6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -18 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

Karavaan lugdraad

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het 'n klompie jare terug 'n motorradio in ons Exclusive geïnstalleer met 'n lugdraadjie permanent gemonteer teen die regterkantste symuur, voor. Foto hieronder.

Die lugdraadjie het heel goed gewerk, maar het nou begin roes en moet vervang word. 'n Verdere probleem was die lugdraadjie is 'n bietjie lig in die broek vir afgeleë plekke (soos in die noorde van die Wildtuin) en dan moet ek eers 'n draad span na 'n boom of soiets om 'n beter opvangs te kry.

Ek het nou al oral gesoek vir 'n sy-gemonteerde lugdraad waarvan die "aerial"-gedeelte kan afskroef terwyl 'n mens ry. Midas en Game het dit nie en motorradio-plekke is so skaars soos hoendertande.

Enige aanbevelings ?

.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 19/09/2018 - 11:13

Len, dagsê.

Ek het jare gelede 'n lugdraad gekoop by 'n plek wat motorradios installeer wat net so 'n plat affêre was, sê maar so 45cm, wat jy sommer BINNE daardie rakkie/kas plak, uit die oog uit. Hulle het te vertelle gehad dit het versterkers ens., in, en blykbaar soortgelyk aan die wat in sommige motors êrens naby agtervenster buite sig geplak word.

Weet net dat ons nooit enige ontvangsprobleme gehad het waar ons ookal gekamp het nie. Dalk is hier slimmer mense wat kan raad gee.

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 19/09/2018 - 15:06

Magtag, het lugdrade ook nou al 'n BEE rating, vang dan seker net Zulu op, en daai Shark fin, nee man dan moet ons heeldag na die sharks se rugby luister??

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/09/2018 - 19:08

Len, soos Frans sê,  jy kry wat hulle noem, "power amplified" of so iets, lugdrade, myne is sommer binne in die kop kas vas gesit. Buite sig en daar is so rooi LED wat wys dat dar krag (12volt) op is, maar ongelukkig werk myne nie so wonderlik nie?

0

Middag mede kampers

Ek is verstom dat julle enigsins lugdrade aan julle waens monteer.

Die nadeel van so 'n lugdraad is dat dit enige harmonieuse bewegings binne 'n wa uitbeeld na buite.

Gaan luister liewer nuus in julle sleepvoertuie.

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/09/2018 - 15:33

'n Mens sorg mos dat jou hoekstutte stewig vas is, of jy nou iets beplan of nie !  En jy sorg dat jy 'n stywe lugdraad het - ek praat natuurlik van die radio s'n !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/10/2018 - 20:51

Ek het toe reggekom met 'n nuwe lugdraad by een van die grootste Midas winkels in die Kaap.  Dis 'n teleskopiese lugdraad wat swart geverf is en nie behoort te roes nie.  Dit kan lekker hoog uittrek en dit behoort dus goeie opvanga te verseker.  Die beste nog is dit kan heeltemal uit die voetstuk uitskroef en hoef nie buite te bly wanneer nie ingebruik nie of tydens 'n rit.

Let ook op dat dit spesiaal voorsiening maak vir Wessel se probleem hierbo dat die swaai daarvan harmonieuse bewegings binne gaan verklap.  Let daarop dat daar 'n addissionele stut is wat keer dat die lugdraad swaai !.

Jammer vie die swak foto, ek het dit in die aand geneem.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/10/2018 - 14:49

Leeu, ek het voorheen in my destydse Penta ook die lugdraad binne gemonteer, maar die opvangs was nie op afgeleë plekke goed nie.  In my Exclusive het ek wel die kort lugdraadjie buite gemonteer wat meestal redelike goeie opvangs verseker het.  Maar by afgeleë plekke soos in die noorde van die Kriger Wildtuin en in die Kgalagadi, moes ek altyd 'n addissionele draad as bykomende lugdraad span.  Dit het my geïrriteer en vandaar 'n lugdraad wat lank kan uittrek om beter opvangs te verseker.

Omdat ek die montering self gedoen het, het ek baie seker gemaak dat geen druppel water daar sal kan insypel nie.

0

Hello Len

Dit lyk of jy 'n baie praktiese lugdraad opgespoor en monteer het. Lekker luister oral.

Niks fout met Saterdagaand klassieke keuse op ou RSG stasie nie.

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/10/2018 - 18:29

Wessel, jy noem nou iets interessant : ek en my anner helfte luister graag Saterdagaande die oudste program op RSG, "U eie Keuse" en daarna, dansmusiek "Kap Dit Uit", dan "Country & Western" en na die 11 uur Nuus  sommer net nog ligte musiek tot midderrnag.

Soos jy kan sien, ons het goeie, stereo radio-opvangs nodig oral in die land en ek is vol vertroue my nuwe lugdraad gaan die nodige doen.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 09/11/2018 - 12:14

.............nuwe, uittrek teleskopiese lugdraad het sy ding gedoen in die Bontebok Nasionale Park.  Hier is 'n beter foto, lugdraad uitgetrek op sy volle lengte.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus