Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Moet wees Geert Kruger 2026 Rona du Plessis -18 minutes ago
Moenie uitstel nie, Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -21 minutes ago
Warm Kruger 2026 Geert -22 minutes ago
Gewaarborgde koelte boom.... Kruger 2026 Wessel Strydom -35 minutes ago
Wie se voortuin is dit? Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie Wessel en Johan L, ek… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago

Damme in SA

Vereeniging
Submitted by Harry Du Randt on
Forums

Berg Rivier Dam - Franschoek 2007Berg Rivier Dam

Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 02/08/2017 - 12:27

Hoe sê daai Aunti nou die dag in die Sirkus.

As die "Boere" nie sulke groot damme in die Kaap gebou het nie dan sou hulle nie so lank gevat het om vol te word nie.

Die kleiner damme sou lankal vol gewees het en dan het ons nie sulke waterprobleme in die Koloni gehad nie

So Bek moet Jêm kry -- of wat sê ek als.??

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/12/2021 - 12:07

Ek het ook nou gaan kyk op Google en na 'n soektog ook 3 damme gekry.

Hier is die 3 damme soos op Google Earth gekry
.

Die onderste een is Gamkapoort Dam
.

Die middelste een is Leeu-Gamka Dam
.

Hierdie is die Gamkadam
.

Dit is die een met die indrukwekkende oorloop.  Dit lyk ook vir my of die damwal beton is en die buite kant met gruis/klip gedoen is.
eNCAnews - #WCDrought The Gamka Dam in Beaufort West is almost empty. It  can still supply water to the community for between 15 and 20 days. |  Facebook Beaufort West Dam Now Almost Half Full - Coloured South Africa

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/12/2021 - 12:45

Die Gamkadam, wat water aan Beaufort-Wes voorsien, is in die boonste gedeelte van die Gamkarivier en het maar 'n inhoudsmaat van 1.8 miljoen kubieke meter water.

Die Leeu-Gamkadam, wat in die Leeurivier gebou is, voorsien besproeiingswater aan die Leeu-Gamkaboere. Dié dam het 'n inhoudsmaat van 13.6 kubieke meter.

Die Gamkapoortdam is in die Gamkarivier gebou, net voordat die rivier deur die Swartberg vloei (asook deur "Die Hel" - oftewel Gamkaspoort). Teen die tyd wat die Gamkarivier in dié dam vloei, het o.a. die Leeu- en Dwykariviere reeds by die Gamkarivier aangesluit. Die dam, met 'n inhoudsmaat van 35.8 kubieke meter, het daartoe bygedra dat jy nie meer direk tussen Prins Albert en Seweweekspoort kan ry nie. Jy kan wel, net voor jy Seweweekspoort inry (vanaf Laingsburg se kant) afdraai na dié dam toe via die Bosluiskloofpas. Ek het jare gelede daar gery en die pad deur Bosluiskloof was nie juis vriendelik om met my destydse Ford Escort aan te pak nie. Deesdae is daar egter 'n eksklusiewe lodge.

Interessant dat die Gamkarivier nog ver op sy suidelike roete onder daardie naam bekend is (ook nog in Calitzdorp), maar dan word dit mettertyd die Gouritsrivier.

Gesien in die lig van genoemde damme se inhoudsmaat (Bron: Departement van Waterwese - Wes-Kaap) is die Gamkadam by Beaufort-Wes amper 'n poeletjie versus baie ander damme.

0

Baie dankie vir julle insette. Dit is darem lekker om so te leer. So is daar werklik mooi plekke weggesteek in die dorre Karoo.

Ek is bly dat julle die gesprekslyn onder my aandag gebring het. Ons kan dit rerig aanvul met fotos.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/12/2021 - 15:10

Ek onthou die gesprekslyn wat Harry begin het en gesien hy het nie hierdie damme genoem nie en besluit om dit hier te plaas.

Ek hou van dié Gamkadam
.

0

Middag vriende

Ek kan darem onderstaande byvoeg, ek praat altyd verkeerdelik van die Swadini-dam. Die dam is egter bo die Swadini oord in die kloof gebou.

Walhoogte- 71m

Lengte= 240m

Inhoud= 54 miljoen kubieke m

Ek het nog nooit die dam besoek wanneer dit nie oorloop nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/12/2021 - 18:06

 Ek is in Middelburg Transvaal gebore, en daar gewoon tot 1969. Loskopdam was waar ons altyd gaan vakansie hou het. My oupa het vertel dat hy n skrynwerker was, en deel van die span wat die bekisting vir beton gebou het. Hy het met trots vertel hoe akkuraat hulle wal was, en met die eerste oorloop dit so van een kant af perfek begin aanskuif het in so dun smeerseltjie water. Nou ja, wel done oupa, jou handewerk staan nog steeds. Die foto verlede week gekry toe dit oorgeloop het.

loskop

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 18:30

Sommer so bietjie statistiek, of sinnelose inligting vie wie ookal belangstel. Inhoudsmaat van 'n paar damme;

Gariep:              4.9 biljoen kubieke meter 

Van der Kloof:  3.1

Sterkfontein:    2.6

Vaaldam:           2.5

Blyderivier:       0.054

Laasgenoemde is dus baie kleiner as wat dit voorkom daar in die berge.     

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 18:56

die artikel gebruik die biljoen eenheid.

voor 1974 was 'n afrikaanse biljoen = engelse triljoen= 10^12 [mag 12]

Na 1974 is daar gestandardiseer na die volgende;

1biljoen [afr] = 1000miljoen[eng] = 10^9 [mag 9]

afrikaanse miljard= engelse biljoen = 10^9

Hoop dit maak sin, selfs vorige president het met die terme gesukkellaugh

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 19:49

volgens internet is miljard darem net 10^9.

Dalk verkies jy ook die wetenskaplike[tegniese] notasies.wink

0
Worcester

Wildehont

Tue, 18/03/2025 - 20:30

Amerikaners moet mos altyd anders wees. Billion was ‘n miljoen miljoen in die VK maar 1000 miljoen in VSA. Soos Wessel sê het die VK in 1974 aangepas en is billion 1000 miljoen. Lg is in Afrikaans ‘n miljard. 
 

Nou bly my vraag; is die damme se volumes miljarde of biljoene?  Volgens Wikipedia is dit 5,34 miljard kubieke meter. Dit is dus 5,34 biljoen liter en dit het ‘n oppervlak van 37000 hektaar!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus