Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Verskoning Geert -33 minutes ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago

Jurgens Ci daarmee heen ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is bewus van die volgende :

  • Dat heelwat Jurgens Ci handelaars hulle agentskap opgesê het of dat hulle nou 'n "multi-franchise" beleid volg om ook ander fabrikate te verkoop. 
  • Dan is dit natuurlik ou nuus dat Imperial Holdings hulle eienaarskap van Jurgens Ci aan die eienaar van Comet Caravans verkoop het. 
  • Dis ook redelik ou nuus  dat daar baie ongelukkigheid by handelaars is/was dat voorsiening van voorraad onderdele en/of nuwe karavane onbekombaar / moeilik bekombaar geword het
  • Dis ook bekend dat die nuwe eienaars van Jurgens Ci hulle vasgeloop het in 'n lam-lê staking van personeel wat blykbaar onseker is/was oor hulle toekoms na die oorname deur die nuwe eienaars.
  • Dis ook bekend dat die kwaliteit van produkte uit die fabriek veel te wense oorgelaat het en dat eindverbruikers al meer ongelukkig was met die produkte wat hulle gekoop het.
  • Dan blyk dit dat die nuwe produkreeks met gemengde gevoelens deur die woonwamark ontvang is.

Ek het ook opgemerk op sosiale media dat daar heelwat vennynige kommentare gelewer word oor die voortbestaan van Jurgens Ci, moontlik geregverdig uit ontsteltenis, maar ook moontlik om ander redes.

My kommentaar :

Ek is al 49 jaar 'n Ci en later Jurgens Ci kliënt en oor hierdie periode het daar nog altyd een van hulle produkte op my perseel gestaan, met jare-lange wonderlike vakansies -herinneringe in een van hierdie produkte.

Ek sou bitter hartseer wees as hierdie onderneming moet ondergaan en my uiterste wens is dat die probleme oorbrug sal kan word sodat :-

  • Ons steeds 'n woonwa-vervaardiger het wat betroubaar sal wees met 'n netwerk van dienslewering oor die hele Suid-Afrika
  • Ons 'n woonwa-vervaardiger sal hê wat trots Suid-Afrikaans is
  • Die werknemers van die Jurgens Ci hulle werk sal behou en die onderneming ondersteun om weer 'n gerekende maatskappy in die bedryf te wees
  • Dat daar 'n produkreeks sal wees wat die Suid-Afrikaanse kampeerbedryf sal geval

 

LEES OOK HIER:    JURGENS Ci Die WAARHEID

Vaalpark

Johann L

Fri, 10/08/2018 - 21:29

Ek het iewers gelees dat oud JCI  mense nou hul eie ding begin doen het, kan nou nêrens dit kry nie?

Ook dat Clive nou weg is daar?

Wonder of dit Sesation ook gaan raak, hulle is mos ook uit gekoop deur die nuwe eienaar, van Comet.

0
Middelburg

Noel

Fri, 10/08/2018 - 21:51

Len, ek het verlede week by Devoetpadkloof Buitelewe skou gesien dat Middelburg Ci  franchise met Invader en Sherpa produkte en Witbank Ci franchise met Bushwakka produkte.  Jurgens 2017 broodblikke modelle  reeks het einde 2017 gestaak agv swak verkope en hierdie jaar het ou Jurgens reeks weer terug gebring en lyk die verkope het ook nie verbeter nie. 

Ek het verlede jaar Maart die laaste ou Jurgens reeks splinternuwe Fleetline gekoop vir R230000 met lugreeling ingesluit en vanjaar dieselfde model Fleetline bietjie meer eenvoudiger binne sonder lugreeling vir R 339000. Verskil van R109000 in 17 maande. Belaglik !!! Min kan vandag nuwe karavane se pryse bekostig en dis daarom 2de karavane mark versterk het en boswaens gewild raak.

