Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 ! (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

Vir dié...............
....................wat belangstel, hier is die reënvalsyfers tot en met Desember 2018 :-
Ons hoop en vertrou ook op …
Ons hoop en vertrou ook op 'n verdere meer nornale reënval vir die res van die somer. Ek gee nie om om bietjie nat te reën in die wildtuin nie.
Ek dink sommer onwillekeurig aan 'n 3-nagte Oktober besoek aan Shingwedzi 'n klompie jare gelede. Omdat ons goeie gehalte lamsvleis ken, maar (destyds) minder gelukkig was met goeie 'steaks', besluit ons toe om vir al drie aande lekker goeie gehalte 'rump steak' by die puik Park Slaghuis in Tzaneen te koop. In Phalborwa koop ek 3 sakke lekker bosveldhout.
Terwyl ons na Shingwedzi ry, begin 'n wind opkom. Daardie aand waai daar 'n onplesierige wind - van só 'n aard dat ons besluit om nie vuur te maak nie. Ons bak toe maar ons steak in 'n pan by een van die buite-kombuise.
Daardie nag begin dit reën - 'non-stop' tydens ons hele verblyf. Ons ry selfs die die laaste dag by Punda Maria-hek uit terwyl dit aaneen reën. Ons kon nooit vuurmaak nie en moes noodgedwonge elke aand ons steak in 'n pan gaan bak in die buite-kombuis. En ons ry met 3 sakke bosveldhout huistoe.
Wat die...................
..................gebrek aan braai in die Wildtuin betref, kan ek my indink dit was 'n ramp. Maar ai, daardie aanhoudende (Kaapse) reën is só nodig in die Wildtuin. Omdat ons altyd in die winter Wildtuin toe gaan, mis ons gewoonlik die reën daar, maar 2018 was 'n uitsondering. Ons het heerlike reën gehad terwyl ons by Balule gekamp het - kyk van die fotos wat ek hierbo op bl.4 geplaas het en dit was in Meimaand !
Ek wou...........
Ek wou nog sê, dis nou nog net 103 dae en toe gister val ons amper 70-jarige kamp-buddy met sy fiets, kraak se heup en breek sy regterbo-been bo die knie. Vanmiddag laat geopereer en aanmekaar geskroef, maar sy ortopeed sê hy sal reg wees vir die Wildtuin !
Wil jy nou meer ?
Wildtuin Buddy
Môre Len,
Lyk my jou Wildtuin kuier se dag tellings is amper so erg soos ek en die aftel pensioen toe. Vandag 48 werksdae.
Regtig jammer om te hoor van kamp-buddy se ongeluk.
Julle twee moet nou net nie 'n Naka Drotskie trek en te vroeg begin rondry na sy operasie en dan al wat Dokter is te wil blameer omdat dinge skeefgeloop het nie.
Glo sy Ortopeed sal die regte raad gee, maar as julle gereeld moet stop - hou by sy aanbevelings. Ek het sulke probleme ondervind die twee maal wat my Haakskeen senings afgeskeur was (ander dag se storie). Die operasiewonde en dieper gesondword was laaankal 100%, toe swel die goed nog erg as mens te lank sit, met gepaardgaande bloed toevoer uitdagings
Nou ja toe - ek gaan nou nie vir twee Seniors Preek nie maar soos ek gereeld sê - net Bojaan leer uit sy eie foute.
Julle moet erg geniet - teen JULLE tempo. Niks JAAG julle Seniors mos nie![]()
"Julle seniors"...........
Watwou André, een van die dae is dit mos "ons seniors" ! Jy het darem nou gou oud geword, nog net 48 dae !
Het jy nodig om 'n kursus deur te gaan vir die verandering van lewensstaat ?
Wat gaan jy doen op die eerste dag van jou pensioen ? Ek hoop jy haak daardie wa en gaan kamp.
Moet net.................
................gou sê ons is nou af van 'n drie-syfer getal voor ons Wildtuin toe gaan.
Dis nou nog net 99 dae dan staan hierdie twee kombinasies om 06:00 voor Phalaborwa-hek :

En twee ure later voor Tsendze se hek :
Wild kyk in Kruger hulp.
Dag se Veldmense. Hier is dalk iets vir party veld verslaafdes vir Oom Paul se plaas. https://www.latestsighti…
Dankie....................
Wit Eland, ek is ook 'n ou wat graag Latest Sightings se FB dophou as ek nie in die Wildtuin is nie. Ek het die gebruik om interessanthede (nie noodwendig net die Groot 5 nie) 'n paar maande voor my Wildtuin besoek, op my kaartboek aan te teken by die areas wat ons wel gaan besoek. Dis hoekom ek so lekker "opgewerk" raak voor my Wildtuin-kuier.
Ek hou daarvan om die natuur te geniet en dan kyk ek self watter wildlewe waar uitspring. LS het 'n app. waar mense mekaar begelei na meestal Groot 5 besigtigings, maar ek hou niks daarvan nie want dit veroorsaak 'n onnatuurlike gedrang van mense - vir my neem dit juis die ware karakter van 'n Wildtuin besoek weg, veral daardie verrassende oomblikke van iets wat skielik gebeur of voor jou oë verskyn.
Maar vir die net Groot 5 soekers, mag die LS-boek dalk van waarde wees.
Len, ek het daai LS…
Len, ek het daai LS toepassing op my tablet gehad, maar dit het my mal gemaak met die gezoem en gegons, dit paar jaar terug maar af gehaal.
Soos jy sê, dit verander die hele prentjie van plesier ritte, na 'n dol gejaag na 'n hele verkeers op een hoping, en almal raak net gefrustreurd.
Verskoon tog.................
Verskoon tog dat ek die saak bloots ry, maar dis nog net 89 dae oor voor ons Wildtuin-trippie begin.
Ons kampbuddies met die Landcruiser en Bushlapa moes onttrek uit die Wildtuin-kuier. Ek het mos vertel hy het drie weke gelede met sy bergfiets geval, bo-been gebreek en heup geraak. Na sy operasie het hy groot probleme gehad met 'n bloedklont in sy long en is vandag eers uit die hospitaal ontslaan. Hulle moes noodgedwonge toe maar die Wildtuin-besoek afstel.
Jammer om dit te hoor Len…
Jammer om dit te hoor Len. Gelukkig is jy 'n ou wat ook alleen met jou wederhelfte kan kuier.
Die lekker van Len se draad…
Die lekker van Len se draad is as hy terug is dan is dit my beurt ![]()
Ja.............
Ja Willempie, dis daardie selfde gevoel wat ek nou kry met Chris se terugkeer vanuit die Wildtuin !
Chris, ek wou nog sê, dit is so dat ek en my annerhelfte baie lekker die Wildtuin op ons eie geniet. Maar dit gebeur keer op keer dat nadat ons bespreek het, verneem pelle of hulle nie ook kan saamgaan nie. Ons eerste drie kampe is nou wel pel-loos, maar daarna sluit eers Zim-vriende vir 3 dae by ons aan in Letaba en daarna Strand- en Moorreesburg vriende vir die oorblywende kampe. Ons opset werk so dat ons nie in mekaar se spasie beweeg nie, elkeen is op sy eie en saans kuier ons saam. Soms sal ons miskien 'n ontbyt of brunch by 'n piekniekplek saamslaan, maar daarna is elkeen weer op sy eie.
Ai, maar dit bly darem 'n wonderlike vorm van vakansie !






Dankie..............
.....................Chris, sien baie uit na jou verdere terugvoer. Fotos wat mense daagliks in die Wildtuin neem, lyk almal lowergroen en ek hou dus maar duim vas dat dit in Mei nog so sal lyk. Vir julle onthalwe hoop ek op 'n lekker donderstorm of twee sodat julle die vloeiende riviere kan ervaar.