Hey, al julle Slim Piete, wie kan ek nader om my Campmaster vrieskas te herstel?
Dit het net eensklaps sonder geluid, snaakse reuk of nuk ophou werk.
Ek weet dit het 'n Danfoss kompressor eenheid in en het maar net gewonder of julle weet wie dit kan herstel.
Ek luister uit vir julle raad.
chrisbeachbum Probeer…
chrisbeachbum
Probeer Snomaster hulle het 'n werkswinkel.
Johannesburg
Operating Hours:
Mon-Fri - 7:00am – 17:00
Saturday - 7:00am - 13:00
Tel: 011 392 5315 / 3147
Alternate: 081 336 5947 / 081 302 7430
Fax: 011 392 4198 086 603 7155
Physical Address:
49 Koornhof Rd,
Meadowvale,
Germiston
GPS: 26°08'52.4"S 28°10'41.7"E
chrisbeachbum Hier is…
chrisbeachbum
Hier is campmaster se kontak detail vir hulle call centre.
Tel: 0861 CMINFO (0861 264636)
Ek ou duimvas jy kom reg.
Groete
Probeer Snomaster hulle het …
Probeer Snomaster hulle het 'n werkswinkel.
Hopelik is hulle diens net so goed soos Snomaster s'n. Myne was ook in vir herstel so 'n jaar gelede (snomaster).
Dit lyk vir my....
Dit lyk vir my julle manne sukkel met die kwaliteit van deesdae se vrieskkas-produkte. My 27 jarige 3-way Edesa vrieskassie het in sy 27 jaar van bestaan nog nooit die binnekant van 'n werkswinkel gesien nie - werk nog strykdeur op al drie energie bronne 100% !
Interessant, myne het ek op 28 Oktober 1991 self by die Edesa fabriek (voor hulle bankrot is) in Powerstraat 27, Germiston vir R870.75 gekoop en ek merk dat Snomaster ook in Germiston is, alhoewel in Koornhofstraat 49. Dalk nog dieselfde mense van destyds ?
Ek het nou altwee 3-way…
Ek het nou altwee 3-way yskassies "laat reg maak" hier in Vanderbijlpark, en al twee was, volgens die werkwinkel, onherstelbaar. Laat mens wonder of dit werklik onherstelbaar was, en of dit 'n groter wins verkope sou wees.
Hier is tans een, slegs 220V, wat ook net die goed bo vries, onderste kos word sleg. Ek weet nie of ek die vrieskas self moet weg gooi, nadat ek dit "onherstelbaar" gemaak het nie, en of ek dalk vooraf gevrieste kos moet inpak en nog een keer moet probeer nie.
My 27 jarige 3-way Edesa …
My 27 jarige 3-way Edesa
Dit is ongelooflik Len!
Johann..
My Edesa vrieskassie se handleiding (in suiwer Afrikaans !) beveel aan dat vir absorpsie vrieskaste moet jy onder-in die vrieskas 'n koek-staander plaas sodat die koue lug kan sirkuleer. Hulle beveel ook aan dat jy reeds gevriesde produkte daarin moet plaas en dat jy die vrieskassie twee dae voor die tyd moet "op start". Jy moet ook sorg dat die vrieskassie altyd 100% waterpas staan met genoeg lug-sirkulasie agter. Hulle sê ook dat ys nie sal vorm in plastiek ysbakkies nie, maar wel in alluminium ysbakkies.
Ek volg hierdie aanbevelings slaafs na en selfs na 'n 36 dae besoek aan die Wildtuin is die vleis wat ons nie gebruik het nie, nog steeeds kliphard gevries !
Len, dankie vir die tip, ek…
Len, dankie vir die tip, ek sal dit probeer, dit maak baie sin, wat die handleiding daar weergee.![]()
Die vrieskassie het eindlik sentimentele waarde, het dit by my skoonma gekry.





(No subject)