punda asook 3 aande in Shingwedzi.

Ja Len - ek is net so opgewonde soos jy. My slapies is darem 5 minder as joune voordat ons op 30 April inboek. En dan het ek darem ook nog die vooruitsig om vanaf 26 Januarie vir 3 nagte elk in Letaba, Mopani en Shingwedzi in rondawel/chalets te gaan bly wanneer ek kliënte in die noorde gaan sien.

Maar ek het ook 'n mate van ongerustheid in my om gedurende Apr tot Sep só lank weg te gaan indien onse liewe Eskom nog steeds gaan bollies aanjaag. En die vooruitsigte dat ons sonder hulle bollies gaan wees klink amper na 'n gegewe as jy lees en luister van hul probleme. Dit is oraait om sonder hulle klaar te kom terwyl jy kamp, maar my probleem is by die huis.

Len - Jammer dat ek nou jou lekker draad só kaap met laasgenoemde.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/12/2018 - 17:47

..........ek het laas in die Wildtuin vir my 'n nuwe kaartboek gekoop en lees lankal op verskeie forums en FB-groepe wie wat waar sien en dit word dan sorgvuldig op die nuwe kaart aangeteken.  Jy sal verbaas wees hoeveel keer gebeur dit dat jy maande daarna die betrokke wild in daardie selfde omgewing raak loop. (Selfs jare daarna, byvoorbeeld die wildehonde trop tussen Orpen en die Maroela-karavaankamp se uitdraai).  Dis heerlik om deur die Wildtuin te ry en op te let min of meer waar ander toeriste iets interessants gesien het.

Wessel, jy mis baie om die Wildtuin noord van Balule te vermy  -  dis pragtige wêreld, baie stiller en altyd vol verrassings.

Herman, moenie worrie nie, my huisdokter het reeds 'n tweede dosis medikasie voorgeskryf om die bloeddruk onder bedwang te hou. (Dis meer Eskom, die politiek en korrupsie as die Wildtuin wat my bloeddruk opjaag).

Chris, ons arriveer eers op 14/5 by Shingwedzi en gaan nog lekker saamkuier daar.  Wat Eskom se beurtkrag-streke betref terwyl ons in die Wildtuin is, gaan ek van "beurtkinders" gebruik maak.  My drie kinders woon in 'n radius van 5km van ons huis af en hulle sal maar beurte moet maak om te sorg dat alles by ons huis reg verloop.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/12/2018 - 18:21

In daardie geval Len (die feit dat jy eers 14 Mei in Shingwedzi arriveer) wil dit my voorkom of ons mekaar wel weer in Letaba ook sal raakkamp. Ons arriveer daar op 27 Mei en vertrek Satara toe op 3 Jun. En ek dink julle is daar vanaf 24 Mei en vertrek Balule toe op 29 Mei??

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/12/2018 - 18:25

'n Boer maak 'n plan. 

  My drie kinders woon in 'n radius van 5km van ons huis af en hulle sal maar beurte moet maak om te sorg dat alles by ons huis reg verloop. 

Jy mag maar opgewonde raak, wie gaan nie opgewonde raak om na so lekker  reis uit te sien nie?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/12/2018 - 19:51

......jy is reg, ons sal weer in Letaba kan saam kuier. Ons is daar vanaf 24/5 vir 5 dae.

Ons begin op 9/5 by Tsendze, daarna Shingwedzi, Punda, Letaba, Balule en laastens Krokodilbrug  -  by elkeen 5 nagte.

Lekker kuier om na uit te sien.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 03/12/2018 - 20:14

Ek hou net nie van die baie op-en-af slaan nie.  Staan eerder op een plek, maar ook bygesê ek het nog nooit die voorreg gehad om lank in die Kruger te kamp nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 04/12/2018 - 08:04

More kampers, Len en Chris

Ek dink ons moet hierdie uitlokking van Len met sy wildtuin fotos probeer stop. Ek kan nou nie op my werk konsentreer nie.

Chris: Ons gaan mekaar dan beslis raakloop in Satara, ek is geboek van 2 tot 8 Junie, en soos ek nou voel, probeer ek sommer vir nog 'n paar dae êrens, op pad in en uit. Sal uitkyk vir Hilux met CFM nommer[?]

Len: dit is 'n slim plan om op 'n kaart notas te maak oor wild voorkoms. Ek kry weer gewoonlik die wilde honde net voor[binnekant] laughvan Phalaborwa hek.

 

Groete

Wessel

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 04/12/2018 - 09:31

More Voortrekker

Daai "huwelik" werke gebeur oor naweke en vakansies. Ek is gelukkig om nog 'n amptelike werk te hê. Ek is werksaam as wetenskaplike by ons land se enigste 20MW navorsings kernreaktor. 

Groete

Wessel

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 04/12/2018 - 13:09

Len, die forum sal nie dieselfde wees sonder jou pre-Wildtuinkoors nie.   In elk geval, waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor.   Jy mag maar!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 04/12/2018 - 13:43

Middag  Chris

Ek is dan lekker verroes, ek dog CAM is vir die Caledonners.??

Groete

Wessel 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus