Na aanleiding van Arie se opmerking op die Sizakala draad dat teerpaaie vervelig is (waarmee ek saamstem), plaas ek hier 'n paar grondpad foto's van waar ek al rondgeloop het.
Grondpad of ongeteer
Middag mede kampers
Sit so en kyk na die grondpad fotos, en besef meteens;
Noord-Wes se grondpaaie ry heel moontlik lekkerder as ons hobbelrige effe geteerde hoofpaaie.
Lyk na 'n goeie idee om die omgewing om Brits komende naweek te verken, grondpad langs. Paar jaar gelede van Assen oor Fafung na Klipvoor dam [Barokalolo] gery en AWD Territory het dit baie aangenaam gemaak.
Groete
Wessel
Johann, dankie vir die mooi…
Johann, dankie vir die mooi prentjies, moet erken ek het self 'n groot swak vir 'n grondpad, net soveel nader aan die natuur.
Toe ek nog gewerk het en boswa gesleep het, het ons altyd ons roete so beplan dat ons soveel as moontlik grondpad kon ry.
Karavaan en grondpad is ongelukig nie groot maats nie, dus soek ek maar teerpad, maar vermy snelwee sover as moontlik. Op 'n snelweg jaag almal om erens te kom, op die "ou" pad kan mens nog lekker rustoig ry en die natuur om jou bewonder, en dan is ek baie lief om deur al die ou klein platelandse dorpies te ry.
Ek het gelukig nog my hele lewe voor my en hoef dus nie haastig te wees om erens te kom nie?
AWD Territory het dit baie…
AWD Territory het dit baie aangenaam gemaak
My Terrie se bande is te plat en sy veering te styf vir grond pad, het dit laas jaar in KNP weer besef.
Karoo paaie
Die wydheid van die Karoo het diep onder my vel ingekruip. So ook die Karoo se stofpaaie waar daar feitlik nooit 'n ander voertuig teekom nie.
Grondpad en papwiele
Middag stofpad aanhangers
Wil graag hoor wat sê die die ervare manne oor grondpad ry en voorkoming van papwiele.
Hoeveel keer is dit meestal die linker agterwiel wat pap word? Dink aan Chris se foto paar dae terug.
Moet mens spatskerms aanbring voor die agterwiele om opstaan klippe plat te vee voordat agterwiel oor dit rol? Wat van die wa agter die voertuig--geld dieslefde voorkomende beginsel daar ook. Ek het al foto's gesien van kombinasies waar daar swaardiens spatskerms agter aan voertuig , by sleephaak aangebring is wat amper op die pad sleep. Dit beskerm natuurlik voorkant van wa, maar dit keer moontlik ook papwiele.
hoor graag julle ervare mening, met knippie Jeyes fluid.
Wessel
Die bosveld se paaie bly…
Die bosveld se paaie bly maar die mooiste en lekkerste!
Dis baie nice! Dankie Johan…
Dis baie nice! Dankie Johan
Hoe lus is ek nou self vir 'n grond pad ![]()
So het elke stukkie van ons…
So het elke stukkie van ons land sy unieke natuurskoon.
Dankie vir die deel van die fotos.
Baie nice. Ek love daai…
Baie nice. Ek love daai grondpaaie. Klippe en dongas is nie vir my nie. Mooiste dele is waar grondpaaie is. Ek sal volgende keer wanneer ons weer kaap toe gaan probeer meestal grondpaaie ry, al neem langer om by kaap aankom.
Baie mooi foto's - dankie…
Baie mooi foto's - dankie vir die deel!
Grondpad en Sandspoor FB groep
Grondpad en Sandspoor FB groep is n groep wat foto's plaas van net grondpaaie.
Die wondelikste foto's word daar geplaas
Dit is Deon wat voor ry met…
Dit is Deon wat voor ry met sy bakkie en ek agter met my Suzuki Vitara
Wessel, linker.....
Wessel, linker agterwiel wat pap word. Hier is 'n foto van my Pathie wat tussen Sutherland en Ceres twee pap wiele binne 100 meter gehad het, albei links agter ! 'n Verbygaande boer sê dit is skerp leiklip wat oplig as die voorwiel daaroor ry en dan 'n breukdeel van 'n sekonde daarna sny dit die agterband wat daaroor ry voor die leiklip gaan lê het. Dit gebeur glo veral net nadat die pad geskraap is.






Paaie in die Waterberg
Die Waterberg omgewing in Limpopo is een van my gunsteling plekke en is ook binne gerieflike tref afstand vir ons. Ek gaan ry dus graag hier rond. Daar is baie wildsplase in die wêreld. Gevolglik is wilds besigtiging sommer gratis so van die pad af.