Wen R 2000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry (Cadhouse) en kampforum.co.za vir die R2000 prys borg! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige forum lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou of jou gesin / groep geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " Nou kamp ons / ek lekker" m.a.w. enige foto's van hoe lekker jy of jou gesin of groep kamp.
Prysgeld: Die R 2000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek hier: - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse en kampforum) Aan die einde van die 1ste kompetisie fase sal finaliste gekies word waarvoor daar dan gestem sal word om die wenner te bepaal.
Ek gaan hopelik die wen foto…
Ek gaan hopelik die wen foto opsit tydens ons kamp een van die dae. ![]()
![]()
Pragtig, hou baie van daai…
Pragtig, hou baie van daai laaste een.
hou baie van daai laaste een…
hou baie van daai laaste een.
Nou is daar lekker kompetisie! ![]()
Ek hou ook baie van daai…
Ek hou ook baie van daai aand foto, dankie Andre.
Kyk hoe mooi weerkaats die vuur se lig op die gras.
Pragtige foto daai, Herman. …
Pragtige foto daai, Herman. Wat se kans staan ek nou hier tussen foto's van Namibië, Angola, Sossusvlei??!! Hier staan ek by doodeenvoudige Van Stadens in die Ooskaap. ![]()
![]()
Mooi foto's julle. Hou ook…
Mooi foto's julle.
Hou ook van neef se Sossusvlei foto, asook die een van Andre met die vuur in die voor grond.
Julle moet die foto's gooi, dit is te stil hier.
Hoe meer die borg geld hoe stiller raak almal. ![]()
So sit ons kamp op. foto1…
So sit ons kamp op.
foto1
foto2
foto3
Arie, jy sal nogal handig…
Arie, jy sal nogal handig inkom as die wind so waai hier by ons ook.![]()
Hy' in elk geval so maer…
Hy' in elk geval so maer soos 'n paal.
Dankie oom Arie, moet net…
Dankie oom Arie, moet net nie ons dop mors nie. ![]()





My laaste foto
Kersfees by Vrededam 2012