Dit is nou al geruime tyd dat ek spook om die Penta se dak, veral agter bo die bed, op te lig. Vrydag besluit ek, genoeg is genoeg, ek gaan die gaslifts afhaal en toets.
Die gaslifts is nog redelik stuif, maar vir 'n swaar dak, en ou skouers, te lig in die broek. Ek kon net by Diesel Electric reg kom met "heavy duty" gaslifts. Ek bestel vier wat teen 600n druk gepomp moet word, en kry die goed vanoggend.
Al het hulle met "elbow baljoints" uit gekom, steur ek my nie daaraan nie, ek het mos die ou ogie hake wat ek net kan omruil, kom by die huis en leer 'n les, moenie jouself tegnies ag as jy nie is nie. Die "shaft" van die swaar diens gaslifts is dikker, en dit kos my weer terug ry Vereeniging toe om die "baljoints" met reguit ogie tipe hake om te ruil. Hulle het nie in voorraad nie!!! Bestel weer van Spring tak af en hoop om dit more hier te hê.
Wel, gelukkig gaan dit my net petrol geld kos, dit word net om geruil.
Volgende keer, vat ek alles saam, en maak seker die kompleet besteling is reg.
Ek hoop jou rumatiekskouers…
Ek hoop jou rumatiekskouers sal daardie 600n kan indruk en ook uittrek ,dit is nogal n moeilike maakpas. Sterkte!
Ja nee ek het reeds die…
Ja nee ek het reeds die koevoet skoon gemaak, wil nou nie die dak bemors nie😂
Johan, dit is makliker om…
Johan, dit is makliker om uit te haal as om terug te sit. Jy moet met een hand die silinder druk en hou en ander hand om die bout in te druk. Ek het lekker alleen gesukkel. Hoop jy het iemand om jou te help en vergemaklik. Die gaslift roes vinnig by die see. Kry by elektriese handelaars die wit plastiek omhulsel wat oor die gaslift gaan en gebruik haardroer om die omhulsel laat krimp.
Noel, ja ek het reeds "heat…
Noel, ja ek het reeds "heat shrink" hier by my wat ek kan op sit, dankie vir die oulike idee👍
Johann, my broer het n "tool…
Johann, my broer het n "tool" gemaak om die silinder in gedruk te hou en dan is dit maklik om dit terug te sit.
Ek het iewers n foto van dit. Sal later dit probeer opspoor en dit hier plaas
Sterkte Johann Gebruik…
Sterkte Johann
Gebruik prolong, smeer dit aan jou arms dan sal jy daai 600N maklik toe druk ![]()
Voorie, julle spot alweer…
Voorie, julle spot alweer met arme Willie weet als!
Dankie Stoffel, moet eerlik…
Dankie Stoffel, moet eerlik sê, ek het al aan so baie "planne" gedink, maar vir elke kort pad, is daar 'n ompad😅
Anton, ek het weer gedink pro short sal beter werk, die paal is te lank (moet mos korter wees in om in te pas)😄
Voorie, julle spot alweer…
Voorie, julle spot alweer met arme Willie weet als!
Ek dink hy moet 'n nuwe bynaam kry? Pro-gone?
JohannL kry mens sulke goed? Moet dit net nie aan die verkeerde paal smeer nie
- ok, back to topic ![]()
Johann dalk moet jy "STAY…
Johann dalk moet jy "STAY SOFT" gebruik tot hy eers in plek is...
Deon, ek het nooit daaraan…
Deon, ek het nooit daaraan gedink nie😂😂
Johann, ek kon nog nie die…
Johann, ek kon nog nie die foto opspoor nie. Ek sal maar vir jou 'n skets maak
Ai hoe hartseer raak ek nou,…
Ai hoe hartseer raak ek nou, Petra is 'n expert op stay soft, sy roem daarop dat sy nooit "kopseer" het nie, maar sy gooi altyd bietjie stay soft in my koffie, dan is daar geen tent opslanery nie.
Dankie Stoffel, ek sal…
Dankie Stoffel, ek sal daarna kyk en probeer👍
Johann, ek dink dit was iets…
Johann, ek dink dit was iets van die aard. Hoop dit help.

Arie die tent opslaan is nie…
Arie die tent opslaan is nie die probleem nie, dit is die dak opslaan waar die stay soft benodig word.![]()
Stoffel ek het nogal gedink…
Stoffel ek het nogal gedink om groot wasters te gebruik wat ek net oop sny om weer uit te kan haak, jou skets lyk goed👍
Kyk, ek is alleen om die…
Kyk, ek is alleen om die ding te doen, so, ek gaan alle advies probeer, voor Vrydag moet my wa klaar wees"👍 dan begin ek Maandag weer skoon maak waar dit reeds skoon is😂





Wag tot jy by die terugsit
Wag tot jy by die terugsit kom met daai nuwe 600N skokbrekers