My 2013 Nissan Navara wat ek nuut gekoop het, het vandag 170 000 kilos op die klok geslaan. Gaan kyk hoe ver ek hom kan vat. Miskien 300 000, dalk n half miljoen?
Hoe lyk julle dinge?
Miskien is aeiou nie…
Miskien is aeiou nie konsenante aai tog, wat is daai taal groep wat oom Voorrie visit se link? ☺
Ek glo jy behoort darem so…
Ek glo jy behoort darem so 200 000 km te kry? ![]()
Whahaha, is 200 000 nie…
Whahaha, is 200 000 nie bietjie laag droom vir n Nissan oom Voorrie? Geez, nogal net 200 000, VW eienaars weet niks!
Gesie...............
Gesie, my 2013 Pathie het nou 93 000km probleemvry afgelê.. Ek het nog 8 jaar oor voordat ek my karavaan-skoene sal moet ophang. Teen 18 000km per jaar gee dit my nog 144 000km om af te lê plus die huidige 93 000 gee dan 237 000km. Ek glo vas my Pathie sal maklik die 250 000km kan aflê.
Oom Len , hou die draad dop,…
Oom Len , hou die draad dop, kom ons kyk hoe vêr vat my Navara my. Enigste probleem wat ek sover met die Navara gehad het was die EGT sensor wat ingegee het. Dit was onder twee duisend rand deur Nissan vervang.
Oom Len moet nie so worry oor die oud word, ek lees nou die dag dat hul sê, die eerste baba wat twee honderd jaar oud gaan word is alreeds gebore! 😀😀😀
Oom Len dit is nou as ek…
Oom Len dit is nou as ek vinnig kan onthou, Exhaust gas temperature sensor en sit net voor of na die turbo en word aan baie hoe temperature blootgestel. Toe hy fail, het die bakkie in limp ingegaan, en kon mens skaars 80 km/h ry. Dit was n soft fail gewees, die probleem het gekom en gegaan.
Dit het by so 110 000 kilos begin as ek reg onthou, Na vervanging, tot vandag nog nie weer in limp mode gegaan.
Gesie, ek dink nie jou…
Gesie, ek dink nie jou verwagting van 500 000km is vergsog nie. Vandag se voertuie doen goed. Sloank diw olie net gereeld vervang word. Smering is die mees kritiese wat meot gebeur.
Ou gesie maklik
Gesie my eerste nissan 1400 het by die 350000 km gedoen diens jou voertuig soos benodig n Nissan sal jou ver vat![]()
Gesie, jou Nissan kan jou…
Gesie, jou Nissan kan jou oorleef, 'n voertuig hou so lank as wat dit met sorg na gekyk word.
Daar het jy dit! 'n Nissan…
Daar het jy dit! 'n Nissan wat selfs 'n Gees kan oorleef ![]()
Daar is hoop en mens kan so…
Daar is hoop en mens kan so baie spaar.
Cowboy Gees, 500,000 kilos…
Cowboy Gees, 500,000 kilos baie maklik, mik vir 750,000.
Vir een of ander rede is 100,000 vir baie mense 'n getal wat hulle glo is die einde van 'n voertuig.
Tot en met ons metries gegaan het was dit ook 100,000 maar toe was dit myle en nie kilos nie, toe ons metries gaan bly dit 100,ooo wat baie minder as 100,000 myl is??
Intussen het tegnologie baie verbeter, smeermiddels het ook baie verbeter, dus logies gesproke behoort voertuie met die nodige sorg baie duisende kilos af te le?
My Oupajero staan nou op 340,000 kilos, behalwe normale diens nog nooit 'n sent gekos nie - dit sluit natuurlik uit dinge wat ek op 4x4 trials beskadig het, nie die voertuig se skuld nie. Die voertuig werk baie hard, ry ten minste so elke ses weke 'n behoorlike off road trippie net om haar spiere los te hou.
Bakwerk nog puik geen "rattels" nie en loop soos 'n droom, haar nou die dag bietjie gestoot om skoon te brand, nog maklik 160kph op garmin gemeet.
Ek begin respek te kry vir…
Ek begin respek te kry vir daai Pajero!
Geesie, gebruik Prolong en…
Geesie, gebruik Prolong en hy hou dalk langer as wat jy gedink het, vra vir Willie.
Oom WW het ook mos `n Pajero…
Oom WW het ook mos `n Pajero as ek reg onthou, `n kortgat een dink ek.
Roy Rogers, ja hy het, maar…
Roy Rogers, ja hy het, maar ek dink nie meer nie?
As ek reg onthou het daai Prolong die Pajero se ratkas op betreklike lae kilos laat oppak?





Is die kolletjies on my…
Is die kolletjies on my konsonante dalk op verkeerde plek. 😒