Ek het so soort van 'n klein aandeeltjie in 'n huisboot op Kariba, net voor ek afgetree het by Absa so paar kliente geneem vir 'n jol op Kariba meer.
Die bootjie het 4 slaapkamers met twee beddens in elke kamer, twee voledige badkamers met storte en baddens. Bo 'n lekker groot kroeg en ontspaning saal, waar ons sommer matrasse op die vloer gooi vir meer slaapplek.
Drie bemaning, kaptein, stuurman en kok. Kok maak ook beddens op en maak kamers skoon, sommer ook kroegman tussen in.
Boot word aangedryf met 'n 8 silinder Caterpillar diesel enjin wat iets soos 800 pk lewer. Ook 'n kleiner 4 silinder cat wat die generator aandryf vir elektriese krag en die motor kan ook in geval van nood die boot aandryf.
Sleep twee bote agterna, 9 sitplek besigtiging boot en 'n klein 5 sitplek boot vir visvang. Ons vaar net gedurende daglig, Kariba is bekend vir moewiese storms wat laat agtermiddag opkom. So 3 uur soek ons 'n lekker ankerplek in 'n beskutte baai, gaan dan uit met die kleiner bote vir wildkyk en/of visvang.
Op pad soontoe oorgeslaap by Sinoia hotel en die grotte besoek [kry nie nou fotos, sal nog soek] en terug een nag by Karibea bay Hotel by Kariba se hoof hawe oorgeslaap en toe weer by Lion and Elephant, en twee nagte by Tsippise.
foto 1
foto2
foto3
foto4
foto5
Dankie Arie! Daai Absa…
Dankie Arie!
Daai Absa kliente lyk baie gesond ![]()
Nog so paar
foto 1
foto2
foto3
foto4
foto 5
foto1 Kariba damwalfoto2 …
foto1
foto2
foto3
foto4
foto5
foto 1 Laaste dop by Kariba…
foto 1
foto2
foto3
foto4
Jissie Arie. Nou laat jy my…
Jissie Arie. Nou laat jy my met groot nostalgie terugdink aan my enigste Kariba "house boat safari". Ons agent in Zim het al die reëlings getref. Die boot het ook 4 kamers met twee beddens elk gehad en 2 badkamers. Ons was 6 stuks bymekaar. Ek en ons agent het op die boonste dek (net met 'n skadu-afdak geslaap). Dit was te wonderlik om snags wakker te word met die seekoeie se gehonk-honk.
Ons "set-up" was eintlik net soos julle s'n. Twee bootjies is saamgesleep - een vir diegene wat wou gaan visvang en die ander een vir wildbesigtiging. Ons was gelukkig om selfs leeus op die oewer te sien. Ons bemanning het ook bestaan uit die kaptein (Captain Flat - sal nooit sy naam vergeet nie), 'n sjef, 'n "bell boy" en nog 'n kleinboot skipper wat ons by Kariba Bay Hotel "geleen" het.
Jou foto van die bemanning laat my dink aan my Keniaanse kollegas wat al geleer het om te "smile" sodat jy darem hulle tande kan sien. Andersins kon jy beswaarlik die mense op die foto raaksien - soos op jou foto.
Jy's werklik bevoorreg om dit nog steeds te kan doen. As ek reg onthou is Len ook bekend met "house boats" op Kariba. Ek onthou 'n foto van hom (ek dink dit was destyds op die WS-forum geplaas) waar sy skoonpa (??) van die boot af duik.
Baie nice Arie, soek daai…
Baie nice Arie, soek daai foudies en laat loop met hulle!!
Chris, ja Afrika het maar sy…
Chris, ja Afrika het maar sy eie bekoring, mens moet net leer om verby al die korupsie en gemors te kyk.
Moenie met oogklappe aan rondloop wat jou keer om die mooi te sien, hier is baie meer mooi in Afrika as lelike goed.
Ek ruil my land vir geen ander land in die wereld nie.
In die jare toe daai landjie nog bekend gestaan het as Rhodesia het 'n groot meul maatskappy en bakery [as ek reg onthou was dit Lobels?] so groot wit baie luukse huisboot op die meer gehad.
Ek het my bes gedoen om 'n uitnodiging op daai boot te kry, maar nooit op haar kon klim nie!![]()
Ek onthou ook die lekker jag trip by Njama Ndluvi naby die valle en grens aan die wildtuin. Daar het ons sommer maklik 10 Elande tuusen 5 ouens geskiet in 'n week. biltong vir afrika.
Ongelukig is baie van my fotos nog die ou soort en in albums by my kinders. Ek sit juis nou so en al my digitale fotos en deurgaan, bessef weer hoe bevooreg ons is om al daai mooi plekke te kon besoek en ervaar.
So pas ons Kosi fotos deur gekyk nou besig met Zansibar, word skoon hartseer. Ek het 50 dvd's vol fotos hier in die wa, maar dit is vrek moeilik om te besluit wat om te plaas.
Ja die vooreg om nog die boot te gebruik werk ook nie so maklik nie, ek moet die bemaning, diesel kos en drank betaal, en daai ding VREET diesel, ook glad nie goedkoop daar in Zim nie. so meeste van die tyd verhuur ons maar aan die ryk Amerikaners. Maak darem so paar dollar daaruit wat ek maar in Zim los. Maak dit makliker en goedkoper as ons soontoe gaan. Help ook altyd baie as mens so vooraad USD in kontant het, ongelooflik hoeveel deure dit oopmaak.
Ons het daai dam al van kant tot kant deur gevaar, ook al langs hom gery Valle toe van die wal af, daar is nou vir jou 'n lieflike stuk 4rx4 pad, waar mens jou vernuf goed kan toets en regtig jou voertuig se beperkings moet ken!
Ek wou só graag in 1997 Zim…
Ek wou só graag in 1997 Zim met my karavaan getoer het. Ek het baie huiswerk gedoen oor só 'n toer. Die plan was om van die valle se rigting af, met die "ferry" te vaar tot by Kariba Bay, met die karavaan. Ek't uitgevind dit kan gedoen word.
My seun was daardie jaar in matriek en het my gesoebat om nog daardie jaar ook Eiland (toe nog 'n Aventura-oord) toe te gaan. Ons het sedert 1994 elke jaar daarnatoe gery uit die Kaap vir die winter-skoolvakansie. Ek het maar toegegee - en die volgende jaar het die probleme groter begin word in Zim. Brandstof het 'n groot probleem begin word. En dié voorgenome toer het nog nooit gerealiseer nie.
My foto's van Kariba is ook ongelukkig nog regte ou kiekies. Maar baie dankie - ek geniet joune.
Chris, ek het nou rondgesoek…
Chris, ek het nou rondgesoek, almal wat ek hier het is maar op dieselfde trant as die wat ek geplaas het, weet nie waar die ander is nie, vermoed by die kinders?
Help ook nie om maar dieselfde tipe fotos te plaas nie, gaan vervelig raak.
Ek gaan nog 'n draad begin oor 'n ander groot gunsteling plek vir my "Kosi Baai"
Ek kan darem vir iemand…
Ek kan darem vir iemand Kosibaai op 'n padkaart wys, maar dit is waar my kennis van dié plek ophou. My 2 susters (en swaers) was 'n klompie jare gelede daar. Hulle kon ook nie uitgepraat raak oor dié plek nie.
Paradys seg ek jou PARADYS!!…
Paradys seg ek jou PARADYS!!!
Ai Chris ons is almal bevooreg om in so mooi land te mag woon.
Arie, dit is absoluut die…
Arie, dit is absoluut die waarheid, geen ander land het al die mooi van Afrika nie, natuurskoon plus ook nog ons wild, bv die groot 5.
Iemand sê eendag, "You knou you are in Africa when you see a giraffe" ek kan daarby voeg, leeu, cheatah, en natuurlik ons luiperd.
Ai Johann wat kan ek se, kan…
Ai Johann wat kan ek se, kan om die dood nie verstaan dat mense hier wil weggaan nie???
Ons bly hier in die land van melk en heuning, die mooiste natuurskoon wat mens kan kry.
Nee wat Afrika is in my bloed en ek verstaan haar en haar se mense, moet net baie geduld he, moet nie die locals probeer aanjaag nie.
Ek geniet om saam met die locals 'n broodjie te breek en te luister na hul verhale, ongelooflik die boskennis wat daai mense het.
Dankie Arie!!
Absoluut pragtige foto's en baie interessant. Daai klomp manne het daai trip sekerlik baie geniet. Ek glo so 'n uitstappie kos seker 'n arm en 'n been, al het jy die boot.
Arie...
Arie, soos jy seker weet het ek en jy (bo-en-behalwe dat ons albei outoppis is) baie ander dinge ingemeen. 'n Paar daarvan is :-
- Alhoewel ons mekaar nooit in persoon ontmoet het nie, het ons albei indiens van ABSA afgetree - gelukkig nie indiens beseer nie !
- Op 'n stadium het ons in Roodepoort gewoon en as ek dit nie mis het nie, julle ook net voor jou aftrede
- Ons hou albei van karavaan-kampering en het albei 'n Jurgens karavaan
- Ons het beide Rhodesië/Zimbabwe bande, alhoewel y daar was in die oorlogdae en ek in die Mugabe-plase-afjaag-dae (1998 - 2005)
- En nou kom jy en gesels oor Kariba-meer huisbote - hier is my Kariba huisboot-storie :-
My werkgewer, ABSA Bank, het my Zimbabwe toe gesekondeer waar ek 7 jaar lank by CBZ Bank gewerk het. My Zim baas wat later die Goewerneur van die Zim Reserwebank geword het, het my onder andere opdrag geggee om 'n huisboot vir die bank te soek en te koop. Alhoewel dit niks met bankwerk te doen gehad het nie, kon ek iets opspoor by 'n maatskappy met finansiële probleme en koop toe die boot. Ons het die boot laat opknap en my beterhelfte kry toe die opdrag om die boot met nuwe gordyne, sitplek-oortreksels, linne en kombuisware te voorsien. Die permanente personeel het uit die kaptein, die sjef en 'n "deck-hand" bestaan.
Netsoos in Arie se geval, het ons huisboot presies aan sy beskrywing voldoen en ek gaan dit nie weer herhaal nie - tot die twee bote wat saamgesleep word vir hengel en/of wildkyk.
Chris, jy het 'n geheue soos 'n olifant. My oorlede skoonpa was 80 jaar oud toe hy die ondervermelde duikslag bo van die dek af gedoen het.
Hier is die personeel : die sjef Naison, kaptein Shylock en "deck-hand" (naam vergeet).

Een van die talle plekke waar ons vasgemeer het om te oornag, vis te vang en op 'n wildkyk vaart te gaan.

Hier duik my 80-jarige skoonpa af van die boonste dek !

Ai, maar dit was wonderlike tye daar in Zimbabwe, ten spyte van die soms baie swaarkry.
Ek het ook so foto Len, waar…
Ek het ook so foto Len, waar ek in die Vaaldam in 2008 geduik het. Dit was met ons jaarlikse familie byeenkoms.
(Ek was nie 80 nie en dit nie daar in Zim nie
)
Len ja jy is reg, ons het…
Len ja jy is reg, ons het nogal baie ingemeen, en ek sal julle graag nog eendag persoonlik wil ontmoet. Net die ou toppie ding....... ek is nie so seker nie, ek het altyd gedink jy is ook nog lekker jonk?
Ek glo die grootste ding wat ons in gemeen het is, dat ons nie met oogklappe deur die lewe gaan en net swaarkry en onweers wolke sien nie. Ons loop sonder oogklappe en kan dus baie weier kyk en gevolglik sien ons wel 'n toekoms vir almal in Suid Afrika.
Beide van ons bessef ook dat die vorige bedeling imoreel was, geen manier kan enige mens probeer goed praat oor die onreg wat ons aan ander mense in ons land gedoen het nie.
Dan het beide van ons natuurlik vir die TOP maatskapy in die land gewerk, beter werkgewer kon mens seker nerens kry nie, dit is as gevolg van hulle dat ons 'n sorgvrye oudag [waneer ons eendag daarkom] kan beleef.
Len ek wou nog noem, jy het…
Len ek wou nog noem, jy het darem 'n baie mooi boot vir Absa gekoop, werklik 'n pragstuk. Ek kan net dink hoe jou vrou geniet het om die boot aan te trek?
Wil ook vir my lyk of jou vroulief uit 'n sterk en gesonde agtergrond kom, nie elke man van 80 wat nog so kan duik nie?
Nee wragties, nou moet ek…
Nee wragties, nou moet ek sit en dink wat kan ek hier plaas wat negatief is, al die positiewe dinge vang my nou![]()
Okay hier is een: Petrol is volop hier in ons land, in Zim staan hulle tou staan vir brandstof ![]()





Dag twee
foto1
foto 2
foto3
foto4
foto5