Ek begin 'n nuwe draad, wil nie die ander draad ivm brand gevare kaap nie, al hoewel die verband het, en ek soek advies.
Ek het nou vir die Penta 'n nuwe brandblusser gekoop want ek is keelvol vir "optop" teen R90.00 per slag, wat vir my buitensporig duur is, as jy kyk wat kos 'n nuwe een.
Nou, my vraag is, die feit dat my ou blusser voortdurend druk verloor het, kan dit 'n defek op die blusser wees, of sou dit miskien wees omdat die blusser horisontaal lê?
Ek het dit nog elke keer na 'n groot brand onderneming plaaslik gevat vir die dienste, hulle sou tog seker kon optel as daar 'n lek was?
Wie kyk gereeld na julle brand blussers wat ook so plat lê.
Johann ek het iemand wat…
Johann ek het iemand wat elke jaar so teen die einde van Oktober by my kom draai en al my blussers nagaan en diens indien nodig.
Koste :...
25/10/2017 R188.10 dit is vir die blussers in die huis, kantoor, woonwa en die een in my bakkie. Almal het nuwe poeier ook gekry
19/10/2018 R 67.27 Die selfde blussers maar net die een van die bakkie wat ek gebruik het is weer hervul en al die ander is nagegaan en het nuwe seels gekry.
Die lekkerte is dat hulle dit hier bu die huis kom doen. Bel en reel vir n gapaste tyd en siedaar die man slaan hier uit met al die toerusting...
As jy wil sal ek aan jou die naam van die plek gee en n kontak nr.
Hulle is van Vereeniging.
Deon, ek sal dit waardeer,…
Deon, ek sal dit waardeer, ek weet nie of ek die bestaande mense se naam (Vanderbijlpark) hier mag noem noem nie, maar dit is belaglik duur vir 'n 1.5 Kg blusser se diens. Ek het gister by Makro een gekoop vir minder as R300.00.
Ek het nog nooit nodig gehad…
Ek het nog nooit nodig gehad om een van die karavaan blussers op-te-top nie. As ek reg het is van die klein blussers nie hervulbaar nie.
Johann ek stuur vir jou n…
Johann ek stuur vir jou n email met die besonderhede. Ek wil ook nie graag name noem nie.
Willem die meeste wat die moeite wert is om te hê is hervulbaar. Selfs die een wat saam met my GWM ( China made) gekom het is hervul.
Ek het......
....'n opgeknapte 2,5kg Chubb brandblusser wat die brandweer in Germiston vir my gediens, getoets en hervul het. Dit was 30 jaar gelede en die wysertjie staan nou eers na die onderpunt van die groen-area ! Ons het 'n gasstoof in die kombuis.
My Exclusive se Centa Fire 2,5kg brandblusser is 13 jaar oud en die wysertjie is nou in die middel van die groen diagram.
Dankie Deon, ek waardeer👍 …
Dankie Deon, ek waardeer👍
Ek neem dus aan, daar was fout met my ou brandblusser, (Jurgens gepas) ek is verbaas dat die verskaffer wat dit so gereeld gediens het, verkies het om te swyg.
Johann ek sê nie dat alle…
Johann ek sê nie dat alle blussers elke jaar gediens moet word nie, maar by my besigheid is dit n vereiste en dan laat ek sommer almal die selfde tyd nagaan.
Dankie Deon, ek gaan nou ook…
Dankie Deon, ek gaan nou ook net die "gauge" dop hou, en net laat diens as daar 'n verandering is.
Ek het ook 2…
Ek het ook 2 brandblussertjies en check maar gereeld die metertjie en altwee lees nog reg? 10 en 5 jaar oud ![]()
Myne onder die lapa (4.5 Kg…
Myne onder die lapa (4.5 Kg en 2.5 Kg) hou perfek, ook die een in die "toolshed", dit is hoekom ek begin wonder het of die posisie (regop staan, of plat lê) nie dalk iets daarmee te doen het nie.
Alle karavane se brandblussers word tog soos myne plat gemonteer, en dit lyk my, ek is die enigste persoon, of een van 'n klein hoeveelheid, wat 'n "defekte" brandblusser gehad het, my bakkie sin staan ook regop agrer my sitplek.
Mense noem van brandblussers…
Mense noem van brandblussers wat na baie jare nog in die groen is. Die man wat myne diens se dat die poeier kompakteer na n ruk, en dan beteken daai brandblusser bokkerol waneer jy hom moet gebruik. "Diens moet jy hom diens", seg hy.
Diens moet jy hom diens.Wel…
Diens moet jy hom diens.
Wel dan dink ek is dit dalk tyd dat ek een van myne toets, miskien die 10 jr een en dan sal ons weet of die goed so lank kan hou?
Myne ook al oud
Sal bietjie more mooi kyk na hom lanklaas geloer
Herman, dit is 'n geldige…
Herman, dit is 'n geldige punt wat jy noem, iets wat ek lank terug op 'n brand bestreidings kurses geleer het, maar al heeltemal van vergeet het.![]()
die poeier kompakteer na n ruk,
hopelik kry ek vandag tyd om…
hopelik kry ek vandag tyd om my 10 jr oue te toets ![]()
die poeier kompakteer na n…
die poeier kompakteer na n ruk,
- Jy kan dit voorkom deur so elke 2 maande net jou brandblusser op die kop te draai en jou oor teen die brandblusser te hou. Jy sal hoor hoe val die poeier na onder. Indien dit nog gebeur dan is GEEN diens nodig nie.
Hehe Hennie, al kon ek…
Hehe Hennie, al kon ek altwee ore teen die brandblusser hou, sou ek dit steeds nie kan hoor nie![]()
Hehe Hennie, al kon ek…
Hehe Hennie, al kon ek altwee ore teen die brandblusser hou, sou ek dit steeds nie kan hoor nie
Dan moet jy soos Arie maak en dat jou vrou dit doen.![]()
Brandblussers
Ek wil nie mense se vuurtjies blus nie, maar daar is mense wie dalk nie hul brandblussers sal kan gebruik nie weens die feit dat dit nie gediens is nie. Daar is voorskrifte daaroor. Die poeier tipe wat in ons waens is, behoort elke ses maande maar nie langer dan vyf jaar gediens te word nie. Dis is volgens SABS voorskrifte.
Soos hierbo vermeld kompakteer die poeier - of dit lê of regop staan. Ek het 5 blussers en draai die gereeld om die kompaktering te beperk. Die een in die karavaan lê net plat as ons ry; andersins staan dit regop. Ek diens dit elke jaar want daar is 'n plakker op wat die blusser net vir een jaar as bruikbaar sertifiseer. Dis soos jou rybewys of motorlisensie se vervaldatum.
Die een in my bakkie is 2,5kg. Daardie koeldrankblikkie grootte wat party mense rondry gaan nie die sigaretstompie smoor nie wat nog te sê van 'n elektriese brand onder die enjinkap. Moes juis so 'n brand agterin my bakkie takel danksy swak kabelwerk van 'n 4x4 plek, wat nou toe is, in Centurion.
Net ter info. Baie van ons het lapas met grasdakke. Behalwe vir die weerligafleier moet daar vir elke 25m² 'n 4,5kg blusser wees - volgens my kontak by Tshwane Brandweerdienste.
groete





Glad nie, Johann. Mens is…
Glad nie, Johann. Mens is agterlosig wat dit aanbetref en is noodsaaklik om te kyk voor jy gaan kamp.