Berg Rivier Dam - Franschoek 2007
Baie mooi Harry. …
Baie mooi Harry.
Sterkfontein, as jy so vetby ry na Oliviershoek pad.... ook baie mooi.
Groot Damme
Hoe sê daai Aunti nou die dag in die Sirkus.
As die "Boere" nie sulke groot damme in die Kaap gebou het nie dan sou hulle nie so lank gevat het om vol te word nie.
Die kleiner damme sou lankal vol gewees het en dan het ons nie sulke waterprobleme in die Koloni gehad nie
So Bek moet Jêm kry -- of wat sê ek als.??
Gamka damme ...
Ek het ook nou gaan kyk op Google en na 'n soektog ook 3 damme gekry.
Hier is die 3 damme soos op Google Earth gekry

Die onderste een is Gamkapoort Dam

Die middelste een is Leeu-Gamka Dam

Hierdie is die Gamkadam

Dit is die een met die indrukwekkende oorloop. Dit lyk ook vir my of die damwal beton is en die buite kant met gruis/klip gedoen is.

Gamkadamme
Die Gamkadam, wat water aan Beaufort-Wes voorsien, is in die boonste gedeelte van die Gamkarivier en het maar 'n inhoudsmaat van 1.8 miljoen kubieke meter water.
Die Leeu-Gamkadam, wat in die Leeurivier gebou is, voorsien besproeiingswater aan die Leeu-Gamkaboere. Dié dam het 'n inhoudsmaat van 13.6 kubieke meter.
Die Gamkapoortdam is in die Gamkarivier gebou, net voordat die rivier deur die Swartberg vloei (asook deur "Die Hel" - oftewel Gamkaspoort). Teen die tyd wat die Gamkarivier in dié dam vloei, het o.a. die Leeu- en Dwykariviere reeds by die Gamkarivier aangesluit. Die dam, met 'n inhoudsmaat van 35.8 kubieke meter, het daartoe bygedra dat jy nie meer direk tussen Prins Albert en Seweweekspoort kan ry nie. Jy kan wel, net voor jy Seweweekspoort inry (vanaf Laingsburg se kant) afdraai na dié dam toe via die Bosluiskloofpas. Ek het jare gelede daar gery en die pad deur Bosluiskloof was nie juis vriendelik om met my destydse Ford Escort aan te pak nie. Deesdae is daar egter 'n eksklusiewe lodge.
Interessant dat die Gamkarivier nog ver op sy suidelike roete onder daardie naam bekend is (ook nog in Calitzdorp), maar dan word dit mettertyd die Gouritsrivier.
Gesien in die lig van genoemde damme se inhoudsmaat (Bron: Departement van Waterwese - Wes-Kaap) is die Gamkadam by Beaufort-Wes amper 'n poeletjie versus baie ander damme.
Willem Chris B
Baie dankie vir julle insette. Dit is darem lekker om so te leer. So is daar werklik mooi plekke weggesteek in die dorre Karoo.
Ek is bly dat julle die gesprekslyn onder my aandag gebring het. Ons kan dit rerig aanvul met fotos.
Wessel ...
Ek onthou die gesprekslyn wat Harry begin het en gesien hy het nie hierdie damme genoem nie en besluit om dit hier te plaas.
Ek hou van dié Gamkadam

Blyderivierdam
Middag vriende
Ek kan darem onderstaande byvoeg, ek praat altyd verkeerdelik van die Swadini-dam. Die dam is egter bo die Swadini oord in die kloof gebou.
Walhoogte- 71m
Lengte= 240m
Inhoud= 54 miljoen kubieke m
Ek het nog nooit die dam besoek wanneer dit nie oorloop nie.
Ek is in Middelburg…
Ek is in Middelburg Transvaal gebore, en daar gewoon tot 1969. Loskopdam was waar ons altyd gaan vakansie hou het. My oupa het vertel dat hy n skrynwerker was, en deel van die span wat die bekisting vir beton gebou het. Hy het met trots vertel hoe akkuraat hulle wal was, en met die eerste oorloop dit so van een kant af perfek begin aanskuif het in so dun smeerseltjie water. Nou ja, wel done oupa, jou handewerk staan nog steeds. Die foto verlede week gekry toe dit oorgeloop het.

Kapasiteit van die grootste damme
Sommer so bietjie statistiek, of sinnelose inligting vie wie ookal belangstel. Inhoudsmaat van 'n paar damme;
Gariep: 4.9 biljoen kubieke meter
Van der Kloof: 3.1
Sterkfontein: 2.6
Vaaldam: 2.5
Blyderivier: 0.054
Laasgenoemde is dus baie kleiner as wat dit voorkom daar in die berge.
Biljoen of miljard?
Pleks standariseer hulle dit. Die metriese stelsel werk so mooi.
eenhede is 'n gemors
die artikel gebruik die biljoen eenheid.
voor 1974 was 'n afrikaanse biljoen = engelse triljoen= 10^12 [mag 12]
Na 1974 is daar gestandardiseer na die volgende;
1biljoen [afr] = 1000miljoen[eng] = 10^9 [mag 9]
afrikaanse miljard= engelse biljoen = 10^9
Hoop dit maak sin, selfs vorige president het met die terme gesukkel![]()
Amerikaans
Amerikaners moet mos altyd anders wees. Billion was ‘n miljoen miljoen in die VK maar 1000 miljoen in VSA. Soos Wessel sê het die VK in 1974 aangepas en is billion 1000 miljoen. Lg is in Afrikaans ‘n miljard.
Nou bly my vraag; is die damme se volumes miljarde of biljoene? Volgens Wikipedia is dit 5,34 miljard kubieke meter. Dit is dus 5,34 biljoen liter en dit het ‘n oppervlak van 37000 hektaar!










Gariep Dam
Gariep Dam (ou Vewoerd Dam) 1971. Wal is 88 meter hoog