BLOU BUL
Die blou bul eet nie van die vloer af nie.
Die blou bul weet nie van verloor af nie.
Die blou bul sukkel nie sy roer af nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek skree nie WP nie, ek bly 'n bul.
Ek skree nie OP nie, ek bly 'n bul.
Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n bul.
Laat staan die Sharks en die Leeus,
en die hele blêrrie spul.
Die blou bul tjank nie by sy pa hulle nie.
Die blou bul tjank nie by sy ma hulle nie.
Die blou bul tjank nie by die pale nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Die blou bul rol hom nie 'n mielie nie.
Die blou bul kan hom ook nie kielie nie.
Die blou bul is hy nie 'n bielie nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek roep vir Frik du Preez, hy sal my hoor.
Ek vra vir Thys Lourens, bly op my spoor.
En gee vir Naas Botha, hy stop hom oor.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek sit vir Fanie voor, kan jy hom vang.
Ek het vir Rubin ook, maak hy jou bang.
Vat Uli Schmidt jou vas, los y jou mank.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat.
Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.
Ek pass vir Josie uit, jy maak jou nat.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Al ooit gewonder waar sit 'n…
Al ooit gewonder waar sit 'n vis se poepol?
Hy sit agter die vistok by die Vaaldam met 'n blou bul trui aan.
Ek is seker hy het nog 'n bier in die hand ook?
Voorie, ek dink jy raak…
Voorie, ek dink jy raak darem nou erg persoonlik???
Ordentlike Blou Bul sal nooit by die Vaaldam sit nie, ons los dit vir die leeutjies.
Is hôl nie n mooier woord as…
Is hôl nie n mooier woord as poepol miskien👀😂
Jammer Arie. Laat ek dit…
Jammer Arie. Laat ek dit regstel.
"Al gewonder waar sit 'n vis se poepol? Hy sit agter die vistok by Durban se hawe , met 'n Sharks trui aan!" ![]()
Nee Gesie, vis holle kry…
Nee Gesie, vis holle kry mens innie kaapse hawe! ![]()
![]()
Mmmmm.... Nou moet die…
Mmmmm.... Nou moet die SHARKS dit ontgeld. Oom Voorrie, jou hôl man. 😅😅😅
Julle laat my lekker lag!! …
Julle laat my lekker lag!! Voories, die Blou Bulle sal jou afslag dat net die Blou B..... oorbly! Die Sharks sal nie eers 'n hol laat oorbly nie.![]()
Kyk hoe verlei julle my nou om stout te raak. Sien dit maar as Vrydag se stout grappie. Eintlik alles Gees se skuld. Hy begin altyd alles......
Is ek nie veronderstel om 'n…
Is ek nie veronderstel om 'n modergooier of iets hier te wees nie?
Sies man julle taal gebruik laat veel te wense oor, onthou asb my twee jarige kleinkind lees ook hier.
Ek dink sulke vieslike woorde soos SH$%ks moet verban word hier!
Ja asseblief hou julle taal…
Ja asseblief hou julle taal in beheer, of anders verlaat ek die forum.
Ek het al geleer van "Kamer…
Ek het al geleer van "Kamer verlaat" op skool, beteken "Forum Verlaat" dieselfde?
Hier word opgegang teen n…
Hier word opgegang teen n CHAMPION span.
Noudat Arie daarvan praat…
Noudat Arie daarvan praat. Graad een juffrou leer kinders dat as hy/sy wil toilet toe gaan moet hy vra om die kamer te verlaat. Na n rukkie sê die een outjie: juffrou juffrou Jannie het die kamer op die vloer verlaat.
Nee oom Sleep, sal maar…
Nee oom Sleep, sal maar eerder nie, daai bloues sal die hele wereld beskuit, dan gly almal rond op daai veld. 😀😀😀





Ek dink die Sharks sal ook…
Ek dink die Sharks sal ook vir hulle sulke oulike truitjies en onderbroekies moet aanskaf, dalk sal hulle dan ook kan rugby speel?