Ongeag die fabriek wil of het toegemaak  is my leuse nog steeds " behou en pas jul karavane op soos goud" en is nog steeds die lekkerste en beste huis op wiele. 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 11/08/2018 - 08:15

Len, Johann,Deon en ander dis nie goeie nuus nie eerste onderdele gaan n probleem raak , baie mense gaan n inkomste verloor hoop iemand step up ruk die plek reg

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 11/08/2018 - 08:33

Baie waar wat jy sê Shaun, die laaste drie, of so, jaar was maar 'n ergere gesukkel al reeds met enige iets wat van JC I af moes kom. My ou Penta sal nou nog meer as tevore mooi vertroetel moet word.😃

0
Middelburg

Noel

Sat, 11/08/2018 - 08:46

Dis daarom baie Ci agente franshise  ander plaaslike markte om bestaan te maak en hul eie werkers te kan behou. Net paar Ci takke behoort aan die eienaars van Ci. Hoop regtig die Ci fabriek gered word en pryse te verlaag om verkope weer " go "  te gee !!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 11/08/2018 - 11:51

My opmerking of waarneming oor Jurgens is dat ek word vertel dat daar seker net so 10% van die kennis om karavaan te bou oor is.  Die meeste van die werknemers is reeds weg daar.  Hulle is in groot finansieel gemors wat die werkers wat oor is kry nie betaling nie en dan is daar glo ook groot skuld aan SARS en selfs Imperiaal is nog nie betaal nie.

Dit laat my wonder of wat oor is die bestaan van die fabriek kan laat voort gaan ?

Is daar genoeg kennis oor om weer goeie produkte in die mark te stuur wat die naam Jurgens weer sal kan laat op staan ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 11/08/2018 - 14:42

Ek het 'n "post" geplaas en gevra wat aangaan by die Jurgens Fabriek want ek het gehoor hulle gaan hulle deure sluit.

Dit het nogal baie kommentaar gelok oor wat aangaan by Jurgens.

Dit wil my voorkom of van die wat nog daar is nie die gesprekke en kommentaar wat geplaas is mee tevrede is nie.  Daar is baie kapsie gemaak oor die kommentaar wat geplaas was.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 11/08/2018 - 16:12

Willem nee wat jy gedoen wat baie net se dis nie my probleem dis n probleem wat al ons kampers raak dankie dat jy onderwerk geroer het

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 25/08/2018 - 17:20

Het julle ouens aandele in Cijurgens of hoekom worry julle so???

As hulle vou dan vou hulle, watse vreeslike ingewikelde parte het 'n wa nou eintlik nodig?

Enige ou wat reparasies doen kan mos self panele en al daai goete maak, chassis, aste, hakke en so kom van Alco af.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 25/08/2018 - 18:07

Wat my opinie betref, die Numsa/JurgensCi praatjies op FB is die grootste twak onder die son  -  nie die moeite werd om dit eers te debatteer nie.

Arie, ek worrie nie, maar dit sal net baie jammer wees as so 'n jare-lange onderneming in Suid-Afrika moet ondergaan.

0
Middelburg

Noel

Sat, 25/08/2018 - 20:24

Ek het die week met die bestuurder van G C Caravans van Witbank bespreek en hulle gebruik privaat instansies om onderdele van Jurgens, Sprite en Gypsy te kry. Ons hoef nie verlore voel net soos Arie dit noem. Bushlapas boswaens gaan baie groot word.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 26/08/2018 - 20:29

Die mees betroubaarste kommentaar oor hierdie kamtige NUMSA/JurgensCi sage wat ek kon kry, kom van Franscois Huysamen, redakteur van Caravan & Outdoor Life. Hy het persoonlik met die nuwe eienaar (voornaam nou vergeet) Kyriacou gepraat wat tans die "Caravan Show" in Düsseldorf, Duitsland bywoon.  Volgens Kyriacou sal die NUMSA-storie nooit realiseer nie en Francois beoog om met NUMSA en ander rolspelers in die week te gesels.  Hy sê ook JurgensCi-eienaars hoef nie bekommerd te wees nie aangesien verskeie handelaars planne beraam om dienste, herstelwerk en onderdele te verskaf.  Franscois se voorstel is, kom ons wag om amptelike kommentaar van die nuwe eienaar van JurgensCi te bekom en ek voeg by...sonder om op loop te gaan met vakbond-praatjies aan werknemers  -  trouens, dit is heelwaarskynlik hierdie einste vakbond wat die fabriek na die nuwe oorname met stakings tot stilstand gedwing het.

Ns.  Ek hou van ondersoekende joernalistiek en bogenoemde is ongelukkig die enigste wat ek kon opspoor van 'n betroubare woonwa & kampering tydskrif.  (Dalk het ek ander betroubare ondersoekende berigte mis gekyk).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus