Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -27 minutes ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -41 minutes ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Die Blou Bul

Centurion
Submitted by Voortrekker on

BLOU BUL

Die blou bul eet nie van die vloer af nie.

Die blou bul weet nie van verloor af nie.

Die blou bul sukkel nie sy roer af nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek skree nie WP nie, ek bly 'n bul.

Ek skree nie OP nie, ek bly 'n bul.

Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n bul.

Laat staan die Sharks en die Leeus,

en die hele blêrrie spul.

 

Die blou bul tjank nie by sy pa hulle nie.

Die blou bul tjank nie by sy ma hulle nie.

Die blou bul tjank nie by die pale nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Die blou bul rol hom nie 'n mielie nie.

Die blou bul kan hom ook nie kielie nie.

Die blou bul is hy nie 'n bielie nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek roep vir Frik du Preez, hy sal my hoor.

Ek vra vir Thys Lourens, bly op my spoor.

En gee vir Naas Botha, hy stop hom oor.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek sit vir Fanie voor, kan jy hom vang.

Ek het vir Rubin ook, maak hy jou bang.

Vat Uli Schmidt jou vas, los y jou mank.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat.

Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.

Ek pass vir Josie uit, jy maak jou nat.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

Centurion

Voortrekker

Fri, 16/11/2018 - 13:53

Al ooit gewonder waar sit 'n vis se poepol?
Hy sit agter die vistok by die Vaaldam met 'n blou bul trui aan.
Ek is seker hy het nog 'n bier in die hand ook?

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/11/2018 - 14:33

Voorie, ek dink jy raak darem nou erg persoonlik???

Ordentlike Blou Bul sal nooit by die Vaaldam sit nie, ons los dit vir die leeutjies.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 16/11/2018 - 14:37

Jammer Arie.   Laat ek dit regstel.

"Al gewonder waar sit 'n vis se poepol? Hy sit agter die vistok by  Durban se hawe , met 'n Sharks trui aan!"  devil

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 16/11/2018 - 15:15

Julle laat my lekker lag!!    Voories, die Blou Bulle sal jou afslag dat net die Blou B..... oorbly!  Die Sharks sal nie eers 'n hol laat oorbly nie.surprise

Kyk hoe verlei julle my nou om stout te raak.   Sien dit maar as Vrydag se stout grappie.  Eintlik alles Gees se skuld.  Hy begin altyd alles......

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/11/2018 - 15:16

Is ek nie veronderstel om 'n modergooier of iets hier te wees nie?

Sies man julle taal gebruik laat veel te wense oor, onthou asb my twee jarige kleinkind lees ook hier.

Ek dink sulke vieslike woorde soos SH$%ks moet verban word hier!

0
Centurion

Dusty

Fri, 16/11/2018 - 19:29

Noudat Arie daarvan praat. Graad een juffrou leer kinders dat as hy/sy wil toilet toe gaan moet hy vra om die kamer te verlaat. Na n rukkie sê die een outjie: juffrou juffrou Jannie het die kamer op die vloer verlaat.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 16/11/2018 - 19:43

Die vlou bulle kort vir ou poeeeeh gesie hulle sal hardloop met ou gesie agter hulle

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 16/11/2018 - 20:29

Nee oom Sleep, sal maar eerder nie, daai bloues sal die hele wereld beskuit, dan gly almal rond op daai veld. 😀😀😀

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus